SS Plus

Stel eie Begeleiding op

Hierdie blad is om gemeentes wat nie 'n orrelis het nie, te help met orrebegeleiding.
Hierdie is 'n lang proses wat voor elke erediens nodig is.
Ek wil sterk aanbeveel om ons sagteware wat ons ontwikkel het vir erediensbegeleiding aan te koop
Singsaam het al die redigering ingebou en die opstel van die liturgie neem neem minder as 1% van die tyd wat hier verduidelik word.

Bestaande melodieë kan geridigeer word. U kan die vanaf CD's of ander opnames doen. Dit is u verantwoordelikheid om by enige en alle kopieregwette te hou. LW dat hierdie leiding MP3-klanklêers gebruik.

 

Sagteware

Redigering

Vir die redigering van die musiek beveel ons Audacity aan. Dit is 'n baie kragtige toepassing en dit is gratis

  1. 1. Laai die program af by: https://www.fosshub.com/Audacity.html
  2. 2. As hy klaar geïnstalleer is, is dit belangrik dat jy “lame” installeer:
    • a. Ctrl+P
    • b. Library
    • c. Maak seker Lame MP3 Export Library is daar. So nie Download en install
  3. 3. Kyk na die volgende Tutorial: https://www.youtube.com/watch?v=LQ7n9pA0qc0
  4. 4. Ek persoonlik verkies die volgende by die Export as MP3:
    • a. Kies constant – minder goed wat kan verkeerd gaan
    • b. Quality: 32 kbps is voldoende om op Whatsapp te versprei. 30 minute is ongeveer 7 mB.
    • c. Quality: 128 kbps as mens die musiek vanaf 'n rekenaar speel.

Terugspeel

Daar is baie sagteware vir die speel van musiek. Windows Media Player word saam met geïnstalleer en is gewoonlik die verstek-speler.

'n Ander gewilde speler is VLC - gratis toepassing.

Ek wil egter vir diegene wat nie baie bedrewe met rekenaars is nie, Media Player Classic aanbeveel. Daar is 'n 32bit en 64bit weergawe. Laai die korrekte een af. Klik hier vir die opstelling.

 

Redigering

Ek stel 'n aantal sagteware en opleidingsvideo's om die sagteware te gebruik beskikbaar. Hierdie is gratis sagteware.

Om hierdie melodieë tydens die erediens te gebruik moet u vooraf redigeerwerk doen.

Redigering (Invoeg / uithaal van verse & Tempverandering).

Opstel van musiek vir die erediens

 

Melodieë

Hieronder is die begeleiding van Joop van der Ham en Ria Lagendijk. U kan dit met groot vrymoedigheid gebruik.

Regskliek op die skakel en stoor op u rekenaar - anders gaan die melodie slegs gespeel word. U kan self die aantal verse wat gesing word bepaal asook die tempo en die toonhoogte.

Albei die persone wie se begeleiding ek gebruik, is oorlede. Mag hulle nalatenskap steeds dien in die Koninkryk van God.

Begeleiding van Joop van der Ham

Begeleiding van Ria Lagendijk

 

Alternatiewe Melodieë

Hier is 'n lys van alternatiewe Melodieë. Maak net seker dat die woorde en die musiek mekaar komplementeer.

 

Hierdie is die webblad van Dr Hennie van Wyk. Standpunte op hierdie blad is sy eie of die van outeurs wie se werk geplaas word, in watter geval die standpunte die van die genoemde outeur is.