SS Plus

Aanbevelings

Inleiding

Wat is relegie

Die Afrika-Godsbegrip

Voorouergeloof

Die Hart van die saak

Evangelisering van die Afrika-mens

Die Inhoud van die Boodskap

Afsluiting


EVANGELISERING VAN VOOROUERGELOWIGES

Ds W L Kurpershoek

AANBEVELINGS

Hierdie lesings kan jou help slegs as jy jou regtig voorneem om mense te evangeliseer d.w.s.:

Jy het die begeerte om te getuig van die hoop wat in jou is: Efesiërs 2:11-12; I Petrus 3:15;

Jy is daarvan oortuig dat jy gelei word deur die Heilige Gees: Handelinge 4:8; 13:9;

Jy het slegs die begeerte om mense na Jesus te bring - dus nie na jou eie kerk nie Romeine 3:26; 10:8;

Jy weet dat Christus in jou gestalte kry, m.a.w. dat Hy deur jou mond praat met mense wat beklaenswaardig is omdat hulle in die diepste duisternis van ongeloof verkeer: Matteus 4:16; Galasiërs 4:19;

Jy kan saam met die kerkvergadering van Jerusalem sê: "Die Heilige Gees en ek het besluit": Handelinge 15:28.

Hierdie lesings kan slegs met vrug gebruik word as jy self heeltemal oopstaan vir die deurwerking van die Evangelie in jou eie lewe d.w.s.:

Jy wil slegs met die Evangelie werk, nie met eie denkbeelde of vooringenomenheid dat jy dalk 'beter' is as die mense met wie jy gaan praat nie: Handelinge 20:24; Romeine 10:16-17; Titus 1:3;

Jou doel is om te sien dat die Evangelie deurbrake in ander mense se lewens veroor-saak: Johannes 1:12; Handelinge 11:1; 19:19; I Tessalonisense 1:6-7;

Deur jou lewenswyse lewer jy bewys van die krag van die Heilige Gees wat in jou werk- onthou: dit is nog altyd die beste evangeliseringsmetode: I Korinte 12:6, 11; Galasiërs 5:6; Efesiërs 3:20; Kolossense 1:29;

Eendag het Jesus vir Tomas en Sy ander dissipels gesê: "Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self": Johannes14:11
(dus as hulle nie dáárom in Hom kon glo nie!! - hieruit kan ons aflei dat die Jode selfs gered kón geword het as hulle nie die Godheid van Christus sonder meer kon aanvaar het nie...)

Hierdie lesings sal jou nie help as jy bevooroordeeld is nie d.w.s.:

As jy jouself verhef deur te dink dat jy beter is as ander mense: Deuteronomium 10:17; Lukas 18:11-13; Johannes 4:1-27; 8:48; Handelinge 10:28-34; Romeine 2:11;

As jy reken dat jy hulle 'n guns betoon deur hulle te evangeliseer: Jeremia 20:9; Romeine 1:14; I Korinte 9:16; II Korinte 5:16-20.

INLEIDING

Hierdie lesings het betrekking op EVANGELIEVERKONDIGING. Ons wil mos met mense gaan praat óór, en teenoor hulle getuig ván ons geloof in Jesus Christus, die Seun van God.

Dit het implikasies nie slegs vir húlle nie, maar ook vir julleself.

Dit beteken dat julle goed moet weet wie hulle is, met wie julle gaan praat.

Dit is duidelik dat julle derduisende Afrika-mense op die oog het wat onlangs in julle omgewing kom woon het, met wie julle saam werk en in die winkels inkopies doen.

Ons noem hulle Afrika-mense, nie 'Swartes' nie, want die laaste benaming kom by hulle as rassisties oor.

Daar sal ook heel wat ander begrippe gehanteer word maar die sal ons algaande verduidelik.

WAT IS RELIGIE?

Gewoonlik praat ons van geloof as ons wil verduidelik wat religie is, want daar is in die wêreld verskeie en amper ontelbare religies. Ons sal egter gaan verstaan dat daar 'n groot verskil is tussen die ware religie en die valse religies.

Dit is noodsaaklik om te weet wat die woord 'religie' beteken.

Daar bestaan egter baie opvattings oor wat 'religie' is. Geleerdes sê gewoonlik dat daar in die mens 'n besef is dat daar 'iets' groots en vreesaanjaends bo hom is as hy die grootsheid en die rykdom van alles wat geskep is, beskou. Maar dié besef kom grotendeels uit die mens self op en het slegs op homself betrekking! Miskien is daar plek vir een of ander 'hoër wese', maar nie noodwendig vir God nie.

Die wóórd 'religie' moet ons reg verstaan sodat ons in ons gesprekke met 'aan-hangers van ander godsdienste' duidelik kan maak waaroor dit gaan.

'Religie' kan verklaar word as 'om 'n god te vrees en sy gebooie te onderhou'. Maar ons sal moet dieper grawe om die volle en regte betekenis te kry. Ons sal 'n antwoord moet kry op die volgende drie vrae:

Waar lê die oorsprong van religie?

Wat is die wese van religie?

Watter vereistes stel die religie?

Om antwoorde te kry moet ons Bybel toe gaan. Want dié leer ons presies wat religie is.

Vanaf Genesis 1 word dit duidelik dat religie 'n deur God geskape eienskap van die mens is.

Ons kan godsdiens slegs verklaar as ons aanvaar dat die oorsprong by God lê.

Dit impliseer dat ons moet glo in die wesenlike bestaan van God, ook al sê baie mense dat dit nie so is nie. Hier raak ons aan die saak van die Skrifgesag. In die laaste veertig jare het baie teoloë beweer dat die Skrif nie die egte waarheid oor God bevat nie maar slegs die gedagtes wat mense oor Hom het, wat hulle dan neergeskryf het. Hierdie opvatting kom nou ook in ons land voor! Ds H de Jong (1985: Handelinge 7; van den Berg, Kampen: 58) stel duidelik dat die beslissende vraag oor godsdiens lui: bestáán God regtig of bestaan Hy slegs in ons verbeelding? Die antwoord lui: die roeping van Abram en Moses getuig oor die waarheid: Hy bestáán en Hy was daar as Eerste. Hy bestaan nie omdat die mens Hom gesoek het nie!

By die skepping het die HERE aan die mens die vermoë om te glo gegee, ja, Hy het dit in die mens ingeskape. Dit is die waarheid wat vandag, na die sondeval van Adam en Eva, nog geld vir ons en vir alle ander mense. Want daar bestaan geen mens wat nie een of ander vorm van religie het nie. Hierdie 'ingeskape' religie het as doel gehad om God te vereer soos Hy dit beveel het. Onmiddellik na die skepping van die mens het die HERE Sy verbond met hom gesluit (Genesis 1:28; vergelyk ook Hosea 6:7: "Hulle het soos Adam die verbond oortree" - 1953-vertaling).

'n Verbond is 'n ooreenkoms tussen twee partye.

Dit het beloftes en verpligtings wat albei moet nakom.

Maar in die verbond van die HERE met die mense tref ons veral die Selfopenbaring van die HERE aan die mens aan. Hy het ware gemeenskap geskep tussen Homself en die mens.

 

DIT IS DIE GRONDSLAG VAN RELIGIE.

God se opdrag aan die mens het nie slegs ingesluit dat hy 'baie' moet word en moet heers nie! Ons erken dat ons in Genesis 1 en 2 nie die opdrag om te glo aantref nie, maar ons moet onthou dat in dié hoofstukke steeds gepraat word oor die mens in sy sondelose toestand. Vir die sondelose mens was 'n opdrag om te glo oorbodig. Vanaf sy skepping het die HERE met hom 'gewandel', ja, God het die mens elke dag besoek om met hom in die tuin te verkeer (Genesis 3:8). Daardeur was daar van die begin af 'n ware relasie, eenheid en gemeenskap, tussen die HERE en die mens.

Bowendien was die mens die HERE se verteenwoordiger op aarde!

Hierdie relasie tussen die HERE en die mens is onverbreeklik. Selfs as die mens van sy kant die relasie verbreek laat die HERE dit voortbestaan, ook al moet Hy die mense straf (Genesis 3:16-19).

Na die sondeval het die mens wat die dood oor homself gehaal het, sy tweede kans gekry om vir die HERE te leef as Sy kind en om uiteindelik (deur die bloed van Jesus Christus) gereinig te word van sonde en bevry te word van die dood. Maar hy het ook dié geleentheid verspeel: Kain het vir Abel doodgemaak. Die 'hemelwesens' (die gemeente uit die begintyd) het getrou met die 'dogters van die mense' (Genesis 6:2), d.w.s. hulle het opnuut die sonde van Adam en Eva gedoen, deur hulle met Satan te verbind. Opsetlik het hulle die grense, deur God gestel, verbreek. Daaruit het slegte gevolge vir alle mense voortgekom: die sondvloed het hulle weggesleur.

