Werkstuk voorgelê in die vierde studiejaar vir die graad THEOLOGIAE BACCALAUREUS in die Fakulteit Teologie aan die POTCHEFSTROOMSE UNIVERSITEIT VIR CHRISTELIKE HOëR ONDERWYS
deur HENDRIK FRANCOIS VAN WYK (B.A.) Studieleier: PROF. DR. P.W. BUYS
POTCHEFSTROOM 1983
OBJEK | AKTUALITEIT | DOEL | METODE | AFBAKENING | TERMINOLOGIE |
ARTIKEL 8 | |
HISTORIESE AGTERGROND | DIE BOEK VAN MORMON |
DIE LEER EN VERBONDE | |
DIE BAIE KOSBARE PêREL | |
DIE "INSPIRED VERSION" | |
SKRIFBESKOUING | |
KONKLUSIE |
ARTIKEL 1 | EEN GOD? | DRIE GODE? | ONDERSKEIDING VADER EN SEUN | 'n BEPERKTE GOD | 'n ANTWOORD |
'n SIGBARE GOD | GOD HET 'N LIGGAAM | SMITH SE MOTIVERING | DIE OORSPRONG VAN GOD | DIE SKEPPING | KONKLUSIE |
DIE PERSOON VAN CHRISTUS | GEESTELIKE GROEI VAN CHRISTUS | DIE DOOP VAN CHRISTUS | JESUS PREEK VIR DIE DODE | VERSOENING VAN CHRISTUS | VERLOSSING DEUR CHRISTUS? | DIE WEDERKOMS |
WESE | OPLEGGING VAN HANDE | DIE HEILIGE GEES EN DIE GAWES VAN DIE HEILIGE GEES | DIE HEILIGE GEES AS OPENBAARDER |
DIE MENS AS BEELD VAN GOD | GOD BEPROEF DIE MENS | DIE LIGGAAM VAN DIE MENS | DIE STATE VAN DIE MENS | WERKSALIGHEID | SONDEVAL (2 Nefi 2) | DIE HUWELIK EN DIE EWIGHEID | DIE MENS 'n GOD? |
Die objek van ondersoek van hierdie werkstuk is die Godsbeskouing van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. Dié kerk staan ook bekend as die Mormone.
Hul godsbeskouing is aktueel, aangesien hulle hulself tipeer as n Christelike kerk; en die Vader, die Seun en die Heilige Gees bely. Hulle maak die aanspraak dat hulle die enigste ware kerk is. Kyk mens egter na die dogma wat hulle aangaande God bely, sien mens dat dit heelwat verskil van die Gereformeerde dogma, en selfs radikaal daarteen insny.
Hoewel die Mormone nog nie so 'n groot invloed in Suid-Afrika het soos in die Verenigde State van Amerika nie, kan verwag word dat hulle algaande 'n groter rol in die godsdienstige lewe van hierdie land sal speel. Dit is n kerk wat ongeveer 150 jaar oud is, met n ledetal van oor die vyf miljoen. Dit is 'n fenomenale groei, veral gesien in die lig daarvan dat dit ongedwonge is, en boonop met heelwat weersin. In die Verenigde State word die Mormone gereken as die kulte met die grootste groei (Lewis, 1979:5).
Die doel van hierdie werkstuk is om aan te toon dat die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae nie aan die vereistes van 'n Christelike kerk voldoen nie. Hulle bely God nie soos Hy Homself in die Skrif openbaar nie. Die redes hiervoor sal in die werkstuk aangetoon word.
Daar is wel ooreenkomste tussen die dogma van die Mormone en die Gereformeerde dogma. In hierdie werkstuk gaan die klem op van die grootste verskille val, en daar gaan gepoog word om vanuit die verskille die dwaling van die Mormone aan te dui.
Hierdie werkstuk het baie aanhalings. Dit word genoodsaak deur die feit dat daar dikwels net een woord bykom of weggelaat word, en so n dogma verander, byvoorbeeld Art. 8 van hul geloofsbelydenis. Die aanhalings word in n ander lettertipe gedruk om verwarring te vermy. Die aanhalings bevat n foutiewe stelling, wat dan weerlê word.
Daar die Mormone n veel-godedom verkondig, gaan eerstens gelet word op hul Skrifbeskouing, omdat daar die wortel lê van die dwaling. Tweedens gaan gelet word op artikel 1 van hul geloofsartikels - wat drie persone onderskei - Vader, Seun en Heilige Gees. Daarna gaan gelet word op die dogma oor elk van die drie Persone, en afgesluit word met hul antropologie.
Weens die beperking op die lengte van hierdie werkstuk word slegs enkele dogmas aangeraak. Die Mormone het n uitgebreide dogma rondom elke denkbare leerstellige kwessie, en daarom is n uitgebreide studie nodig om die dwalings deeglik te weerlê.
Vertalings is deur die skrywer self gedoen. Daar is gepoog om aan te sluit by die taalgebruik van die boeke van die Mormone wat reeds in Afrikaans vertaal is.
Die volgende afkortings word gebruik: (Die Bybel - volgens die reëls neergelê deur onderskeidelik die Ou en Nuwe Testamentiese werkgemeenskappe:)
Gn, Eks, Lv, Nm, Dt, Jos, Rgt, 1 Sm, 2 Sm, 1 Kn, 2 Kn, Jes, Jr, Esg, Hos, Jl, Am, Ob, Jon, Mg, Nah, Hab, Sf, Sg, Ml, Ps, Jb, Spr, Rt, Hgl, Pr, Kl, Est, Dn, Esr, Neh, 1 Kr, 2 Kr
Mt, Mk, Lk, Jh, Hd, Rm, 1 Kor, 2 Kor, Gl, Ef, Flp, Kol, 1 Ts, 2 Ts, 1 Tm, 2 Tm, Tt, Flm, Heb, Jk, 1 Pt, 2 Pt, 1 Jh, 2 Jh, 3 Jh, Jud, Op.
Die Baie Kosbare Pêrel word afgekort deur B.K.P. Die volgende boeke kom voor in die Baie Kosbare Pêrel: Die Boek van Moses; die Boek van Abraham; Geskrifte van Joseph Smith; en die Geloofsartikels.
Die Leer en Verbonde word so afgekort: L & V, met die hoofstuk en vers(e) daarna.
Die Boek van Mormon bevat die volgende boeke: 1 & 2 Nefi, Boek van Jakob, Boek van Enos, Boek van Jarom, Boek van Omni, Woorde van Mormon, Boek van Mosia, Boek van Alma, Boek van Helaman, 3 & 4 Nefi, Boek van Mormon, Boek van Et-her en die Boek van Moroni.
Artikel 8 van hul geloofsartikels lui:Ons glo dat die Bybel die woord van God is, vir soverre dit juis vertaal is (my kursivering - HFvW); ons glo ook dat die Boek van Mormon ook die woord van God is.
Dit is n artikel wat vreemd klink. Om dit reg te verstaan moet mens iets van Joseph Smith (23.12.1805 - 27.6.1844) se agtergrond weet.
Sy ouers was verbonde aan die Presbiteriaanse Kerk. Hyself was passief, verward en kerkloos, en wou hom nie aan een van die "sektes" (soos hy later al die ander kerke noem) behoort nie.
In 1820 (Smith was toe amper 15) bid hy - na aanleiding van Jakobus 1:5 - om wysheid. Die Vader en die Seun sou toe aan hom verskyn, en die Vader sou Smith beveel om na sy Seun te luister.
In 1823 "verskyn" n "engel", Moroni, aan hom en vertel aan hom van sekere goue plate, en dat hy uitverkies sou wees om dit te vertaal, waarvoor hy die bevel in 1827 kry.
By die plate sou 'n bril wees, wat ook die Urim en Tummim is, waardeur hy moes kyk om die goue plate te kon vertaal. Tydens die "vertaling" het hy egter agter 'n gordyn sit en vertaal, terwyl skrywers aan die ander kant moes sit en die "vertaling" neerskryf. So ontstaan die Boek van Mormon.
