SS Plus

Agtergrondsgeskiedenis van die Jehovah-Getuies

Noodsaaklike AGTERGROND vir Christene om te weet.

Almal van ons het al van die Jehovah-getuies gehoor en waarskynlik hulle al gesien waar hulle hul blaadjie, Wagtorings of Ontwaak by winkelsentrums verkoop. Baie van ons het al met hulle gepraat om meer van hul te wete te kom. Ander van ons glo dat mens nie met hul moet gesels nie omdat hulle God se Woord op so 'n slinkse manier verdraai.

Tog kan ons hierdie mense nie ignoreer nie. Orals is hul besig om mense op 'n dwaalweg te probeer lei, terwyl hulle self glo dit is die regte (en enigste) weg na Jehovah-God toe. Reeds het hulle in Suid-Afrika 48590 aktiewe verkondigers van hul leer, wat volgens hulle 1991 jaarboek, gesamentlik meer as 11 miljoen ure amptelike verkondigingswerk jaarliks doen. Behalwe hierdie verkondigers, is daar nog duisende ander mense onder hulle invloed. So is hul jaarlikse "herinneringsmaaltyd" (vergelykbaar met wat by ons as "nagmaal" bekend staan) in 1990 in Suid-Afrika deur 130278 mense bygewoon. Wêreldwyd was die bywoning by die 10 miljoen.

 

WERKSWYSE

Wat die werkswyse van hierdie mense betref, val dit mens op dat hulle twee-twee uitgaan. Hulle glo hul gehoorsaam so Christus se opdrag in Luk. 10:1 om, twee-twee te werk. Sodoende kan hul mekaar bystaan en ook dophou dat een nie oortuig word deur die Christene aan wie se deur geklop word nie. Die beginners word meestal gebruik om die Wagtoring en Ontwaak van deur tot deur te verkoop. Sodoende leer hulle om vrymoedigheid te hê om aan iemand se deur te klop en met hom of haar te praat. Almal wat tydskrifte koop, se adresse word aangeteken vir latere opvolg.

Hierna kry die persoon geleentheid om saam met iemand wat langer in die organisasie is, uit te gaan om met mense te gaan gesels. Hulle word geleer om oor een of ander interessante onderwerp te begin" gesels, en vandaar oor te gaan en 'n gratis Bybelstudie sonder enige verpligting aan te bied. Bekeerde Jehovah-getuies het aan my vertel dat hulle op daardie tydstip gedink het dat so 'n Bybelstudie hulle net goed sou doen en dat hulle tog nie deur die valse leerstellings be�nvloed sou word nie. Tog is hul geleidelik die manier van die Organisasie geleer en het hulle al hoe meer die valse leerstellings begin glo, totdat hul self Jehovah-getuies geword het. Die boekie wat gewoonlik vir die ‘’Bybelstudie" gebruik word, is: "Jy kan vir ewig in die paradys op aarde lewe."

 

Die belangrikste dwaalleer

Die belangrikste dwaalleer van die Jehovah-getuies kan soos volg saamgevat word:

 

GESKIEDENIS

Die stigter van hierdie organisasie was Charles Taze Russell. Vanaf sy jongdae het hy oosterse godsdienste, veral Budhisme, bestudeer. Hy sluit in 1870 by die Adventiste aan, en begin met ses ander 'n tuis-bybelstudie groep. In 1873 (toe 21 jaar oud) publiseer hy sy eerste boekie, waarin hy tot die gevolgtrekking kom dat Jesus se wederkoms onsigbaar sal wees. Saam met N.H. Barbour, publiseer hy in 1876-77 'n boek waarin hul leer dat die gelowiges in 1878 liggaamlik weggeraap sou word. In Julie 1879 druk Russell die eerste 6000 kopie� van "Zion's Watch Tower and Herald of Christ's presence." In 1881 word die "Watchtower Bible and Tract Society" gestig. In 1879 is Russell getroud met Maria F. Akley en in 1908 is hul amptelik geskei.

Na Russell se dood word J.F. Rutherford in 1917 president van die organisasie. In 1920 verskyn sy bekende boek "Millions Now Living Will Never Die" Hierin voorspel hy dat Abraham, Isak en Jakob in 925 na die aarde sal terugkeer. . Daar word selfs in 1929 'n huis vir hierdie terugkerende gelowiges in San Diego gekoop. Eers in 1931 kom die naam "Jehovah-getuies" in gebruik. In 1936 word besluit dat Jesus nie aan 'n kruis nie, maar aan 'n paal

Na Rutherford word Nathan Knorr in 1942 verkies as volgende president: In 1950 verskyn die "New World Translation" van die Bybel, waarin aanpassings gemaak is om die leerstellings van die organisasie te pas. In 1975 verlaat na berekening ongeveer 250,000 lede in Amerika alleen die organisasie, nadat die voorspellings vir 1975 deur die organisasie nie gerealiseer het nie.

Die volgende president is F.W. Franz wat in 1977 by Knorr oorgeneem het. In 1980 was daar ‘n groot opskudding by die Organisasie toe vooraanstaande lede die organisasie verlaat het. Een van hulle was Raymond Franz, 'n lid van die "Governing Body" van die organisasie, en neef van Fred Franz.

 

Slot

As na die geskiedenis en leerstellings van hierdie organisasie gekyk word, sien mens duidelik dat dit nie van God af kom nie. Aan mense wat daarbinne gevange is, moet die ware evangelie van Jesus Christus verkondig word

Hierdie is die webblad van Dr Hennie van Wyk. Standpunte op hierdie blad is sy eie of die van outeurs wie se werk geplaas word, in watter geval die standpunte die van die genoemde outeur is.