Tog het die mens na die sondvloed sy derde kans gekry. Die HERE het 'n verbond gesluit met Noag en alle mense dat Hy nie weer die mensdom deur 'n sondvloed sal uitwis nie (Genesis 9:9-11). God het in Noag 'n nuwe begin gemaak met die hele mensheid. Opnuut het Hy 'n relasie tot stand gebring. Let op die feit dat amper alle gebooie wat Adam ontvang het ook vir Noag gegee is (vergelyk Genesis 1:28 met Genesis 9:1,2). Maar Sy woorde is aanduiding daarvan dat die sonde altyd swaar sal druk (Genesis 9:5!).

Tog het die mens opsetlik ook hierdie derde kans verspeel.

Hulle het vir hulleself die toring van Babel gebou. Hulle het opnuut 'n relasie aangegaan met Satan, wat vir die hele mensheid gelyke gevolge gehad het. Hulle is versprei oor die hele aarde (Genesis 11). Maar veral het hulle die relasie met die HERE verloor saam met die besondere openbaring! Die HERE het nie langer van mond tot mond met hulle gepraat soos Hy dit met Adam en Noag gedoen het nie.

Die HERE is as 't ware deur die mensdom gedwing om opnuut te begin. Dit het Hy gedoen, maar Hy het slegs een enkele mens gekies wat sou uitgroei tot 'n groot volk: Abram (Genesis 12).

Ons moet goed verstaan wat hierdie belangrike gebeurtenis ingehou het. Voor die optrede van die mense van Babel was die HERE gewoond om Homself aan die mens te openbaar deur Sy Woord, deur Sy werke en deur die skepping. Maar na die ramp van Babel het dit nie meer so gewerk nie. Ja, Hy het Homself nóg in Sy werke en in die natuur geopenbaar (Handelinge 14:17, 17:25-28), maar nie meer in Sy Woord nie. Die Woordopenbaring het slegs tot Sy volk, die nageslag van Abraham, gekom (vgl. Hebreërs 1:1; Eksodus 33:11; Numeri 12:6,8 en baie ander gedeeltes van die Ou Testament).

Dié Woordopenbaring het plaasgevind sodat die verbond wat die HERE met Abram opgerig het, sou bestaan (Genesis 17). Die inhoud van dié verbond is 'n pragtige belofte van die HERE om Homself aan Sy kinders te gee: "Ek is God, die Almagtige; Ek sluit My verbond met jou; alle volke van die aarde sal in jou geseën wees" (Genesis 17:2; 12:3).

Hierin tref ons ook aan die verbondsverpligting van die bondelinge: "Lewe naby My en wees opreg!" (Genesis 17:1).

In hierdie paar woorde lê opgesluit die besondere relasie tussen die HERE en Sy volk Israel.

Daarom kon Israel elke dag vertrou op die HERE, op voorspoed en op baie seëninge.

Maar die ander volke, d.w.s. die hele mensheid apart van Israel het buite hierdie relasie gestaan. Hoewel die HERE Homself ook teenoor hulle nie onbetuigd gelaat het nie het Hy hulle oorgelaat aan hulle eie gedagtes, verlangens en begeertes. Daarom het al daardie volke (die mensdom buite Israel) vir hulle self verlossings-maniere gesoek.

Beteken dit dat in alle religies heilsweë te vinde is? Inteendeel!

In die ware religie is die regte verhouding met die HERE en die regte wedersydse gedrag (wat deur Hom moontlik gemaak word en op ons betrekking het) baie belangrik.

Maar in die valse religies geld die prinsipiële beginsel dat die mense probeer om op watter manier ook al hulleself te red uit lyding en rampe ens. Ons kan dit noem die poging om vir hulle self 'n beter lewe te soek.

Ons kan baie eienskappe van die ware religie noem.

F die Godsnaam

F die Vaderskap van die HERE

F die kindskap van die gelowiges

F God as Skepper

F die HERE is naby Sy kinders

F die HERE is die Bruidegom van Sy volk

F die HERE gee Homself aan Sy kinders

F die HERE offer Sy Seun vanweë die sondes van die mense

F die HERE gee Sy Gees aan Sy volk

F die HERE verlos van die sonde en van die dood

F die HERE vergewe die sondes

F die HERE openbaar Homself regstreeks aan Sy kinders

F die HERE open vir hulle die poort van die ewige lewe

Ons moet hierdie eienskappe van die God van die ware religie goed onthou (nog baie meer kan genoem word!) as ons nou-nou begin praat oor die gode van die Afrikamense.

Wat is die verpligtings van die ware religie?

Dit is gemaklik om hierin insig te verkry, as ons die eienskappe van hierbo onthou. Die woord wat die hart daarvan aandui is liefde, wat gevolg word deur absolute gehoorsaamheid en geloof en betroubaarheid en offerbereidheid teenoor die HERE, mét die diepe begeerte om Hom te dien, én die wil om na Sy Woord te luister.

Ons sal later sien hoe dié verpligtings deur die Afrikamense opgevat word.

Laat ons terugkom by die vraag wat geloof is. Maar nou sal ons veral oor die heidene praat, d.w.s. oor alle mense wat nie lede van die uitverkore volk (Israel in die tyd van die Ou Testament) is nie en oor hulle wat nog nie die openbaring van die Bybel wat met Jesus Christus gekom het (in die Nuwe Testamentiese tyd) aanvaar het nie.

Heidene is altyd van die HERE geskei. In die begin het hulle nog 'n mate van ken-nis van die diens aan die HERE besit, maar in die loop van die tyd het hierdie kennis bietjie by bietjie afgeneem.

Tog het dié kennis nie heeltemal verdwyn nie, soos die Dordtse Leerreëls van die Gereformeerde Kerke (1618-1619) sê. Na die sondeval het in die mens 'n deel van die lig wat in hom ingeskape was, oorgebly. Maar die mens kan nie deur hierdie deel van die lig gered word sodat hy saligmakende kennis van die HERE verkry en tot Hom bekeer nie (D.L.3/4:4).

Johannes Calvyn noem hierdie lig-gedeelte 'die skeppingslig' of ook wel 'die kiem van die godsdiens'. Daarin vind ons by die mens nog 'n sekere besef van God (ons onthou dat hierdie besef wat by die eerste mens ingeskep was nie heeltemal verdwyn het nie as gevolg van die sonde).

Hierdie 'kiem' word in Latyn genoem sensus divinitatis (besef dat daar 'n godheid is) of ook wel semen religionis (saad van religie).

Die heidenmens het egter hierdie kiem van die godsdiens verbaster. Paulus skryf daaroor met ysingwekkende woorde in Romeine 1:18-32.

Die heidenmens het geen besef hoegenaamd van ware religie nie.

Sekerlik, altyd weer lees 'n mens in die boeke dat antropoloë hulle verbasing uitspreek oor die 'godsdienstigheid'van die heidene. Maar hierdie 'godsdienstigheid' het met die ware religie hoegenaamd geen verband nie.

So kan ons nou kom tot 'n definisie van religie:

Religie is die verbondsverhouding wat die HERE geskep het tussen Homself en die mens. Hy is die sentrum daarvan en belowe aan die mens alle seën wat hy nodig het om sy taak op aarde te verrig. Hy vereis van die mens Godvresendheid en absolute gehoorsaamheid, ook in die religieuse aktiwiteite wat daagliks plaasvind en sy lewe beheers.

Geskematiseerde weergawe van die bostaande

Ou-Testamentiese Tyd

Nuwe Testamentiese Tyd

Jesus Christus

 

 

 

 

¯

¯

¯

 

 

 

 

 

Ewige lewe

of

Ewige dood

Gen. 1 - 5

Religie by skepping en sondeval

Adam tot Noag

Gen. 6 - 11

Religie na sondvloed tot Babel

Noag tot Abra(ha)m

Gen. 12 vv.

Ware Religie

God en Abraham

Here en Israel

tot koms van Christus

¯

Gen. 12 vv.

Valse godsdiens.

Satan en Heidene

OPENBARING

 

¯

Deel van Jode en Heidene glo

 

 

 

¯

® ®

¯

¯

 

 

 

 

Meeste gaan voort in ongeloof en onge-hoorsaamheid en beland in die ewige dood

 

DIE AFRIKA-GODSBEGRIP

Die groot vraag met betrekking tot die Afrikamens lui: wie is sy god?

Die antwoord op hierdie vraag wys vir ons die manier waarop ons kan praat met die Afrikamens, ook die moderne Afrikamens, en hom evangeliseer.

Sommiges beweer dat ons 'n onderskeid moet maak tussen die tradisionele Afrikamens van die platteland en dié wat in ons stede woon en saam met ons werk en wat opgelei is. Maar ons maak 'n fout as ons die verskille (as dié al bestaan!) opblaas. Ook onderrig op Europese manier of die Christelike geloof of kerklidmaatskap in Pretoria of Sandton beteken nie dat hulle die ware geloof van harte aanvaar het nie. Inteendeel selfs. In die teenwoordige tyd, vanaf 1980, kan ons 'n sterk terugkeer na die tradisionele godsdiens konstateer by hulle wat genoem word die 'opgeleides' van Afrika. Ons vind ook dat hierdie 'nasionalistiese trek' teenwoordig 'n sterk groei belewe.

Ons reken bowendien dat hulle Afrikagodsbegrip soseer ontwikkel is dat hulle nie in staat is om die Godheid volgens die Skrif te aanvaar nie.