Volgens Martin (1977:168 ev) en Brüimmer (S.j.:13) was hierdie "Boek van Mormon" niks anders as n aanpassing van n ene Salomo Spaulding se historiese romans nie, met invoegings van die 1611 vertaling van die King James Version. Daar is uit hierdie Bybel ongeveer 25 000 woorde oorgeneem deur die Boek van Mormon (Martin, 1977:165).
Daar is n stukkie tragiese ironie juis in hierdie oorname, veral in vergelyking met artikel 8. Indien die Bybel nie korrek vertaal is nie, en dieselfde woorde van n Skrifgedeelte op die goue plate verskyn, sou Smrth dit korrek vertaal. Jesaja 4:5 lui in die King James Version: " for upon all the glory shall be a defence" en in 2 Nefi 14:5 (wat dieselfde profesie bevat): " for upon all the glory of Zion shall be a defence". Die Hebreeuse woord hier ter sprake is hpj, wat (in Engels) "canopy" beteken. Die King James Version het dus hier VERKEERD VERTAAL maar die Boek van Mormon het presies dieselfde foutiewe vertaling!
Smith het gedurende sy lewe baie "openbaringe" ontvang. Hy het hulle noukeurig laat opteken, en word ook as gesagvol aanvaar.
(Die boeke van die Baie Kosbare Pêrel word in 1.6 genoem).
Een van die boeke, die Boek van Abraham, het n baie interessante geskiedenis: ene Michael Carter het in Junie 1835 vier mummies uit Egipte na Ohio gebring. By die mummies is daar stukkies papiri ontdek.
Gedagtig aan die feit dat Smith die hele Boek van Mormon vanuit "Hervormde Egipties" "vertaal" het, is die papiri na hom gebring.
Hy identifiseer dit as die Boek van Abraham, Geskrifte van Moses, Josef en Aäron. Van n stukkie papiri wat uit drie-en-n-halwe reëls bestaan, word n "vertaling" gepubliseer wat vier bladsye beslaan. Sekere simbole, wat n drie-letter woord spel, is met tot 76 woorde "vertaal" (Martin, 1978:25 ev).
In hierdie tydperk het die Franse die kuns bemeester om die Egiptiese skryfkuns te ontsyfer. Smith se bedrog is aan die kaak gestel, maar skielik "verdwyn" die papiri.
Smith is finaal in 1966 ontmasker toe die Tanner-egpaar (Mormone, en onbewus van hul flater) sy alfabet en grammatika van die Egiptiese skryfkuns bekend maak.
Omdat Smith beweer het dat die Bybel nie korrek vertaal is nie, het hyself n "Inspired Version" van die Bybel die lig laat sien. Die "Vertaling" is egter nie in die Kerk in gebruik nie.
Soos verder in hierdie werkstuk sal blyk, weerspreek hierdie boeke nie net die Bybel nie, maar ook mekaar.
Ek het die broeders vertel dat die Boek van Mormon die mees korrekte van alle boeke op aarde is, en die sluitsteen van ons geloof, en dat die mens nader aan God sal kom deur onderwerping aan sy voorskrifte, as deur enige ander boek (Smith, 1977:194).
Een van hul groot teoloë, James E. Talmage (1977:30) verklaar die volgende: Die geskiedenis is geskryf deur die mens en mondelinge tradisie is oorgedra van geslag tot geslag, tot die eerste verslag neergeskryf is, een van die mees antieke verslae bekend, die Bybel, noem God as Skepper van alle dinge, en dat Hy hom aan ons eerste voorvaders openbaar het.
Richards ( 1979:15 ) skryf die volgende: Daar moet egter onthou word dat hierdie kennis nie deur die profeet deur die bestudering van die Bybel verkry is nie. Ons gebruik die Bybel slegs om te bewys dat sy verhaal volledig ooreenkom met die lering daarvan.
Wat lei 'n mens hieruit af? Die Mormone sê:
Die Bybel bevat nie die volle leer van die Saligheid nie.
Die Bybel is menslike geskrif oor God.
Die Bybel is bloot handboek om standpunte te bewys.
Hierteenoor se die Gereformeerde leer:
Die Bybel bevat die volle leer van die Saligheid (NGB, art. 7).
Die Bybel is geïnspireer deur die Heilige Gees, as openbaring van God (NGB, art. 2 en 3).
Die Bybel is die gesagvolle Woord van God (NGB, art. 5)
Die eerste artikel van die geloofsartikels van die Mormone lui: Ons glo aan God, die Ewige Vader, en aan sy Seun Jesus Christus, en aan die Heilige Gees.
Op die oog af lyk dit of die Drie-Enige God hier bely word. In 3 Nefi 11:27 staan: En so moet julle in My Naam doop want kyk voorwaar, Ek se vir julle dat die Vader, en die Seun, en die Heilige Gees een is, en ek is in die Vader, en die Vader in my, en die Vader en Ek is een.
Wat die Een-wees van God betref, verklaar Talmage (1977:41): Die eenheid is n tipe van voltooiheid - Hulle het een Gedagte - een gedrags en reaksiepatroon. Ook se hy (1977:40) Die Godheid (Godhead) is tipe van eenheid in eienskappe, magte en doelwitte van sy lede.
Hulle leer egter drie Gode. Hulle maak sekere afleidings uit sekere Skrifgedeeltes, byvoorbeeld:
Jh 10: 30: "Ek en die Vader is Een";
Jh 10:38: "maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die die werke, dat julle erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom";
Jh 17:11: "En ek is nie meer in die wereld nie, maar hulle is in die wereld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in U Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons".
Jh 17:22: "En ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons Een is."
Na aanleiding van hierdie verse sê Talmage (1977:40): Dit kan rasioneel nie gerekomstrueer word dat die Vader, Seun en Heilige Gees een in substansie en persoon is nie, ook dui die Name nie daarop dat Hulle n eenheid is met verskillende aspekte nie.
In sy kommentaar lê Morris (1979:552) Jh 10:30 so uit: "Een" is neutrum, "een ding" en nie "een persoon" nie. Identiteit word nie beweer nie, maar essensiële eenheid wel."
In sy uitleg verklaar Brown (1976:415) Jh 10:38 so: "Hier herhaal Hy sy uitspraak met die Essensiële eenheid met die Vader."
Oor Jh 17:11 en 22 sê Morris (1979:734): "Die Vader is in die Seun en doen sy werke. Die Seun is in die Vader. Die twee is een (10:30) en tog onderskeie
Waar die Mormone uit die bogenoemde gedeeltes drie aparte Persone van die Godheid probeer bewys, kan maar net weer gelet word op die Belydenis van Athanasius, veral artikels 3 tot 20.
In die Ou Testament onderskei die Mormone baie duidelik tussen die vader en die Seun. Talmage (1977:49) beweer dat daar in die Ou Testament self nie ' baie duidelike onderskeid is tussen die vader en die Seun nie. Die vader word aangedui deur Elohim, en die Here (Jehovah) is Jesus Christus. Die vader word konsekwent gekoppel aan Elohim; Die Seun konsekwent aan Here (Lord in die King James Version).
Hier vind ons n contradictro in terminis. Talmage koppel Elohim aan die Vader terwyl Smith (1977 ~ 371) Elohim sien as Gode - meervoud, en al drie persone insluit (Sien 4.5).
Waar die term Here God voorkom, dui dit volgens Talmage (1977:49) op die vader en die Seun gesamentlik. Dit is egter nie aanvaarbaar nie. Eks 20:1 sê duidelik: "Ek is die Here jou God." Elohim is Jehova (in die terminologie van die Mormone.)
In n preek het Smith (1977:372) die volgende gesê: Baie mense se daar is een God; die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Een God. Ek meen dit is n vreemde God - drie in een en een in drie Hy sal n wonderlike groot God wees - hy sal n reus of n monster moet wees.
Smith ( 1977:370) sê reguit: Ek sal n veelheid van Gode preek. Hy vervolg dat dit drie onderskeibare gode is.
Hulle bely dus drie gode. Ook hier vind mens n contradictio in terminis: In 3 Nefi 11:22 (hierbo aangehaal) kry mens die parallel van Mt 28:19. Dit is belangrik om te let dat hier, in albei gevalle, gepraat word van doop in die Naam (enkelvoud) van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. In 3 Nefi 11:22 is daar nog n verdere uitbreiding - dat God EEN is.
Steenkamp (1983:16) merk op dat dit lyk of die "Profeet" nie altyd mooi onthou het wat hy gesê het nie. As "vertaler'' van die Boek van Mormon, wyk hy dus hier af van die "mees korrekte boek op aarde."
In Dt 6:4 staan: "Hoor Israel die Here onse God is n enige Here." As mens hierdie vers letterlik sou vertaal, kan dit so lui: "Hoor Israel, die Here ons God, die Here (is) Een.
Brown (1976:187) sê na aanleiding van die gebruik van hierdie woorde deur Jesus in Mk 12:29 dat elke toegewyde Jood hierdie woorde twee maal per dag opgesê het. Die Jode doen dit vandag nog om die nasionale protes in stand te hou teen die veelgodedom van die panteïste van die heidenwêreld. Hierdie woorde is die credo van hul nasionale geloof in een Lewende en Persoonlike God - EEN HERE.
Talmage (1977: 40) verklaar dat die Vader n persoonlike wese is wat in 'n defnitiewe vorm voorkom en geestelike begeertes het.
Jh 1:18 lui,: "Niemand het ooit God gesien nie; die Eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar."
Smith (in sy Geïnspireerde Vertaling, soos aangehaal deur Richards, 1979:20) "vertaal" hierdie vers so: En niemand het God ooit aanskou nie, tensy daardie man van die Seun getuig het (soos n profeet of spesiale getuie sou), want behalwe deur Hom kan geen mens gered word nie.
1 Jh 4:12 lui: "Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar lief het, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword."
Smith (in sy Geïnspireerde Vertaling, soos aangehaal deur Richard, 1979:20) "vertaal dié vers so: Niemand het God ooit aanskou nie, behalwe hulle wat glo. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.
Richards (1979:21) verklaar na aanleiding van Jh 4:24, waar daar duidelik gesê word dat God Gees is, dat almal geeste is wat met vlees en been bekleed is. Veral by Jh 4:12 is n duidelike voorbeeld hoe Smith n paar woorde invoeg in die Bybel - terwyl hy agter artikel 8 skuil - om sy eie gedagtes te staaf.
Smith (1977:181) verklaar: Daar is geen God in die hemel behalwe een van vlees en been.
Na aanleiding van Jh 5:26 verklaar hy dat die Vader lewe in homself het, en dat Hy aan die Seun die moontlikheid gegee het om lewe in Homself te hê. Voorts sê hy dat die Vader, soos die Seun na Hom, die lewe op Homself geneem het.
Smith probeer rasioneel om God te verklaar (vergelyk die aanhaling in 3.5 oor sy motivering van n veelgodedom). In 2. 3 is ook aangetoon dat Smith slegs die Bybel gebruik om sy eie "openbaringe" korrek te bewys. So verdraai ("vertaal") hy dan ook skrifgedeeltes wat sy "openbaringe" sou weerspreek Daar is in die oorspronklike griekse teks van 1 Jh 4:12 GEEN gronde vir die invoeging van die woorde behalwe hulle wat glo nie. So is daar ook geen verklaarbare rede vir die variante lesing van Jh 1: 18 nie, dit is n eie willekeurige "vertaling".
Smith se veelgodedom, en veral die uitspraak dat daar geen God is behalwe een van vlees en been nie, en die apartheid van Vader, Seun en Herlige Gees, kan mens verklaar uit sy visioen in die lente van 1820 - Toe die Vader en die Seun - twee Persone - na bewering aan hom verskyn het (Hoekema, 1918:10).
Jh 4:24 sê duidelik: God is Gees. Morris 1979:271) verklaar dit so: "God se essensiële natuur is gees ..." Ons mag nie materieel aan God dink nie, of dat Hy op enige manier gebonde is aan plekke of dinge nie.
Smith se God van vlees en been is dus nie die God van die Bybel nie.
Hoekom is dit vir Smith belangrik dat God n liggaam van vlees en been moet hê? Hy beweer dat Satan nie 'n liggaam het nie, en dat sy straf daarin lê. Satan sou dus die heeltyd opsoek wees na 'n menslike liggaam om in te woon, omdat dit heerlik is vir enige wese om in n menslike liggaam te woon. Die duiwel het n behae om in n menslike liggaam te woon. Met die uitdrywing van die duiwels uit die besetene van Gadara verkies die duiwel om eerder in die liggaam van varke te gaan as om sonder liggaam te wees. Alle wesens wat liggame het, sou dan mag hê oor persone wat nie n liggaam het nie. Die duiwel kan dus nie mag oor die mens hê as die mens hom nie daartoe toelaat nie (Smith, 1979:181).
Die sleutel van die probleem lê in die sin Alle wesens wat liggame het, het mag oor diegene wat nie liggame het nie (Smith, 1977:181). As God dus mag oor die mens kan en wil hê, moet Hy n liggaam hê, anders kan die mens Hom weerstaan soos die mens die duiwel kan weerstaan.
God self was eers soos ons nou is, en is n verhewe mens, en sit op n troon in verre hemele. Dit is n groot geheim Ek sê, as julle hom vandag sou sien, sou julle hom sien in die vorm van n mens (Smith, 1977:345).
Vanuit die paradysgeskiedenis probeer Smith dan aflei dat God eers n mens moes wees, omdat Hy met Adam gewandel het en met hom gesels het. Hy verwerp die gedagte dat God van die begin af God was, en sien dit as 'n valse leerstelling (Smith, 1977, 345 en 346)
Dit lyk of Smïth die feit dat God praat, koppel aan die feit dat Hy eers mens sou wees. Hy sê ook dat God eers op aarde gewoon het.
Jh 5: 19 lui: "Voorwaar voorwaar Ek se vir julle, die Seun kan niks uit homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie, want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so."
Hiervan sê Smith (1977:346): Dit beteken dat die Seun sy lewe afgelê het soos die Vader dit gedoen het, en weer die lewe opgeneem het.
Rasioneel kon Smïth nie verklaar waar God vandaan gekom het nie, en het toe deur die mens-word van Christus probeer om God se oorsprong vas te stel. Daarom sê hy dat Christus mens geword het omdat God mens is, en dat Christus gesterf het omdat die Vader gesterf het, en dat Hy die lewe weer opgeneem het soos die Vader dit tevore gedoen het.
Maar wat sê Jn 5:19? Westcott (The Gospel according to St John, Grand Rapids, 1954; soos aangehaal deur Morris, 1979:313) verklaar dit so: "nie naboots nie, maar in die krag van sy Eenheid van natuur." Morris lê ook sterk die klem op die gedurige interaksie en kommunikasie tussen Vader en Seun.
Die Afleidings uit Smith se "eksegese" is vergesog. Hy lees dinge in die Bybel in wat nie daar staan nie.
Wat die skepping betref tas Smith ook in die duister. In n preek doen hy "eksegese" op Gen 1:1 as volg: n Ongeleerde seun moet julle n bietjie Hebreeus leer. Berosheit baurau Eloheim ait aushamayeen vehau auraits (hy haal dan die vertaling van die King James Version aan, maar die vertaling volgens die Afrikaanse Bybel word hier gegee - H. v W.) In die begin het God die hemel en die aarde geskape. Ek wil die woord Berosheit analiseer: Rosh beteken die hoof; sheit n grammatikale term; die Baith was nie oorspronklik hier geplaas nie toe die geïnspireerde man dit geskryf het nie, maar is sedertdien bygevoeg deur n ou Jood. Berau beteken om voort te bring, Eloheim is van die woord Eloi God, in die enkelvoud, en deur heim by te voeg, beteken dit Gode. Dit lees soos volg: In die begin het die hoof van die Gode Gode voortgebring, of, soos anders dit vertaal het: Die hoof van die Gode het die Gode bymekaar geroep. (Smith, 1977:371).