Daarom sal ons geen direkte onderskeid maak tussen die tradisionele en die moderne Afrika-mens nie.

Die Afrikagodsbegrip kan in 'n paar woorde saamgevat word: as die godheid beskou word as 'n bonatuurlike wese, hét die Afrikamens wesenlik nie 'n god nie.

Ons erken dat baie mense stel dat alle volkere, ook die van Afrika, 'n skeppergod vereer, d.w.s. hulle glo dat die mens deur hulle god of stamgod geskep is. Absolute sekerheid daaroor kan nie verkry word nie. Selfs John Mbiti het dit nie met getuienisse gestaaf nie. Hy loop juis die gevaar om die volkere van Afrika op 'n wes-Europese manier te vergelyk, aangesien hy slegs Westerse begrippe gebruik, wat hoegenaamd geen verband met die Afrikareligies het nie.

Hoewel die Afrikavolke miskien in 'n skeppergod glo, vertoon dié god glad geen gelykenis met die God van die Bybel nie. Selfs Setiloane ('n teoloog van UNISA) sê dat in die baSuthu- en baTswanareligie die god geen 'persoon' is nie, maar 'n 'iets', 'n onpersoonlike, geestelike 'krag' wat alles deurtrek.

Dit is alles vanselfsprekend aangesien die 'skeppergode van Afrika' onstaan het uit die gedagtes van die Afrikamense. Dié gedagtes kan voortkom uit die geloofskiem wat in die mens oorgebly het na die sondeval, maar dit is duidelik slegs 'n menslike 'uitvindsel' wat val onder die oordeel waaroor ons lees in Romeine 1 en wat nie voortkom uit die openbaring van die HERE nie!

Al die skeppergode van Afrika is ver weg en ons kan hulle 'lui', of rustende gode noem, dei otiosi. Dit beteken dat hulle miskien aktief betrokke was by die totstandkoming van die voorouers van die stam of die volk, maar dat hulle hulle onmiddellik teruggetrek het na hul blyplek toe en nie geïnteresseerd is in die lewe en die voorspoed van die lede van die stam of volk nie.

Dit hou geweldige konsekwensies in vir die 'religieuse' lewe van die stam en sy lede. Want hulle sal 'n god wat geen belang meer stel in hul lewe nie vereer nie. Wat help dit om so 'n god te dien en te eer, as hy nie meer aktief (by jou betrokke) is nie?

Daarom word in Afrika ook min kultiese voorskrifte vir 'n gereëlde erediens vir die gode gevind.

Hier moet ons praat oor 'n baie belangrike saak wat ons ook nie moet vergeet nie in ons gesprekke en as ons probeer vasstel hoe om die Afrikamens te evangeliseer.

Dit is noodsaaklik dat ons 'n duidelike antwoord vind op die vraag:

wat is die verskil tussen 'verering' en 'aanbidding'?

As ons met 'n Afrikamens praat oor sy god, veral oor sy gode (voorouers), poog hy altyd om weg te skram van die kern van dié saak. Hy sal sê dat hy sy voorouers nie 'aanbid' nie maar dat hy aan hulle slegs 'eer bewys'. In Zulu word altyd twee woorde vir hierdie sake gebruik. Die woord ukuhlonipha beteken 'om eerbied te betoon'. Die tweede woord, ukukhonza, beteken 'om te dien', en veral 'om te aanbid'.

Dit sal goed wees om van die begin af die verskil tussen hierdie twee woorde goed te verduidelik as ons met die Afrikamens praat en om vir hom te bewys dat sy 'verering' van die voorouers beteken dat hy hulle aanbid!

Op grond hiervan kan ons sê dat die Afrikamens volgens Bybelse spraakgebruik geen god het nie.

Dit is ook nodig om te onthou (en om dit in ons gesprek met die Afrikamens te stel) dat hierdie skeppergode hoegenaamd nie die eienskappe besit wat ons sou kon laat dink aan die eienskappe van die God van die Bybel, die HERE nie.

Die Afrikagode is allermins vaderfigure waarop 'n mens vertrou nie.

Hulle is nie gode wat naby die mens is nie.

Hulle skep en onderhou geen relasie met die mens nie.

Hulle red nie uit sonde nie.

Hulle openbaar hulleself nie aan die mens en praat nie met hom nie.

Hulle vra van die mens geen vertroue, nòg geloof, nòg betroubaarheid.

Hulle soek nie die hart van die mens nie.

Hulle kan gemanipuleer word deur die mens, met towerpraktyke, sodat hulle sý wil doen.

Opsommend kan ons hier, ook as resultaat van breedvoerige ondersoek betreffende die volke van Afrika, vermeld dat die eienskappe van die HERE wat die Bybel noem, nie in die religies van Afrika gevind word met betrekking tot die Afrikagode nie.

Ondersoek het bewys dat die volgende geld:

Voorkoms in die Skrif

Kategorie

Voorkoms in die Afrika-religies

ja

naam van God/god as wesensuitdrukking

nee

ja

God/god as Vader/vader

nee

ja

volk is seun of kind van God/god

nee

ja

mens kan hom beroep op Gods/god se vaderskap

nee

ja

God/god is skepper

ja

ja

God/god is naby aan Sy kinders

nee

ja

God/god is eggenoot van Sy volk

nee

ja

Daar is 'n verbondsverhouding

nee

ja

God/god gee Homself aan Sy kinders

nee

ja

God/god offer Sy eie Seun

nee

ja

God/god gee Sy Gees

nee

ja

God/god bewerk verlossing

min of meer

ja

God/god vergewe sondes

min of meer

ja

God/god gee die ewige lewe

nee

ja

God/god maak Homself bekend (Woordopenbaring)

nee

ja

God/god stel eise wat tegelyk seën is

nee

ja

God/god vereis geloof

nee

ja

God/god vereis trou

nee

nee

God/god kan gemanipuleer word

ja

ja

God vra die hart van Sy kinders

nee

 

Dit is duidelik genoeg!

Die grootste verskil tussen die Afrikagode en die Bybelse God word sigbaar in die name waarmee die Afrikagode benoem word.

Mbiti noem in sy boek 650 name van gode in Afrika, maar slegs enkele daarvan laat werklik sien wie dié gode is. Die name wat hy noem beskryf wel aktiwiteite van die gode (soms is dit natuurverskynsels wat vergoddelik word!) maar selde kom name voor wat aan die Naam van die God van die Bybel laat dink. Vergiffenis en genade en barmhartigheid en liefde, dit alles tref ons nie by die Afrikagode aan nie.

Ons gaan nou konkreet die name van 'n Afrikagod ondersoek om vas te stel hoe sake staan. Ons kies die name wat by die Zulu aangetref word.

Die Zulu het twee name vir hulle god.

Die eerste en bekendste naam is uNkulunkulu. Gewoonlik word hierdie naam vertaal met 'die groot een' maar hierdie vertaling het slegs betrekking op die éinde van die naam, nl. -nkulu, waarin ons die woord -khulu sien. Volgens die groot woordeboek van Zulu (Doke-Vila-kazi) beteken unkulunkulu:

1. The great progenitor of the human race, the great ancestor or ancestral spirit of mankind, who is believed to have created things about him.

2. God; the supreme Deity.

3. (plural) used to indicate pagan divinities.

Die tweede vertaling kan ons tersyde stel want dié het slegs betrekking op die moderne gebruik van die naam as weergawe van die God van die Bybel; maar dit het geen betrekking op die oorspronklike betekenis nie.

Die derde vertaling spreek vanself: dié naam is gebruik net soos die Ou Testament die Hebreeuse naam Elohim gebruik het om die heidense afgode te benoem.

Maar die eerste vertaling is die regte een.

Die naam uNkulunkulu beteken umkhulu kamkhulu, dws. 'die oupa van my oupa'. Dit hang saam met die tydsbegrip van die Afrikamens. 'n Zulu sien steeds vier geslagte: Hý (vandag se Zulu) ken sy oupa; dié het sý oupa geken en oor hom vertel. Dit hou in dat die Zulu van vandag óók sy oupa-se-oupa ken. Op die manier is die naam unkulunkulu gevorm: umkhulu kamkhulu.

Die tweede naam is baie duidelik: uMvelinqangi, wat beteken: 'hy wat as eerste tevoorskyn gekom het'. Dit is die aanduiding van die eerste voorouer van die Zulunasie. Volgens die mitologie van die Zulu was dit uMvelinqangi wat die eerste Zulu's gevorm het 'in die riete'.

Die meerderheid Zulu's van vandag gebruik gewoonlik nie meer hierdie naam nie maar wél die naam uNkulunkulu, omdat die sendelinge die gewoonlik gebruik het as hulle vir die Zulu's preek oor die HERE, die God van die Bybel (vgl. Eksodus 3:14).

Maar as ons met hedendaagse Zulu's wat teruggekeer het na die ou kultuur praat oor hulle god, hoor ons dat hulle die naam uMvelinqangi gebruik en bepleit, terwyl hulle ook beweer dat alle godsdienste gelyk is ("God is een"!!!) en alle mense na die ewigheid lei. Dit word geleer by die meeste universiteite in ons land, veral by UNISA (óók in die vak Bybelkunde!!).