Dit lyk of Smith weinig kennis gehad het van die Hebreeuse klankleer. Smith se transkripsie word bo geplaas en die algemene transkripsie word onder gegee. Die konsonante is van belang, maar willekeurige vokale kan nie sommer ingevoeg word nie.
Uit sy vertaling is dit duidelik dat hy n vae begrip van n moontlike Hebreeuse woordeskat kon hê.
Rosh () beteken wel hoof, maar die koppeling met "b+" () maak die kombinasie baie moeilik om te vertaal. (Dit is moontlik hoekom hy beweer dat die "baith" nie by die oorspronklike hoort nie.) var en tyv!ar hou etimologies verband met mekaar. Die probleem lê egter by Smith se "grammatikale term - sheit" (). Die "-it" is deel van die stam van tyv!ar en beteken "begin". Die "-it" uitgangsal nie met var koppel nie. Hier is Smith dus verlei deur foutiewelik die Hebreeus te lees, en op die gehoor of die woord te analiseer.
(Smith se Eloheim) sien hy as n kombinasie van "Eloi" en "heim". Die "ohim" kan wel die meervoud van El wees, maar definitief nie van Eloi nie. Hier is Smith waarskynlik verlei deur Mk 15:34. Daar beteken dit egter "My ' 'God", en nie net "God" nie.
Om 'n veelheid van Gode te onderskei na aanleiding van Elohim, beroep hy hom verder op Gen 1: 26: Laat ons mense maak ". Die meervoud hier laat hom aflei dat mens hier moet vertaal: Die hoof van een van die Gode het gesê: "Laat ons n mens maak na ons gelykenis" (Smith, 1977:372).
Hy vergeet egter die honderde ander plekke waar die werkwoord, waarvan die onderwerp is, in die enkelvoud staan (Bv. Gn 1:3 - 29, waar telkens sê "laat daar .. wees", en die "sê" in die enkelvoud staan; Gn 3:5, Eks 2:24, en vele meer)
Die eerste sin van bogenoemde aanhaling ontsluit alles. As Smith sê: "laat n ongeleerde seun julle n bietjie Hebreeus leer", leer hy soveel as wat hy geleerd is - weinig, en dan nog hopeloos verkeerd.
As God eers n mens was, moes Hy Homself geskape het. Indien nie, weet die Mormone ook nie waar Hy vandaar kom nie. Tog poog hulle om God rasioneel te verklaar.
Indien God dit is wat die Mormone van Hom bely, is dit dieselfde God as die Skrif?
Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde (Art. 1 Apostoliese Geloofsbelydenis), en nie in een of ander vleeslike verhoogde mens nie.
Hy was met die Vader in die Gees voor hy in die vlees kom woon het. Hy het al die fisieke kenmerke van die menslike wese, en na sy opstanding het Hy in dieselfde vorm verskyn. Hy is die identiese weergawe van sy Vader, na wie se beeld die mens geskape is. Daarom weet ons dat beide die Vader en die Seun is in vorm en bestaan perfekte mense, elkeen het n tasbare liggaam, ondenkbaar suiwer en perfek, en het transente glorie, maar nogtans n liggaam van vlees en been (Talmage, 1977: 42).
Jesus lyk dus, volgens Talmage, identies soos die Vader. Hoewel hy die Godheid van Christus nie loën nie, val die klem baie sterk op die mensheid van Christus. Na aanleiding van verdere teksgedeeltes (wat bespreek is in 4.2) maak die Mormone die afleiding dat God ook mens moet wees, omdat Christus mens is. Hierbo is gestel dat Jesus na sy opstanding, in dieselfde vorm aan sy dissipels verskyn het, naamlik met n liggaam.
Die Mormone bevraagteken nie die maagdelike geboorte van Jesus nie. Ook die ontvang van die Heilige Gees word nie geloën nie. Maar dan doen Smith (1977:323) die volgende uitspraak: Jesus Christus is die erfgenaam van hierdie koninkryk (n koninkryk van Priesterskappe, volgens Melgisedek, die Patriargale, en die Leviete) - die Eniggebore van die Vader ooreenkomstig die vlees, en het die sleutels oor die hele wêreld.
Hoe verklaar mens dit? Dat God die Vader van Christus is ooreenkomstig die vlees - as die Heilige Gees oor mense gekom het - en hulle bely dat die Vader, Seun en Heilige Gees drie aparte interafhanklike persone is?!
Self Christus self was aanvanklik nie volmaak nie; Hy het aanvanklik nie n volheid ontvang nie, maar hy het genade in genade ontvang, en hy het voortdurend meer en meer ontvang, totdat hy die volkomenheid ontvang het (Smith, J. F., 1978:68).
Sy vordering was een van een genade op die ander, nie van genadeloosheid na genade nie; van goed tot groter goed, nie van boos tot goed nie; van guns van God tot groter guns, nie van vervreemdheid as gevolg van sonde na versoening deur bekering en soenoffer (Telmage, 1981:112).
Deur te sê dat Christus nie volmaak was nie, kom die Godheid van Christus in gedrang. God is volmaak. As Christus waaragtig God is, en was van ewigheid af, hoe kon Hy, toe Hy mens geword het, minder volmaak word? Verder - as Christus, soos Smith hierbo beweer, aanvanklik nie volmaak was nie, hoe kan Christus waaragtig Middelaar wees, soos bely word in die Heidelbergse Kategismus (Sondag 5)?
Jesus Christus self wie geen bekering nodig gehad het nie, geen sonde gehad het nie, se ooreenkomstig sy plegtige verklaring aan Johannes - laat ek nou gedoop word: want geen mens kan die koninkryk betree sonder om hierdie wet te gehoorsaam nie: want dit het tot ons gekom om ALLE GEREGTIGHEID te vervul (Smith, 1977: 266).
Uit hierdie gedeelte blyk duidelik die gevaar waarteen Floor (1983:xi) waarsku - die oorbeklemtoning van die doop. Hulle sien die doop as heilsnoodsaaklik. Om krag aan die argument te gee, word woorde in Jesus se mond gelê. Hier vind mens ook n contradictio in terminis. Hoe kan enige van die mense van die Ou Testament, wat wel in die hemel is, daar kom? Nêrens staan dat Moses of Aäron gedoop is nie.
Die Mormone glo in die doop van die dooies en dat daar ook vir hulle gepreek is. Hierdie werk is deur Christus begin in die tydperk tussen sy dood en opstanding. As n onliggaamlike persoon het Hy onder die dooies gearbei. Hulle beroep hulle veral op 1 Pt 3: 18-20.
Verder vind hulle ook ander gedeeltes wat die gedagte sou ondersteun, soos onder ander 1 Pt 4:6.
Hulle loën die gedagte dat Jesus na die Vader gegaan het direk na sy dood. Hy moes na die dooies gaan, daar hulle die bediening van die evangelie baie nodige gehad het.
Hiermee saam word Jesus se woorde aan Maria Magdalena in Jh 20: 17: "Raak my nie aan nie, want ek het nog nie opgevaar na my Vader nie." As motivering van hul standpunt gebruik.
Hierby word 1 Pt 4:6 ook bygehaal: "Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die Gees.
Oor hierdie gedeeltes is baie gespekuleer. Groenewald (1977:66) sê dat daar verskeie verklarings deur die eeue gegee is. Hy beweer verder dat 1 Pt 4:6 in n heel ander konteks staan - en daarom nie saam gelees moet word nie. Wat 1 Pt 3:19 en 20 betref, verklaar hy (1977:69 ) " Veeleer getuig ons teks van die oorwinning van Christus. Hy het na die doderyk gegaan as oorwinnaar: Hy het aan die kruis gesterf, maar gaan dan na die doderyk, nie soos die oorwonne sterflike mens nie, maar as die lewende triomerende Christus. Hy het die hele doderyk deurgegaan en aan almal sy oorwinning betuig: n boodskap van veroordeling vir die ongehoorsames; n boodskap van oorwinning vir die gehoorsames. Sy neerdaal na die doderyk was deel van sy segetog na die hemel."
By 1 Pt 4:6 is die vraag of "dode" hier bedoel - hulle wat nog nie die evangelie gehoor het nie? Groenewald (1977:75): "Die eenvoudigste verklaring is om hier te dink aan mense wat in hulle lewe die evangelie gehoor het, maar nou reeds dood is van die eerste gelowiges het n aantal reeds gesterf. Ook hulle sal opgeroep word tot die oordeel, maar oor hulle behoud hoef daar geen sorge te wees nie."
Jh 20:17 sê: "Hou op om my te gryp. Daar is geen noodsaak daarvoor nie, want Ek is nog nie op die punt van die permanente hemelvaart nie (Morris, 1979:841).
Hieruit kan mens die Mormone soos volg weerlê: Jesus Christus het nie evangelie verkondig nie, maar het in die doderyk sy oorwinning oor die dood geproklameer. Uit die gedeeltes kom mens nie agter dat daar 'n tweede kans op bekering is na mens se afsterwe nie, daar die Skrif nêrens die moontlikheid daartoe laat nie (Groenewald, 1977:75)
Die werking van die versoening is universeel, van gelyke waarde vir al die afstammelinge van Adam. Selfs die ongelowige, die heiden, en die kind wat sterf voordat hy die ouderdom bereik het waar hy kan onderskei, is almal verlos deur die Verlosser se selfofferande van die individuele konsekwensies van die sondeval (Talmage, 1977:85)..
Hieruit word afgelei dat alle mense wat nie die evangelie hoor nie, gered is. Die verlossing van Christus verlos hulle, al het hulle nie geglo nie.
Met hierdie stelling, as dit waar sou wees, val die Skrif. Van uitverkiesing is geen sprake nie. Die Verbond speel geen rol nie.
Almal wat gesterf het sonder kennis van die evangelie (die leer soos deur die Mormone verkondig - HFvW), wat dit sou ontvang het as hulle toegelaat was om te bly, sal erfgename wees van die hemelse Koninkryk van God, ook almal wat in die toekoms sal sterwe sonder kennis daarvan, en wat dit sou ontvang met hulle hele hart, sal erfgename wees van hierdie koninkryk wat Ek, die Here sal alle mense oordell volgens hulle werke, volgens die begeerte van hulle harte (History of Church, deel 2:380 - soos aangehaal deur Richards, 1979:189).
Een of ander grond van verlossing sal kom vir almal wat hulle reg daartoe nie verbeur het nie. Verhoging word gegee slegs aan hulle wat deur n regverdige poging die vryheid in Gods genade verwerf het (Talmage, 1977:91).
Christus se versoening is dus vir almal wat nooit God se Woord gehoor het nie. Rm 1:17: "Maar die regverdige sal uit die geloof lewe." Die ewige lewe bestaan net vir die wat waaragtig in God glo.
Rondom die wederkoms van Christus het hulle ook n hele teologie uitgebou, met n sterk chiliastiese karakter.
Wanneer Christus weer kom, sal Hy met hom saambring wat aan Hom behoort, en hulle sal n duisend jaar lank met Hom wees totdat Hy al sy vyande aan sy voete onderwerp het, en die laaste vyand sal die dood wees. Daar sal geen dood meer wees nie; maar die dode wat nie in Christus gesterwe het nie, sal nie deel hê in hierdie eerste opstanding nie, maar aan die einde van hierdie duisend jaar van Christus se vrederyk uit hulle grafte voortkom om geoordeel te word volgens die dade wat in die liggaam gedoen is. (Richards, 1979:309). Verder haal hy Op 20: 1-6, 12-13 aan.
Hendriksen (1977:167) sé van hierdie gedeelte: "Dit moet onmiddellik duidelik wees vir elkeen wat Op. 20 noukeurig lees, dat die duisend jaar aan die wederkoms van ons Here om te oordeel voorafgaan " Dan vervolg hy (p. 172):"Ons het dus gesien dat die duisend jaar' van Op 20 n heerlike betekenis het vir Gods volk op aarde. Nogtans oortref die heerlikheid van die hemel gedurende hierdie tydperk dit wat betrekking het op die aarde. Die volgende paar verse, t.w. Op 20: 4-6, beskryf nou die toestand van die triomferende heiliges in die hemel, nie op die aarde nie". En (p. 174): "Daarom vind die duisendjarige regering plaas in die hemel.
Die volgende vraag wat moet beantwoord word, is :
Wat is die aard daarvan?
Hulle oordeel saam met Christus
Hulle leef saam met Christus
Hulle deel die Koninklike heerlikheid met Christus.
Dit is die 'eerste opstanding'. Die eerste opstanding is die oorplasing van die siel vanuit hierdie sondige aarde na God in die Heilige hemel. Met Christus se Wederkoms word dit gevolg deur die tweede opstanding wanneer die liggaam ook verheerlik sal word."
Wat lei mens hieruit af?
Die Wederkoms van Christus volg op die duisendjarige vrederyk.
Die gelowiges gaan die oomblik wat hulle die aardse dood sterf, dadelik na Christus - Hulle wag nie tot direk voor die duisendjarige ryk nie.
Diegene wat gesterf het, regeer saam met Christus - nie al die gelowiges met en in die duisendjarige vrederyk nie!
want ek het met Hom gespreek soos n mens spreek: want ek het gesien dat Hy die gedaante van n mens gehad het, tog, desnieteenstaande, het ek geweet dit is die Gees van die Here: en Hy het met my gespreek soos een mens met n ander sou spreek (1 Nefi 11: 11).
Die Heilige Gees word as n geestespersoon gesien, en omdat Hy 'n persoon is, is Hy tot n beperkte ruimte bepaal. Die vraag mag nou ontstaan oor hoe die Heilige Gees oor die hele wêreld kan werk as Hy tot n beperkte ruimte bepaal is. Richards (1979:115) verklaar die werking van die Heilige Gees deur Hom met die son te vergelyk.
Hoewel die son baie ver van die aarde is, is sy krag nog op aarde. Die son verlig en verhit die aarde, en tog praat mens van die son of die son hier op aarde is. So kan dieselfde waarneming van die son deur verskillende mense duisend kilometers uitmekaar gemaak word.
Weereens merk mens met die lees van hierdie aanhaling dat die persoon en werk van die Heilige Gees rasioneel verklaar moet word. Soos met die Vader (soos bespreek in 4.2) en die Seun (5.1) word die Heilige Gees voorgestel asof Hy n liggaam het, maar nie van vlees en been nie. Hy moet n liggaam hê om hom te onderskei en te skei van die Vader en die Seun.
In hierdie teologie verwar hulle die Heilige Gees en die werking van die Heilige Gees. Uit die beelde wat hierbo gebruik word, sien mens duidelik dat die Persoon van die Heilige Gees buite hierdie wêreld is, maar dat slegs sy invloed hier op aarde is.
Tog is die werk van Die Heilige Gees rondom Pinkster baie duidelik. Jesus stuur "die ander Trooster" (Jh 14: 16 en 26). Met die uitstorting van die Heilige Gees het die Kerk die Heilige Gees ontvang, nie net Sy werking nie. Die Bybel leer ook die gawes van die Heilige Gees (Rm 12: 6-8).
Maar nou gee Ek jou n gebod dat jy met water moet doop, en hulle sal die Heilige Gees ontvang deur die oplegging van hande, net soos die apostels van ouds (L & V 35:6).