Ons moet ook onthou dat 'moderne' Zulu's/Afrikamense dikwels aangetref word in die stedelike gebiede en dat baie van hulle terugkeer na die ou geloof. As voorbeelde kan ons die volgende noem:

die afrigter van die "Bafanabafana", Philippe Troussier ('n Fransman) is (waarskynlik onder invloed van die span-leiers!) deur 'n isangoma in die bloed van 'n bok gewas om sy 'sukses' met die Bafanabafana te verseker.

Mandela is amper deur 'n swerm bye gebyt in die Transkei - volgens die izangoma was dit 'n waarskuwing dat sy voorouergeeste ontevrede is oor Mandela.

Hoewel hy gesê het dat hy daarin nie meer glo nie, dink baie mense nog wel op dié manier.

Kortliks kan ons sê dat ook die name wat Afrikamense gebruik as aanduiding van hulle gode duidelik aantoon dat die Afrikamens geen wérklike god het nie.

VOOROUERGELOOF

As daar dan nie 'n egte god in die Afrikareligies is nie, wie word dan aanbid? Want op die hele aarde vind ons dat alle volkere 'iets' of 'n 'wese' het tot wie hulle bid in lyding en teenspoed en probleme. Dit is 'n gevolg van die 'oorgeblewe lig' in die mens na sy sondeval.

Maar dit beteken nie dat ons in dié 'lig' 'n aanknopingspunt sou hê vir die prediking van die Evangelie nie. Want daardie gode wat hulle aanbid kan op geen manier vergelyk word met die Lewende God nie.

Daarom is die antwoord op die vraag "vir wie aanbid die Afrikamense?" kort en spreek dit vanself: die aanbidding van die Afrikamense het betrekking op die voorouergeeste, d.w.s. op die siele van die afgestorwenes, die geeste van die voorouers, tot in die vierde geslag!

Die gewoonlike gedagtegang van die Afrikavolkere is soos volg: as 'n mens sterf gaan sy siel, of sy gees, uit hom uit. Daar is verskeie gedagtes ten aansien van die plek waarnatoe die siel na die afsterwe gaan, maar die algemene gedagte van alle Afrikavolkere is dat die siel nie blywend uit die aardse samelewing verdwyn nie, maar terugkeer na sy familie toe. Ja, dit gebeur dikwels dat die siel die drywende krag is agter die belangrikste handelinge van sy familie.

Daarom kan ses maande of 'n jaar verloop na die afsterwe totdat hulle 'n offer (fees) vir die gestorwene hou; by dié offerfees word 'n bees of 'n bok geslag.

Ons moet onthou dat enige slagtery by die (offer)fees van 'n Afrikamens (hetsy by 'n bruilof, of by mondigwording, of by die geboorte van 'n baba) verband hou met die diens aan die voorouergeeste.

By dié offerfees word die weduwee van die afgestorwene gereinig, deur die gal van die bees of die bok wat vir die oorledene geslag word, sodat sy (én die gemeenskap deur haar!) nie langer vatbaar is vir die verontreiniging deur die dood nie.

Deur die Nguni-volkere (Zulu's en Xhosa's en Ndebele's en Swazi's) word hierdie offerfees gekenskets as ukubuyisa idlozi , d.w.s. dat die oorledene teruggebring word na sy familie toe - hoewel baie mense sê dat ukubuyisa gelykstaan aan 'binnebring in die plek van die afgestorwenes' (abaphansi - 'die wat onder is').

Mense van teenwoordig wat 'geleerd' is praat gewoonlik nie meer van 'n ukubuyisa nie. 'n Vergelyking word getrek met 'n blanke gewoonte as hulle dit noem 'die onthulling van die grafsteen', as dié op die graf geplaas word. Maar in werklikheid is hierdie 'onthulling van die grafsteen' niks anders as die ukubuyisa-seremonie nie.

Ja, die siel van die oorledene word na sy stat teruggebring. Hy (die siel) oefen 'n groot invloed uit op hulle wat agtergebly het, hy reguleer hulle hele lewe en hulle sê: "Hy beskerm ons teen allerlei siektes en rampe". Hulle praat ook nie van die 'siel' nie, maar van die oorledene self. Hy beïnvloed hulle deur sy 'gedrag' sodat hulle op sekere tye vir hom slag. As hulle dit nie doen nie kan hy kwaad word vir hulle, hulle allerlei dinge laat oorkom en hulle seermaak.

Daar is baie Afrika-kerke en antropoloë en teoloë en missioloë wat beweer dat die voorouerverering van Afrika aanvaarbaar is as 'die gemeenskap van die heiliges'.....

Onthou ook wat ons gesê het ook die manipulasie van die gode deur die mens! Siele, amadlozi wat teruggebring is na hulle familie, moet werk! D.w.s. hulle moet doen wat goed is vir die voortbestaan van die familie of van die stam.

Die Zulu noem die gees van 'n oorledene idlozi of ithongo. Die woord idlozi is 'n goeie aanduiding van wat en hoe die 'siel' is. Want in hierdie woord tref ons die werkwoord ukudloza aan, wat beteken 'om óm te sien na', 'om te sorg vir'.

Die idlozi word vereer en gedien, d.w.s. hy word aanbid. Daar gebeur niks in die familie nie sonder om die idloizi te raadpleeg. Die idlozi kan self die verering inisieer deur hom/haar aan die lewendes te openbaar (gewoonlik in drome). Maar dit kán gebeur dat hy/sy nie (vinnig) antwoord as daar tot hom/haar gebid word nie, of hy/sy kan sy toorn laat blyk deur siekte of teenspoed wat oor die lewendes kom. In dié geval gaan hulle na die isangoma om die idlozi te raadpleeg. Die idlozi word so gedwing om te sê waarom hy/sy toornig is.

Die geloof in die voorouergeeste is só sterk dat ons nie kan sê dat hulle slegs gerespekteer word nie! Nee, ons moet sê dat die mense in hulle glo.

Die Afrikamens offer aan sy voorouers deur 'n bees of 'n bok in die veekraal te slag. Die vleis word deur die familie geëet, wat sê: "ons eet vir hulle" en vertrou dat die idlozi hulle gunstig gestemd sal wees.

Ons kan (ook op grond van ondersoeke in stedelike gebiede) seker wees dat selfs vandag nog baie Afrikamense in dié gebiede, wat ook reëlmatig kerk toe gaan (by watter kerk ook al) nog steeds offer aan die voorouergeeste deur vir hulle te slag, wat bewys dat hulle blywend glo in die mag van die voorouergeeste.

Daar kan verskille wees in die 'feeste' van sommiges, maar hulle aanbidding is nog steeds gerig op die voorouergeeste.

Dit is noodsaaklik om te weet wat bedoel die Afrikamens met die nog steeds geprakti-seerde voorouerverering. Ons kan dit slegs verstaan as ons goed weet wat die gemeenskap vir hulle beteken. Hier raak ons aan die begrip ubuntu.

Die woord ubuntu is goed bekend maar dikwels weet mense nie wat dit in wese bete-ken nie. Ons gaan nou probeer uitvind wat ubuntu vir die Afrikamens beteken.

Ons kan die Afrikamens nie lossien van sy gemeenskap nie. Hy maak daarvan deel uit, d.w.s. dit beteken álles vir hom. Sy familie (wat almal insluit, soos sy oupa en ouma, sy ooms en sy broers ens.; ja, daarby word gereken sy hele geslag!) is die kring waarbinne hy leef. Sy hele lewe vind binne die familie/sibbe plaas, vanaf sy geboorte tot sy mondigwording (dink aan die bergskole waarin die baSuthu opgeneem word) en sy huwelik, ja, ook sy afsterwe en sy begrafnis.

Hierdie gemeenskap sorg vir hom, beskerm hom teen alles wat sleg is (vgl. die 'beskerming' van korrupte amptenare: 'ons mense' word nie in die steek gelaat nie!. Vgl. ook wat gebeur het met sekere ministers, wat dalk uit hulle poste ontslaan is: hulle 'saak' het nooit by die regbank uitgekom nie!).

Ook al woon 'n Afrikamens dalk in Sandton of Brooklyn, hy is en bly 'n lid van die gemeenskap waarbinne hy gebore is en hy het deel aan alle aktiwiteite. Daarom gaan 'n Afrikamens gewoonlik na die begrafnis van 'n familielid, selfs al is dit ver weg. Want deur sy aanwesigheid by dié begrafnis verwerf hy vir homself die aanwesigheid van die gemeenskap by sy eie begrafnis as hy eendag sterf.

Daar is nog iets anders met betrekking tot die hedendaagse Afrikamens, of hy nou in die stad woon of op die platteland: Hy voel in sy hart dat hy deur die gemeenskap a.h.w. gedwing word om sekere (godsdienstige) gebruike te onderhou.

'n Spreekwoord lui: udlala ngegeja kuziliwe; vertaal: 'hy speel met die skoffelpik terwyl daar gevas word'. Dit het betrekking op iemand wat voortgaan met sy normale werk terwyl die hele gemeenskap in 'n rouproses verkeer. Dié persoon plaas homself buite die gemeenskap as hy nie saamtreur nie en hy beëindig self sy lidmaatskap van die gemeenskap.

Die Afrikamens soek sekuriteit by die voorouers. Maar dit is sekuriteit insake áárdse sake. Dit word duidelik as ons kyk na die sake waarom in gebede gevra word: altyd het dié te make met die lewe van nou. Hulle soek gesondheid en lewenskrag en voorspoed/geluk en reën op sy tyd, geleentheid om te ploë, te plant en te oes, kinders (wat hulle manlikheid/ vrugbaarheid bewys), vandag ook werk om genoeg geld te verdien sodat hulle 'n woonplek kan bekostig en geleerdheid en slimheid vir hulle kinders kan bekom, ens. Sonder al hierdie sake is die lewe vir die Afrikamens nie lekker nie!

 

DIE HART VAN DIE SAAK

Teenwoordig loop jy gevaar om uitgemaak te word vir 'n 'rassis' as jy iets 'slegs' sê oor die Afrikamens. Tog sal ons dit nou moet doen, maar ons sal alles probeer om selfs die geringste diskriminasie uit te sluit. Ons móét egter oor hierdie saak praat, want dit het lang wortels wat diep ingeplant is in die harte van die Afrikamense, meer nog as die aardse sake waaroor ons hierbo gepraat het.

In die eerste plek sal ons moet noem die mees-voorkomende opvatting van liefde in Afrika. In die Bybel is daar 'n verskil tussen drie soorte liefde wat genoem word: agapè en eros en filia.

Die eerste soort, agapè, is verbonde aan die liefde wat van die HERE afkomstig is (Romeine 5:5) en in die hart van die Christen uitgestort word deur die Heilige Gees (Galasiërs 5:22). Hierdie liefde is afbeelding van die wyse waarop die HERE die mens liefhet. In dié liefde is daar offerbereidheid en diensvaardigheid. Ons tref hierdie wil aan in Matteus 5:44, waar Jesus ons leer om ons vyand lief te hê deur vir hom te bid.

Die tweede soort liefde word eros genoem. Dit is die drang tot geslagtelike omgang, asook die begeerte na geluk en selfbevrediging. Dit is 'n ander soort liefde as die agapè, ja, is teengesteld daaraan. In die Bybel word hierdie woord eros nie een enkele keer gebruik vir die liefde wat die HERE vir Sy kinders koester nie. Inteendeel: in Grieks (in die Septuagint) word hierdie woord slegs gebruik vir die 'owerspel' van hulle wat afgode dien! Bowendien is dit opvallend dat hierdie woord nie een enkele keer in die Nuwe Testament gebruik word nie.

Die derde soort liefde word filia genoem. Dit is die verlange wat iemand na kos kan hê (Genesis 27:4), of ook wel die liefde van 'n pa vir sy kind (Genesis 37:4). Hierdie woord word ook gebruik vir 'om te kus' (Genesis 27:27 - Isak kus vir Jakob).

Dit is skokkend dat agapè in Afrika nie regtig voorkom nie! Maar na alles wat ons hierbo geleer het is dit verstaanbaar dat goddelike liefde vir die mensheid nie voorkom nie. En ons kan dieselfde sê van die menslike antwoord aan sy god. Dié antwoord het geen verbindingslyne met die woord agapè nie.

Dit is die rede hoekom oorgawe en diens aan die godheid nie in Afrika gevind word nie.

So staan dit ook met die liefde tussen man en vrou. In Afrika kom die vasberade oorgawe aan die ander nie voor nie. Dit blyk vanaf die eerste keer dat 'n Afrikaman 'n vrou raaksien en haar begeer (vgl.Matteus 5:27). Die seksuele element blyk onmiddellik. Vanaf die eerste dag wil hy by hierdie vrou slaap.

Ons kan hiervan 'n waar-gebeurde voorbeeld noem: 'n Afrikaseun het 'n blanke meisie liefgekry. Vanaf die eerste dag het hy daarop aangebring om met haar gemeenskap te hê. Elke dag het hy kondome saamgebring en toe sy hom weier sê hy: "om jou ontwil het ek van baie ander meisies afgesien om jou te kry"....

N.B.: soortgelyke voorbeelde kom net so onder die blankes voor maar die gedrag van hierdie Afrikaseun verklaar die geslagtelike omgang van Afrika wat selfsugtigheid en eieliefde en bevrediging van eie liggaamlike begeerte aan die lig bring, sonder dat ook maar een enkele keer aan die leed, die behoeftes en die verlangens van die ander party gedink word.

Hier het ons ook die grootste oorsaak van die voorkoms en uitbreiding van 'Aids' by die Afrikavolke. Slaap-met-wie-ook-maar kom oral voor onder jong mans wat gewoonlik weier om kondome te gebruik. Ook (getroude) mans wat dikwels met ander vroue omgang het weier almal om kondome te gebruik met die argument dat dit hulle lusbevrediging beperk.

Dit is duidelik dat op hierdie wyse onderlinge vertroue met die godheid of met ander mense, afwesig is, veral ook in die huwelik tussen man en vrou. Die Afrikagemeenskap word deur wantroue geregeer.

Dieselfde moet gesê word oor betroubaarheid. Dit blyk veral in die onbetroubaarheid van getroudes in Afrika.

Dit hang saam met die feit dat daar in die godsdienste én in die samelewing van Afrika geen sondebegrip bestaan nie. Die noodsaak om jou skuldig te voel as jy 'n (seksuele) verbintenis aangaan met 'n ander man se vrou bestaan nie. As haar man jou nie op heterdaad betrap nie, is jy nie skuldig nie!

'n Ander saak wat in die Afrikasamelewing nie voorkom nie is dankbaarheid. In die Bybelse godsdiens is dit juis baie belangrik. 'n Mens sal dankbaarheid voel ten opsigte van God en sy naaste (vgl. Genesis 40:14; II Kronieke 32:25; Romeine 1:21; 16:4; Efesiërs 5:20; Kolossense 1:3). Maar in die Afrikasamelewing kom dit nie voor nie. Die gode en die voorouergeeste word nie bedank nie! As hulle maak wat vir hulle gevra is deur die mense, doen hulle dit omdat hulle 'n plig het ten opsigte van die nog-lewendes. Want hulle word 'betaal' of 'vergoed' deur die offers wat vir hulle gebring word.

Dié is ook die eerste en belangrikste oorsaak van die feit dat daar geen dankoffers voorkom onder die Afrikamense wat in Jesus Christus glo nie. Nee, ons verwerp hier nie hulle geloof nie! Maar ons blameer die manier waarop baie sendelinge die Evangelie aan hulle verkondig het. Ons moet hierdie saak grondig onder die oog sien waar ons die begeerte het om die Afrikamense te evangeliseer. Want ons sal die skade wat alreeds aangerig is moet neutraliseer, asook voorkóm dat diegene wat sal luister na die Evangelie, waarmee ons hulle sal benader, dieselfde skade oploop.

Dit is bedroewend dat die prediking van die Evangelie onder die Afrikamense baie dikwels slegs verband gehou het met die onderhouding van wette, d.w.s. dikwels is veral verkondig dat die geloof moet uitkom in die dade van die mense, soos dat hulle nie mag rook, of drink, of hoereer nie, of dat hulle goed moet werk (op die Europese manier!!) of dat hulle slegs die uitwendige verlangens moet wys! Maar die hartsgesteldheid, wat die werklike oorsprong is van alles wat uit die hart voortkom, is nie verduidelik of onderstreep nie. Die wesenlike relasie wat die HERE tussen Homself en die mense tot stand gebring het deur hulle uit te verkies tot die geloof, is nie voldoende na vore gebring nie. Daarom is ook die noodsaak van egte gevoelens van liefde en verbondenheid met die HERE wat 'n mens moet hê en vertoon vanweë die diepe, nederige dankbaarheid, wat in sy hele lewe, sy dade en sy woorde tot uitdrukking moet kom, nie verduidelik nie. Dit lê presies so ten aansien van die onderlinge menslike verhoudings, want die tweede gebod is gelyk aan die eerste (Matteus 22:39).

Laat ons 'n paar voorbeelde noem.

Die manier van vrywillige dankoffers in die Gemeente is nie regtig aanvaarbaar nie in die Afrikagemeentes. Dit is onbekend dat daar 'n verpligting tot dankbaarheid is as die mens wil getuig van die HERE dat Hy gedank moet word vanweë Sy grenselose genade.

Om dankoffers te bring as 'n lidmaat van Christus se liggaam, sodat die predikant 'n behoorlike traktement kan ontvang, is nie regtig bekend nie, ja, dit word soms selfs teengestaan.

Daar ís gemeentes waar regtig geoffer word (bv.ZCC-Moria) maar die vraag kan gevra word of hierdie offers voortkom uit offerbereidheid, of dat dit 'n manier is om sake wat die mense wil hê, soos genesing en geluk, by die kerk te 'koop'.