Daarom gee Ek julle n gebod dat julle onder hierdie mense moet ingaan en vir hulle moet sê, soos my apostel van ouds, wie se naam Petrus was: Glo in die Naam van die Here Jesus, wat op hierdie aarde was, en weer moet kom, die begin en die einde. Beheer julle en word gedoop in die Naam van Jesus Christus, volgens die Heilige gebod, vir vergiffenis van sondes: En hy wat dit doen, sal die gawe van die Heilige Gees ontvang deur die oplegging van die hande van die ouderlinge van die Kerk (L & V 49: 11-14).
Die Heilige Gees word hierdeur beperk tot die kerk, en dan ook net tot die Mormone. Slegs ampsdraer kan die Heilige Gees oordra aan iemand wat reeds gedoop is.
In Hd 2:38 staan: "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang."
Richards (1979:10B) dui die verskil tussen Hd 2:38 en die "openbaringe" aan Joseph Smith soos volg aan:
In hierdie Bybelse verslag van Petrus se preek, is die enigste ding wat kort kom, in die verklaring waarin hy belowe dat hulle "die gawe van die Heilige Gees sal ontvang" die melding dat hulle dit sal ontvang deur die oplegging van hande. Hierdie weglating was ongetwyfeld te wyte aan n skryffout of vanweë die saaklikheid in die verslag van die gebeurtenis, want die Skrifte gee duidelik genoeg te kenne dat Petrus begryp het dat die Heilige Gees geskenk word deur die oplegging van hande. Dit blyk uit Petrus se deelname in die organisasie van die oplegging van hande vir die gawe van die Heilige Gees in die geval van diegene wat Filippus te Samaria gedoop het. (Hier haal hy Hd 8: 5-20 aan, en vervolg op p 109) dat die rede hoekom Filippus nie aan hulle die Heilige Gees gegee het nie is omdat hy nie die gesag gehad het nie, dit wil se dat hy met priester sou wees volgens die orde van Aäron en nie die orde van Melgisedek nie. (Hier haal hy Hd 8:5-20 aan, en vervolg op p. 109) dat die rede hoekom Filippus nie aan hulle die Heilige Gees gegee het nie is omdat hy nie die gesag het nie, dit wil sê dat hy het priester sou wees volgens die orde van Aäron en nie die orde van Melgisedek nie.
In hierdie aanhaling sien mens dieselfde neiging wat in 2.6 bespreek is: Daar word twee maal verwys na n "verslag", in plaas van om die Skrif te erken as die gesagvolle geïnspireerde Woord van God.
Ook word hier die oordra van die Heilige Gees duidelik gekoppel aan die ampsdraers van die Kerk. Dit lè nie binne die mag van diegene wat priesters is volgens die Aäronietiese Priesterskap nie: Joseph Smith en Oliver Cawdery het aanvanklik die Aäronitiese Priesterskap "ontvang", maar met die voorbehoud dat die priesterskap nie die gawe van oplegging van hande het nie. Eers toe hulle die Melgisedekse priesterskap van Petrus, Jakobus en Johannes ontvang het, het hulle die gawe van oplegging van hande ontvang (BKP, Joseph Smith, 2:70-72).
Smith (1977:199) sê: Daar is n verskil tussen die Heilige Gees en die gawe van die Heilige Gees. Cornelius het die Heilige Gees ontvang voor hy gedoop is, wat die oorredende krag van God gehad het tot die waarheid van die Evangelie, maar hy kon nie die gawe van die Heilige Gees ontvang voor hy nie gedoop is nie.
Die Heilige Gees word hier onderhewig aan die doop gemaak. Soos genoem in 5.3 is daar by die Mormone n oorskatting van die doop, en soos dit in bogenoemde aanhaling blyk, word die doop selfs bo die gawes van die Heilige Gees verhef.
Die Heilige Gees word beperk tot die "Melgisedekse Priesterskap". Tog staan daar nêrens in die Bybel dat die Heilige Gees net deur die oplegging van hande ontvang is nie. Jesus het op die dissipels geblaas, en gesê: Ontvang die Heilige Gees (Jh 20:22). Op Pinkster het die Heilige Gees gekom soos tonge van vuur, wat op hulle gaan sit het, en hulle is vervul met die Heilige Gees (Hd 2:3, 4) (vergelyk ook Hd 8:17 en 19:6).
Mens kan nie die Gees van God beperk nie. Die werking van die Heilige Gees mag aan niks of niemand gekoppel word nie, behalwe aan God die Vader en die Here Jesus Christus (Rm 8:9 en Jh 3:8).
Na aanleiding van Hd 2:38 en 39 sê Smith (1977:81): Ons ontdek hier dat ons hier twee beginsels vermeng in hierdie aanhalings. Die eerste beginsel is die vergewing van sondes, en ons leer hier van Petrus dat die vergewing van sondes verkry word deur die doop in die Naam van die Here Jesus Christus; en die gawe van die Heilige Gees volg noodwendig, want, se Petrus, "julle sal die Heilige Gees ontvang".
Weer eens word die doop heilswerkend. Die uitverkiesing, is nie ter sprake nie. Die doop hou die vergewing van sondes in, asook die gawe van die Heilige Gees. Maar wat van diegene wat gedoop is (en noodwendig die Heilige Gees ontvang het, volgens Smith) en tog verlore gaan?
Smith (1977:328) sê: Geen mens kan die Heilige Gees ontvang sonder om openbarings te ontvang nie. Die Heilige Gees is die openbaarder.
Maar wat openbaar die Heilige Gees aan Smith? Daar is baie dinge in die Bybel wat nie, soos dit nou staan, ooreenstem met die openbarings wat die Heilige Gees my gegee het nie (Smith, 1977:328)
Hy beweer dat hy n openbaring ontvang het aangaande die hel. Hy verwerp die idee van n hel wat brand van vuur en swael en beskou diegene wat dit so leer as sektaries. Hel is die vertaling van "hades" in die Grieks en "Sheol" in Hebreeus. Albei, volgens Smith, beteken n wêreld van geeste. Die volgende is almal sinonieme: Hades, Sheol, paradys geeste in die gevangenis, en beteken n geesteswêreld.
Mt 5:22, 18:8 en 25:41 dui aan dat die hel wel n plek van vuur is, van oordeel en straf. Deur nou die hel en die paradys gelyk te stel, gaan Smith direk in teen die Skrif. Dit blyk dat die hel, soos in bogenoemde tekste vermeld, nie vir Smith bestaan nie.
Smith beweer hierbo dat die Heilige Gees die "foute" in die Bybel uitwys. Hier is weer n bewys dat hy nie die Bybel as n gesagvolle Woord van God erken nie, en nog minder erken hy dat die Bybel deur die Heilige Gees geïnspireer is.
Dit is belangrik om ook te let op die Antropologie van die Mormone, daar dit so nou verweef is met hul Godsbeskouing.
Deur hierdie dinge weet ons dat daar n God in die hemel is, wat oneindig en ewigdurend is, van ewigheid tot ewigheid dieselfde onveranderlike God, die formeerder van hemel en alle dinge wat daarin is; En dat Hy die mens geskape het, man en vrou, na sy beeld en volgens sy eie gelykenis; En aan hulle gebooie gegee het dat hulle Hom moes liefhê en Hom dien, die lewende en ware God, en dat Hy die enigste wese moes wees wat hulle moet aanbid (L & V 20: 17-19).
In hierdie verklaring van hierdie stellings, sê Smith en Sjodahl (1979:102) Ons eerste voorouers was die beeld van God, in dieselfde sin as wat Set die beeld van Adam was (Gen 5: 1-3). "Beeld" suggereer die reproduksie in vorm en substansie, fisies of geestelik, "gelykenis" gee die idee van afbeelding en uiterlike ooreenkoms". (The Cambridge Bible, Genesis:20).
Soos vermeld in 5.1 sien die Mormone Jesus as n identiese afbeelding van die Vader. Net so sien hulle die mens as afbeelding van God, veral met die verwysing na Gen 5:1-3. Hulle bly verkleef aan die rasionele en uitwendige.
Beteken "beeld' dan 'n reproduksie? Feenstra (1978:97) verklaar die "beeld" na aanleiding van Kol 3:10: "en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper".; en Ef 4:24 "en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid": "Natuurlik kan ons hierdie drie dinge wel onderskei, maar nie skei nie. Ware kennis ontvang die wedergeborene sodat hy as profeet God en die skepping reg sou ken; ware heiligheid sodat hy as priester God sou liefhê en die naaste soos homself; ware geregtigheid sodat hy as Koning God sou dien en oor alle skepsele regeer.
Hulle beweer dat God die mens diep beproef om te sien of hulle al die dinge sal doen wat die Here hulle God hulle ook al mag gebied (BKP - Abraham 3:25).
Die Mormone vereis dat mens al die gebooie moet gehoorsaam. Dit sluit al die wette in wat aan Joseph Smith "geopenbaar" is. Alle kerke, behalwe hulle kerk, is sektaries, en wie nie al die gebooie van hulle kerk gehoorsaam nie, nooit die volle saligheid kan ontvang nie.
Hiermee plaas hulle die lidmaatskap van die Kerk as n voorwaarde van die uitverkiesing.
Hulle meen dit is goed om n liggaam te ontvang, want as die gees nie n liggaam het nie, en van mekaar geskei word, die mens nie die volheid van die blydskap kan ontvang nie. (L & V 93: 33).
Hoe sien hulle die verhouding liggaam en gees? As Smith (L & V 93:33) sê: Want die mens is gees. Die elemente is ewig, en gees en element, onlosmaaklik verenig, ontvang n volheid van blydskap. Hoe kan "gees" liggaam van vlees en been wees? As "element" dui op liggaam en die liggaam ewig is, is dit moeilik om Gen 3: 19 te verklaar.
Daar is n appèl op elke mens om sy tweede staat te bekom - soos die mense en diegene wat die eerste staat behou het. Die tweede staat word verseël wanneer die heerlikheid op heerlikheid op hulle hoofde toegevoeg sal word (BKP:Abraham 3:26).
Die eerste staat is diegene wat nie saam met Satan uit die hemel gewerp is nie (Op 12:7-9). Hier vind mens n verwarring tussen engele en die gees van die mens wat, volgens Richards (1979:269) Alle mense het met God en sy Seun Jesus Christus in die geesteswêreld gelewe voordat hulle hier op aarde gekom het, en hierdie geeste het hulle reeds onderskei van hulle geboorte (BKP:Abraham 3: 22, 23). Engele is nie mense nie, en kan ook nie mense word nie. Die tweede staat is die verdere lewe, en dit word behou deur die gebooie van God te gehoorsaam, met ander woorde om goeie mense te bly.
Elke mens ontvang as erfporsie n aantal gawes en talente, waarvan hulle rekenskap moet gee hoedanig hul dit gebruik het. Wanneer die rekenskap gegee word, moet die Here kan sê (soos in Mt 25:21 en 23): "Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer" (Richards, 1979:300).
In sy gebruik van hierdie gedeelte, maak Richards n hermeneutiese fout. ,
Hy allegoriseer n gelykenis van Jesus. As hy bogenoemde teks aanhaal maak hy van die heer Heer. Daarmee spring hy van n gelykenis na die eindoordeel.
Hier vind mens een van die kernpunte van hulle teologiese denke: Werksaligheïd. Mens kan sy seëninge verseker deur Sy wil te gehoorsaam en sy wette waarvolgens sy seëninge geld gehoorsaam. Daar is geen ander weg om sy seëninge te ontvang nie (Smith, 1978:69); Verhoging word gegee slegs aan hulle wat deur n regverdige poging die vryheid in Gods genade verwerf het - aldus Talmage (1977:91). Deur sy insetting te hou word mens suiwer, en kan dan voor God verskyn (Smith, 1977:226). God sal sy diensknegte regverdig beloon in hulle goeie dade (Smith, 1977:57). Hierteenoor spel die Heidelbergse Kategismus (vraag en antwoord 60 en 61) die waarheid uit. "Hoe is jy regtig voor God? Alleen deur n Ware geloof in Jesus Christus; sodat al klaag my gewete my ook aan omdat ek teen al die gebooie van God swaar sondig en geeneen daarvan gehou het nie en dat ek nog gedurigdeur tot alle boosheid is, God my nogtans, sonder enige verdienste aan my kant, uit louter genade die volle voldoening, geregtigheid en heiligheid van Christus skenk en toereken, asof ek nooit sonde gehad of gedoen het nie, ja asof ek self alle gehoorsaamheid volbring het wat Christus vir my volbring het, in sover ek die weldaad met n gelowige hart aanneem. Waarom se jy dat jy alleen deur die geloof regverdig is? Nie dat ek vanweë die waardigheid van my geloof God welgevallig is nie; maar daarom, dat alleen die voldoening, geregtigheid en heiligheid van Christus my geregtigheid en heiligheid van Christus my geregtigheid voor God is, en dat ek dit nie anders as alleen deur die geloof kan aanneem en my kan toeeien nie ek teen al die gebooie van God swaar sondig en geeneen daarvan gehou het nie.
En Adam het tot n val gekom sodat daar mense mag wees; en daar is mense sodat hulle vreugde mag hê (2 Nefi 2: 25).
Hier word die sondeval goedgepraat. As mens die hele hoofstuk lees, klink dit asof die skrywer maar dankbaar is dat Adam en Eva in sonde geval het, anders was hulle steeds in die paradys, en sonder vreugde. Ook sou hulle nie goed kon doen nie, omdat hulle nie die sonde sou ken nie (vs 23).
Maar die sondeval is die tragiek in die mensegeskiedenis. Dit was die oorsaak van die verdorwe aard van die ganse mensdom, van nature geneig om God en sy naaste te haat.
Die sondeval het ingekom sodat die mens kinders kan hê. Die bevel om te vermeerder het egter voor die sondeval gekom.
By die Mormone blyk die huwelik nog meer in te hou as die huwelik by die Rooms Katolieke kerk, wat aldaar as sakrament gesien word.
Die beswaar van die Mormone teen alle ander huwelike, is dat dit n egskeidingsbevel bevat: 'tot die dood julle skei." Die huwelik is n verbond, maar 'n egskeidingsbevel by die dood van een van die partye (Richards, 1979:185)
Die huwelik word 'n voorvereiste vir die Allerhoogste heerlikheid. Man en vrou sal een vlees wees. By die Here sal die man nie sonder die vrou wees en die vrou nie sonder die man nie (1 Kor 11:11). Hierdie een vlees geld ook met die wederopstanding van die vlees, en man en vrou sal saam die ewige lewe beërwe (Richards,l979:191).
Die huwelik mag net in n Mormoonse tempel voltrek word, anders is dit nie n ewigdurende huwelik nie, en sal beëindig word by die dood van of die man of die vrou.
Die huwelik moet ook hier op aarde voltrek word. As die mens eers die aardse dood gesterf het, kan mens nie weer trou nie.
Indien die huwelik nie in n Mormoonse tempel voltrek word nie, word die man en die vrou slegs engele in die hiernamaals, wat diegene wat wel die ewigdurende huwelik aangegaan het, moet dien (L & V, 132:15-17).
Verder moet iemand, voordat hy al die seëninge van die ewigdurende huwelik deelagtig kan word, georden word tot ouderling volgens die priesterorde van Melgisedek (Richards, 1979:188). In hulle kerk kan die vrou nie in die amp staan nie, maar dit verhoed die vrou nie om die volle heerlikheid te ontvang nie - omdat die man en die vrou een vlees is, en die man in die vrou en die vrou in die man.