Sekerlik, daar word regtig geoffer as daar miskien 'n lidmaat is wie se huis afgebrand het, of een wat deur 'n kalamiteit getref is. Maar ons kan sê dat dít eerder voortkom uit die ubuntu-gedagtegang as uit die dankbaarheid vir redding uit sonde en siele-dood.

Ons noem hier as voorbeeld die Goeie Vrydag-byeenkomste wat geliefd is by Afrikachristene (ook hier verwys ons na die Paasbyeenkomste van die ZCC-Moria). Dergelike byeenkomste is so in swang omdat hulle sterke ooreenkoms vertoon met begrafnisse. Ook die nagtelike byeenkoms (nagwake) word met 'n tradisionele naam benoem, nl. umlindelo. Dié is (en word) altyd gehou by sterfgevalle.

Maar daar is nóg iets wat ons goed moet verstaan.

By hierdie (Goeie Vrydag-)byeenkomste vind, ook by Gemeentes van die Gereformeerde Kerke) groot maaltye plaas. Die vleis wat geëet gaan word, is gewoonlik nie gekoop by 'n slaghuis nie, maar is van beeste wat geslag word. In die lig hiervan kan ons, ja, móét ons vra: wat gebeur met die bloed en die gal van dié beeste? En wat is die rede dat baie van hulle weier om vleis te gebruik wat uit die slaghuis kom?

Bowendien moet ons onthou dat hierdie beeste gekoop word met geld wat geoffer word deur die lidmate, wat nie kla nie, ook al kos dit baie geld! Daarenteen is dit baie moeilik om vir hulle te leer om maandeliks of weekliks hulle kerklike bydrae te gee.

Die belangrikste resultaat van moralistiese prediking, wat gewoonlik gehou word, is die aansluiting by die onderhouding van voorskrifte wat dikwels voorkom onder die mense van Afrika. As (deur die ampsdraers) iets voorgeskryf word, wat verbind kan word aan 'n voorskrif hetsy van die voorouergeeste of van die gemeenskap, word dit nagekom en onderhou, of hulle daarvan hou al dan nie. Want as jy 'n opdrag van jou gode of van die gemeenskap weier, begewe jy jou in die gevaar om jou geluk te verloor.

Daarom sal dit beter wees as ons geen 'wette' wat in wese onbelangrik is stel, wanneer ons die Afrikamense evangeliseer.

 

DIE EVANGELISERING VAN DIE AFRIKAMENS

Dit is ons eintlike onderwerp. Al die bostaande is egter noodsaaklik om die Afrikamens op die regte manier te evangeliseer.

Dikwels kom onder Afrikamense sinkretisme voor, dws. tradisionele en moderne heidense sake word vermeng met terme en begrippe van die Christendom. Sodanige sinkretisme het geweldig toegeneem in ons land. Steeds word gestel dat, volgens die sensus-uitslae, 70% van die Afrikamense Christene is. Maar dit is 'n sprokie! Nee, dit is nie die sensusopnemers wat te blameer is nie!, maar die mense self, wat sê dat hulle Christene is, terwyl hulle dit nie is nie. Die meerderheid van hulle sê so omdat dit deesdae gewoonte is om as 'Christen' bekend te staan én omdat hulle dink hulle ís Christene aangesien hulle name in die boek van die kerk geskrywe staan, of omdat hulle soms 'n kerk besoek. Baie van hulle is lidmate of besoekers, wat ook eendag in die verlede gedoop is in een of ander gemeente, of hulle het by die Sioniste aangesluit toe hulle siek was en by dié kerk genesing gevind.

Sekerlik, daar is baie van die Afrikamense wat werklik in Jesus Christus glo. Maar daar is baie ander Afrikamense wat lidmate van kerke is volgens die boeke, maar nie in werklikheid nie! Baie van hulle besoek dienste van die Onafhanklike kerke (AIC) waarvan ons kan sê dat baie van hulle lidmate het wat nog steeds die 'ou' gelowe aanhang, ook al maak hulle gebruik van Christelike woorde, sonder om Christus as die Gesalfde van die Vader en as die Enigste Middelaar aan te neem.

Die Afrikageloof (in die voorouergeeste) gaan saam met hulle opvatting wat betrekking het op die lewe en allerlei ander aardse sake. Dit is ook verbonde aan die gemeenskap, ens.

As ons hulle wil evangeliseer moet ons begin met die Skrif, om die werklike fondament te lê.

Ons begin by die eerste gebod uit die Wet: Eksodus 20:3: "Jy mag naas My geen ander gode hê nie". Hierdie paar woorde maak voldoende duidelik dat vanaf die begin die totale voorouergeloof verwerp word. En hierdie eerste gebod is nie onderhandelbaar nie.

Daarom moet ons nie ontstel raak deur wat baie voorouergelowiges sê, dat hulle die voorouergeeste slegs beskou as bemiddelaars om by God uit te kom. Die amp van Christus as énigste Middelaar (Johannes 14:6; I Timoteus 2:5; Hebreërs 9:15; 12:24) word ontkrag deur die voorouergeloof. Dié amp van Christus bied nie die geringste moontlikheid om selfs maar te dink dat die voorouers gebruik kan word om by God uit te kom nie. Die voorouergeloof is ten volle dieselfde as die Maria-verering in die Roomse kerk.

Ons moet ook nie swig vir die verleiding om te dink dat ander gode werklik bestaan nie. Oor hierdie saak bestaan verskillende opvattings maar die waarheid is dat die HERE ons absoluut verbied om hulle te dien, ook al sou hulle bestaan.

Die Skrif sê dat dit heeltemal verbode is om die voorouergeeste te dien en te aanbid: Levitikus 19:31; 20:6; 20:27; Deuteronomium 18: 11; I Kronieke 10:13; Jesaja 8:19; 19:3; 29:4. Ook gebruikmaking van die isangoma om die voorouergeeste te raadpleeg is verbode.

Ten aansien van die dien en aanbidding van afgode wat deur die mense gemaak is (voorouergeeste is sulke gode!) sê die Skrif duidelik dat dit nie toegestaan is nie: Genesis 35:2; Eksodus 22:20: Josua 24:14; Handelinge 15:20; I Korinte 6:10; 8:10; 10:19; II Korinte 6:16; I Johannes 5: 21; Openbaring 9:20; daar is nog meer sulke gedeeltes in die Bybel!.

Selfs die name van die afgode mag nie genoem word nie: Eksodus 23:13; Josua 23:7; Sefanja 1:5.

Die dien van ander gode word gelykgestel aan die pleeg van owerspel: Eksodus 34:15; Numeri 25:2.

Om voorouergeeste te dien verleen aan hulle 'n posisie bo die mense, maar die Bybel verbied om 'n mens tot god te maak: Esegiël 28:2-10.

Regtig, die Bybel verwerp ander gode heeltemal: Jesaja 41:24, 29; 44:9 vv.; Jeremia 10:15; 51:17,18; Handelinge 14:15; 17:16.

Maar afgesien van die feit dat die Bybel afgode verwerp, mag ons nie vergeet dat dit niks help om in veroordelende sin oor die voorouergeloof te praat nie as dit nie gebou is op Bybelwoorde nie! Ons woorde en ons gedagtes help niks nie en is dikwels eerder 'n struikelblok vir die verkondiging én vir die aanvaarding van die Evangelie van Jesus Christus as dat dit die Afrikamense help om die regte pad te bewandel.

Daarom sal ons nou duidelike raadgewings verskaf in verband met die evangelisering van vooroueraanbidders.

Ons moet nooit óns gedagtes gebruik deur te sê: "Ek sê...", nie. Dit is in stryd met die Bybel self (want ons vind nêrens so iets in die preke wat ons aantref in die boek Handelinge nie). Inteendeel: dit maak dat ons ons doelstelling verloën. Die Skrif leer vir ons duidelik wat ons moet doen. Bestudeer noukeurig Handelinge 14:8-17; 17:22-31.

Altyd as julle verduidelik dat dit niks help om die voorouergeeste te vereer nie, moet julle die Bybel gebruik en voorlees. Dit is nou een keer 'n feit dat die meeste Afri-kamense gewoonlik eerbied vir die Bybel het. Ons weet nie waar hierdie eerbied vandaan kom nie, maar gebruik dit altyd!

Moenie denigrerend oor die voorouers praat nie en moenie die dikwels gebruikte weg betree om die amadlozi 'bose geeste' te noem nie. Hulle ís die voorouers van die mense en daar word met eerbied en 'hartlike' gevoelens aan hulle teruggedink, selfs al dien en aanbid hulle hulle nie!

Probeer altyd om die hart van die saak te raak deur uit te kom by die emosies van die Afrikamens ten aansien van die voorouergeeste en vergelyk dié met die emosies wat 'n Christen voel.

Probeer om 'n eindelose redenasie te voorkom deur inskiklikheid (Filippense 4:5), vriendelikheid (Galasiërs 5:22), sagmoedigheid (Matteus 11:29) en nederigheid (Filippense 2:3). Op die manier kan julle julle beskerm teen enige verwyt van huigelary en rassisme en partydigheid en dergelike. As hulle so iets sou opwerp (wat kán gebeur as julle vordering maak in julle gesprek), bestry dit dan onmiddellik deur hulle daarvan te verseker dat julle hulle heeltemal aanvaar as mense soos julleself en dat dit julle wens is dat hulle julle broeders en susters in Jesus Christus is/word, hetsy in julle huis of in die kerk, en veral dat dit julle begeerte is om saam met hulle hand in hand voor die troon van Christus te staan en die loflied op die Lam te sing (Openbaring 7:9-10).