Hulle grond die ewigdurende huwelik in Mt 22:23-30. Die "dogma" is dat die wat nie die ewigdurende huwelik sluit nie engele word (v 30).
Maar wat bedoel Jesus hier? In die Evangelie volgens Lukas word die betekenis duidelik gestel: hulle sal soos engele wees (20:36). Hulle word nie engele nie. Brown (76:186) sê: "Die huwelik is geordineer om die menslike geslag uit te bou; maar daar sal geen koppeling wees deur die dood in die toekomstïge staat nie, daar sal hierdie ordonansie verval." Daar sal dus geen huwelik in die toekomstige bedeling wees nie. In hulle verklaring van hierdie gedeelte sê Talmage (1979:584): Die eerste man bly in die ewige lewe die eggenoot, en nie die ander nie, maar bly aards.
Hulle beweer dat indien die ewigdurende huwelik aangegaan word, sal die mens n god word (L & V 132). Hier vind mens die oerleuen in die paradys (Gn 3: 4, en 5): "Julle sal gewis nie sterwe nie; maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken."
Met hierdie selfde leuen is Smith, en saam met hom al die Mormone, verlei. Julle sal soos God wees. Hy propageer dit. Die hele kerk bely dit.
Kan mens n kerk aanhang wat die oerleuen in die paradys as die waarheid propageer en bely?
Om soos Steenkamp (1983:7) te sé dat die Mormonisme anti-Christelik en anti-Bybels is en dan in sy slot opmerking dit as n nie-Christelike kulte tipeer, is baie kras, veral as hy Johannes 14:6 aanhaal en daarmee impliseer dat die Mormone nie die weg tot die Vader volg nie en daarom nie in die hemel kan kom nie.
Dit blyk duidelik dat Joseph Smith verlei is deur die leuen van Satan in die paradys. Verder het die rasionalisme ook n sterk invloed op hom gehad.
Die teologie van die Mormone het baie skommelinge beleef. Teenstrydige uitsprake wat deur die loop van die geskiedenis gemaak is bewys dat die Mormone die pad byster geraak het.
Die gronddwaling is dat hulle die genoegsaamheid van die Skrif loën (vergelyk veral NGB, artikel 7). Daaruit vloei al die dwalings. Ander geskrifte wat hulle as gesagvol aanvaar, en selfs bo die Bybel stel, weerspreek die Bybel, veral op moeilik-verstaanbare gedeeltes. Daarom propageer hulle drie Gode. Ook het hulle n uitgebreide antropologie wat daarop uitloop dat die mens n god word.
Deurdat hulle die genoegsaamheid van die Skrif loën, is hul teologie onaanvaarbaar vir die Gereformeerde leer.
En tog - hulle bely die God van die Bybel al het hulle n verwronge beeld van God. Daar het mens ook n aansluitingspunt (anders as met die Islam en soortgelyke godsdienste) waarvandaan mens aan hulle die wonderlike evangelie van Jesus Christus, kan verkondig - soos mens dit in die Bybel vind.
DIE BAIE KOSBARE PEREL, Uittreksel uit die openbarings, vertalings en vertellings van Joseph Smith. Eerste profeet, siener en openbaarder vir die Kerk van Jesus van die Heiliges van die Laaste Dae. 1981. Salt Lake Cïty, Utah. Dïe Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. (Saamgebind met die Leer en Verbonde).
DIE BOEK VAN MORMON: Verslag geskryf deur die Hand van Mormon, op plate. Van die plate van Nefi afgeneem. 1972. Salt Lake City, Utah. Die Kerk van Jesus Christus van die Heïliges van die Laaste Dae. BROWN, D. 1976. The Four Gospels. Edinburgh. Banner.
BRüMMER, N.J. s.j. De Mormonen. Z.A. Bijbelvereeniging.
BYBEL. 1962. Die Bybel: dit is die Heilige Skrif wat al die Kanonieke boeke van die Ou en Nuwe Testament bevat. Kaapstad: Britse en Buitelandse Bybelgenootskap.
BYBEL. 1973. Biblia Hebraica. Kittel, R. ed Stuttgart:Wurttembergisehe Bibel anstatt.
BYBEL. 1975. The Greek New Testament. Aland, K. ed. Munster Westphalia. UBS. 3 ed.
FEENSTRA, J.G. 1978 Leer en Lewe: Eenvoudige geloofsleer - leesboek in Afrikaans vertaal deur Dr M.T.S. Zeeman. Bloemfontein. Sacum.
FLOOR, L. 1983. Die Heilige Doop in die Nuwe Testament. Potchefstroom:Potchefstroomse Teologiese Publikasies.
GROENEWALD, E.P 1977. Die Briewe van Petrus. Die Brief van Judas. Kaapstad. N.G. Kerk-uitgewers.
HENDRIKSEN, W. 1977 Meer as oorwinnaars: n Verklaring van die boek , Openbaring. Kaapstad V.P.U.
HOEKEMA, A.A. 1978. Mormonism. Grand Rapids. Eerdmans.
DIE LEER EN DIE VERBONDE van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. Dit bevat Openbaringe gegee aan Joseph Smith, die Profeet, met enige byvoegsels deur sy Opvolgers in die Presidentskap van die Kerk. 1981. Salt Lake City, Utah. Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. (Saamgebind met die Baie Kosbare Pêrel).
LEWIS, G.R. 1979. The Bible, the Christian and Latter-day Saints. New Jersey. Presbyterian and Reformed Publilishing Co.
MARTIN, W. 1978. The Maze of Mormonism. California. Vision House.
MARTIN, W.R. 1977. The Kingdom of the Cults. Minnesota. Bethong Fellowship.
MORRIS, L. 1979. The Gospel according to John. Grand Rapids. Eerdmans.
RICHARDS, L. 1979. Wonderlik en Wonderbaar. Kaapstad. Deseret.
SMITH, H.M.. and SJODAHL, J.M. 1979. The Doctrine and Covenants. Salt Lake City, Utah - Deseret.
SMITH, J.F. 1977. Teadings of the Prophet Joseph Smith: Taken from his sermons and writings as they are found in the Documentary History and other publications of the Church and written or published in the days of the Prophet's ministry. Salt Lake City: Utah Deseret.
SMITH, J.F. 1978. Gospel Doctrine. Salt Lake City. Utah. Deseret.
STEENKAMP, W.L. 1983. Wat is die Mormonisme? Kaapstad. N.G. Kerk -Uitgewers.
TALMAGE, J.E. 1977. A Study of the Articles of Faith. Salt Lake City , Utah. The Church of Jesus Christ of Latter Day Saints.
TALMAGE, J.E. 1981. Jesus the Christ: A Study of the Messiah and His Mission according to Holy Scriptures both Ancient and Modern. Salt Lake City, Utah. The Church of Jesus Christ of Latter-Day Saints.
ANDERSON, E. 1981. History and Beliefs of Mormonism. Grand Rapids. Kregel.
DAVIS, H.A.; SCALES, D.R. and COWDREY, W.L. 1980. Who Really Wrote the Book of Mormon? California. Vision House.
FRAZER, G.H. 1977. Is Mormonism Christian?: Morrmon Doctrine compared with Biblical Christianity. Chicago. Moody.
THE MORMONS, or LATTER-DAY SAINTS: A Contemporary History. 1851? London. Office of the National illustrated Library.
MULLEN, R. 1967. The Mormons. London. W.H. Allen.
PENROSE, C.W. 1908. Het "Mormonisme". Baarn Hollandia. (Kerk en Secte . No L ) .
VAN DELLEN, I. 1911. HET MORNOMISNE. Kampen Kok.
VAN DER VALK, M.H.A. 1924. De Mormonen: Hun Profeet, leer en leven. Kampen Kok.
Laaste bygewerk 29/10/24
Hierdie is die webblad van Dr Hennie van Wyk. Standpunte op hierdie blad is sy eie of die van outeurs wie se werk geplaas word, in watter geval die standpunte die van die genoemde outeur is.