Probeer sover te kom dat hulle julle vertel waardeur hulle beweeg word in hulle lewens: wat is dinge wat belangrik vir hulle is, en waarop is hulle diepste verlangens gerig? As dit rykdom is, of eer van mense, of 'n goeie werk, of aanvaarding in die gemeenskap wat hulle begeer, gee hulle dan die versekering dat julle daaroor later nog sal praat, maar dat julle nou gekom het om vir hulle te wys op wat bo die aardse sake uitgaan, nl. die Verlosser van die siel en van die hele tydelike en ewige lewe, die Saligmaker Jesus Christus. Gebruik hierby Titus 3:3-5.

Ons sal nou ingaan op 'n gespreksituasie waar dit duidelik geword het dat julle in gesprek is met mense wat dalk die Evangelie sal aanvaar. Dit is baie moeilik om dit vas te stel! Soms sal julle bevinding verkeerd wees. Maar tog moet julle die regte weg om met hulle te praat, vind. Stel julle darem daarop in om die geringste teken daarvan te konstateer. Daarom moet julle hulle ook nie die Evangelie, of die Naam Jesus Christus in die 'gesig gooi nie', terwyl julle nog in die deuropening staan - dit is die metode van die Jehova Getuiges.

Onthou: julle is besoekers. Júlle het die deurklokkie gelui. Húlle is die huisbewoners!

Laat ons nou kyk na 'n manier waarop julle 'n gesprek oor die Evangelie kan inisieer.

Dit sal die beste wees as die besoekspan bestaan uit 'n man en 'n vrou wat saam gaan. Dit is selfs noodsaaklik! Want as die persoon vir wie julle besoek 'n man is moet hy nie gekonfronteer word met 'n dame alleen nie; en as 'n vrou alleen besoek word sal sy 'n man-alleen nie nooi om in haar huis te kom nie.

Julle lui die deurklokkie terwyl julle só staan dat julle sigbaar is. Op dié manier sorg julle van die begin af daarvoor dat die persoon wat besoek word geen wantroue sal koester nie.

Hulle maak die deur oop en groet vir julle. As hulle Engels praat, antwoord julle in Engels!

Sê vir hulle wie is julle. Dit is nie nodig om onmiddellik te sê dat julle namens die Gereformeerde Kerk kom nie!

Vra hulle nou, vriendelik en nederig, toestemming om met hulle oor die geloof in Jesus Christus te praat. Meestal sal hulle julle nooi om in te kom. As dit nie die geval is nie sal dit dalk beter wees om die gesprek onmiddellik te staak en vir hulle tot siens te sê, omdat dit duidelik is dat hulle niks met julle te make wil hê nie. Die oorsake daarvan kan baie wees: dalk vertrou hulle julle (nog) nie; of hulle het dalk slegte ervarings met ander evangelieverkondigers; of hulle het dalk nie tyd nie; of hulle haat dalk vir Christus.

Maar ons gaan daarvan uit dat hulle vir julle nooi om in te kom, asook dat julle op besoek is by 'n egpaar. As dit dalk 'n dame, of 'n man alleen is, gaan die volgende mutatis mutandis ook oor haar of oor hom.

As julle in die sitkamer is, wag vir hulle om die gesprek te begin. By Afrikamense moet 'n besoeker nooit die gesprek aanvoor nie.

As daar langdurig 'oor koeitjies en kalfies' gepraat word probeer dan versigtig om die gesprek so te stuur dat dit beweeg in die rigting van julle doelwit.

Dit spreek vanself dat julle belangstelling moet toon in hulle agtergronde (waar kom hulle vandaan?; bly hulle ouers nóg daar?; waar werk hulle?; het hulle kinders?; ens.). maar dit is nie nodig om breedvoerig te gesels oor werkloosheid en stakings en sport e.d. nie. As julle darem konstateer dat die gesprek in dié rigting beweeg moet julle sodanige vrae stel en antwoorde gee dat julle gou uitkom by die doel van julle koms.

Ons gaan daarvan uit dat hulle vrá na die doel van julle koms. As dit nie gebeur nie kan julle dit self na vore bring. Die manlike lid van die besoekspan (as julle by 'n vrou alleen is moet die vroulike lid die gesprek begin) kan versigtig en vriendelik sê dat julle Gemeente, van die Gereformeerde Kerk, pogings aanwend om kontak te maak met mense wat nog nie kerkgangers is nie. Maak duidelik dat dit gaan oor baie mense wat eensaam is in die stad. Vul dit onmiddellik aan deur te sê dat julle weet dat julle deur Jesus Christus gestúúr is om Hom bekend te stel aan alle mense wat Hom nog nie ken nie.

Vra reguit of hulle Jesus Christus kén?

Natuurlik sal hulle sê dat hulle weet wie Hy is. In ons tyd is daar geen mens in ons land wat nie wéét wie Jesus is nie.

Miskien sal hulle geen verdere verduideliking gee van in hoeverre hulle vir Jesus ken nie.

Daarom sal julle nou eers moet probeer vasstel in hoeverre hulle gelowiges is.

Om dit te doen kan julle maar vra of hulle glo in Jesus Christus.

Julle kan twee antwoorde kry: 'ja', of 'nee'.

As hulle met 'ja' antwoord, volg dan die pad wat julle sal vind in 6.7.

Maar as hulle antwoord lui: 'nee, ons glo nie in Hom nie', moet julle die pad van 6.8 volg.

Maar let op: amper almal sal sê dat hulle gelowiges is. Júlle sal egter moet uitvind of daar waarheid in hulle woorde skuil.

As hulle sê dat hulle in Jesus glo sê dan: "ons is dankbaar om dit te hoor, maar wat betéken Jesus in julle daaglikse lewe?".

Die antwoord op hierdie vraag sal die algehele volgende gesprek beheers. Dit is nie moeilik om uit hulle antwoord af te lei of julle dalk medegelowiges in Jesus Christus gevind het nie. As julle in julle hart voel dat dit die geval is kan julle daarop voortbou. Maar dan moet julle nie 'n preek hou nie. Voer dan 'n gewone gesprek. Natuurlik, ook daarin sal die Evangelie 'n beslissende rol speel, maar julle woorde sal meer 'n bewys van julle onderlinge geloof wees as 'n poging om vir hulle te evangeliseer.

Hier pas 'n ernstige waarskuwing: as hulle lidmate is van een van die 'erkende' kerke (soos die Anglikaanse, Nederduits Gereformeerde, Metodiste of Roomse kerk e.d.), moet julle oppas dat hulle nie gaan dink julle wil lidmate van hulle kerk afrokkel, of dat julle probeer om 'siele' te wen vir die Gereformeerde Kerk nie.

Maar dit sal tog gou duidelik word as hulle nie goed 'bedien' word nie, of dalk verwaarloos word deur die mense van hulle kerk. As dit so is kan julle hulle nooi om julle kerkdienste by te woon.

Maar as julle daaraan twyfel dat hulle ''n broeder/suster in die Here Jesus' is (en julle sal baie goed moet luister om dit vas te stel) vervolg julle gesprek dan deur vir hulle te evangeliseer volgens die lyn van-6.8.

BaSuthu/baTswana sal eerder as Zulu's erken dat hulle nie lidmate van 'n kerk is nie. Die Zulu skram dikwels weg van die waarheid, omdat hy reken dit is 'gesofistikeerd' om te sê dat hy lidmaat van 'n kerk is.

As julle dink dat dít dalk die geval is, vra dan waar hulle kerk toe gaan. As hulle sê "by Sioniste" kan julle die pad van 6.8 volg. Maar as hulle na 'n 'erkende' kerk gaan, kan julle vervolgens vra of hulle elke Sondag kerk toe gaan, of hulle huisbesoek ontvang, en of hulle daar inskakel.

Hier sal julle 'n besluit moet neem of julle moet voortgaan met die gesprek al dan nie. As hulle nie reëlmatig kerk toe gaan nie en as hulle kinders nog nie gedoop is nie, moet julle voortgaan. Want daar is baie 'boeklidmate' wat nie reëlmatig kerk toe gaan nie.

Julle het nou vir julleself besluit dat die egpaar verdere evangelisering benodig. Maar 'n vermóéde dienaangaande is nie genoeg nie. Eers sal dit moet blyk, ook vir hulle self, dat julle hulle posisie reg opgesom het.

Om dit te bereik kan julle die volgende manier van 'ondervraging' toepas.

Vra besonderhede oor die kerk waarvan hulle sê dat hulle lidmate is. Gewoonlik sal hulle antwoorde openbaar dat hulle nie eintlik weet, wie die predikant is, waar die dienste gehou word, en dergelike nie.

As hulle wél besonderhede kan verskaf (soos hierbo) maar julle vermoed tog dat hulle nie wesenlik betrokke is by die kerk nie, vra dan wanneer laas was hulle by hulle kerk, en veral, waaroor die predikant gepreek het. Die antwoorde sal openbaar dat hulle nie 'n benul het van wat in 'hulle' gemeente aangaan nie en dat hulle partykeer die 'besonderhede' uit hulle duim gesuig het!

Stel dit dan vir hulle baie beslis dat julle nou dubbel dankbaar is dat julle by hulle uitgekom het, omdat julle besef dat hulle sonder God deur die lewe gaan en dat dit vir enige mens een van die ergste dinge is.

Hulle staan nou op dieselfde basis as waarop mense staan, waarvan julle van die begin af vermoed dat hulle nie praktiserende Christene is nie (sien 6. 6. 8 ).

Maar julle sal dit ook vir hulle moet laat duidelik word. Dit kan op die volgende manier gedoen word:

Vra vir hulle: "Wie is julle God?".

Hulle antwoord kan lui: dit is uNkulunkulu of uMvelinqangi (Zulu's), uThixo of uQamata (Xhosa's), Modimo (baSuthu/baTswana/baPedi), Tilo (Shangane/Tonga's), Raluvhimba of Modzimo (Venda's). Sorg dat julle dié name 'beheers', want die manier waarop julle sal reageer op die naam sal die voortgang van julle gesprek bepaal.

Sê dan: "Sekerlik, ook ons weet wie uNkulunkulu of Modimo, ens., is. Maar is dit die God van die Bybel? Of is dit 'n afgod van julle volk?".

Hulle sal antwoord met: "Hy is ons skepper", waarop julle moet sê dat hulle uMvelinqangi/unkulunkulu nié die Skepper van hemel en aarde is nie, maar dat hy die voortbrenger (progenitor) van hulle volk is, d.w.s. dat hy die eerste voorouer van hulle volk voortgebring het, of wel die eerste van die amadlozi/ amathongo/badimo/badzimo.

Vra vir hulle, nog steeds beheers en vriendelik, of hulle vir julle sal toelaat om dieper op hierdie saak in te gaan. Gewoonlik sal hulle toestemming verleen aangesien julle al so ver gevorder het. So sal dit die grondslag gaan vorm van julle evangelisering.

Wát julle presies moet sê en verkondig sal ons in hoofstuk 7 bespreek.

Maar gaan (eers) verder deur vir hulle te vra of hulle die voorouergeeste nog dien. As hulle sê dat hulle dit nie doen nie, sal julle julle moet vergewis van die waarheid. Dit kan julle doen deur te sê: "Maar as julle erg siek is, wat maak julle dan? En ons praat nou nie van 'n verkoue nie, maar van 'n ernstige siekte, wat julle 'n isifo sabantu noem ('n siekte van die Afrikamens). Of as julle in gevaarlike situasies beland, bid julle dan tot uNkulunkulu/Modimo/uThixo? Of gaan julle na julle oupa of ouma van wie julle reken dat hy/sy in staat is om julle gebede oor te dra aan julle god, sodat hulle julle bemiddelaars is?".

Hier staan julle op 'n kruispunt. Hulle antwoord sal aan julle openbaar of hulle nog in hulle voorouergeeste glo al dan nie. En die hele verdere gesprek sal gevoer word op grond van hulle antwoord op hierdie vrae.

Hoé julle die gesprek sal moet voortsit kom in hoofstuk 7 aan die orde.

 

DIE INHOUD VAN DIE BOODSKAP

Dié moet ons goed ken. Ons kan natuurlik stel dat ons dit alreeds weet want dit is 'die Evangelie'. Maar hierdie antwoord kan té gemaklik gegee word, want julle sal nie in die eerste gesprek die hele Evangelie aan hulle kan verkondig nie. En die eerste gesprek is beslissend ook vir alle opvolggesprekke.

As julle met hulle kan ooreenkom oor 'n tweede gesprek moet julle die HERE daarvoor dank want dit is Hy wat deur Sy Heilige Gees hulle harte oopgemaak het.

Laat ons nou begin met die lees van Bybelgedeeltes wat belangrik is in gesprekke met voorouergelowiges (bo en behalwe die gedeeltes waaroor ons hierbo al geskryf het) ten aansien van die verbod van die vooroueraanbidding.

Die mense wat besoek word het erken dat hulle tot die voorouergeeste bid as hulle deur rampe en siektes getref word. Ook nou egter moet ons vir hulle nog nie gedeeltes wat dit verbied aanhaal nie. Anders loop ons die gevaar dat hulle ons wegstuur en die gesprek voortydig beëindig word.

Nee, vra vir hulle watter tróós die voorouergeeste vir hulle bied. Hulle sal antwoord dat die voorouers help as hulle vir hulle offer of hulle aanbid of langs die pad van raadpleging wat deur die isangoma plaasvind.

Ons kan hier in die verleiding kom om vir hulle 'n gedeelte te noem wat toon dat die HERE ons verbied om so iets te doen - dit kry ons in Jesaja 8:19-20. Maar ons bêre hierdie gedeelte nog! B.v. vir die stadium dat hulle weier om te erken dat diens aan die voorouergeeste 'sleg' is in die oë van die HERE.

Hier het ons nou geleentheid om 'n pragtige Skrifgedeelte aan hulle bekend te stel waarin vir ons almal gewys word wat opregte geloof in Jesus Christus beteken. Lees vir hulle Hebreërs 11, veral die volgende verse: 2, 11, 17-19, 23, 31-37. Verduidelik kortliks vir hulle dat hier gepraat word oor mense soos hulle en ons. Maar hulle almal het geglo in Jesus Christus alleen.

Sê ook onmiddellik vir hulle dat hierdie mense hulle en ons voorouers in die geloof in Jesus Christus is.

Gaan voort deur te sê: "Wat het hierdie geloofsvoorouers van ons gedoen? Het hulle dalk die gebede van die lewendes geneem en dié na Jesus Christus toegebring? Inteendeel. Laat ons die eerste woorde van vers 12 lees: "Ons het 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons", en verklaar dit vir hulle soos volg: dit is die Bybel wat so praat, ja, die HERE Self praat oor wat ons voorouers in die geloof al dan nie kan doen nie! Hulle is slegs getuies van wat ons doen, d.w.s. hulle kan sien of ons op die HERE vertrou. Maar hulle kan nie afkom om ons hande te vat en ons te lei op die pad van die lewe nie. Nee, ons kan slegs sê dat hulle op die paviljoene sit waar ons en julle hardloop op die atletiekbaan van die lewe, om by die wenpaal uit te kom".

Moontlik sal hulle hier opmerk dat dit gedeeltelik dieselfde is as hulle 'ou' geloof, maar vra vir hulle om net 'n oomblik te wag omdat julle hulle nóg 'n paar verse wil voorlees; lees dan vir hulle die laaste woorde van vers 1, die eerste woorde van vers 2 en vers 3: "Laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof... Hou Hom voor oë. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie". Verduidelik vir hulle dat dit die kern van die hele saak is: In ons lewe moet ons altyd op Christus ag gee. Hy gee vir ons die geloof en onderhou dit. Julle kan sê: "Kyk, dit is die groot verskil tussen die geloof in Christus en die geloof in die voorouergeeste: die voorouergeeste moet na ons toekom en alles hier op aarde vir ons regmaak, maar Jesus het alles klaar reggemaak vir ons in die hemel en op die nuwe aarde. Ons kan voortgaan met ons lewe terwyl ons kyk na Hom wat aan die einde van die atletiekbaan staan. En Hy spoor ons aan deur Sy hande na ons toe uit te strek, deur vir ons die swaar las van die lewe te dra (12:1) en deur die sondelas van ons af weg te neem. Net Hy het die mag, die posisie (amp) en die reg om dit te doen as gevolg van Sy lyding, aangesien Hy die wedloop voltooi het en vir ons almal, wat in Hom glo, die ingang in Sy heerlikheid verwerf het".

As hulle nóg nie gewén is nie deur hierdie mooi gedeelte, kan julle vir hulle Handelinge 14 lees oor wat die HERE van ons vra: nl. dat ons weggaan ván die afgode wat niks is nie, en ons bekeer tót die léwende HERE.

Hierdie gedeelte kan julle soos volg verduidelik: "Paulus en Barnabas is in Listra en Derbe (die eerste dorpe waar hulle nie vir die Jode nie, maar vir die heidene begin preek). Hulle verkondig die Evangelie in dié dorpe tot die oomblik aanbreek waarvan die HERE besluit het dat die Evangelie deur 'n wonder bekragtig moet word. 'n Man wat van sy geboorte af verlam was, word genees. Die mense beskou Paulus en Barnabas as gode en wil vir hulle offers bring. Maar Paulus en Barnabas roep uit: "Moenie, want ons is net sulke mense soos julle; daar is slechts één ding wat die HERE van julle vra: dat julle julle áfkeer ván hierdie nikswerd gode en julle békeer tót die léwende God".

As hulle dit ook nie aanvaar nie moet julle volhou en vir hulle Lukas 16:19-31 voorlees. Dié gedeelte leer duidelik dat 'terugkeer', d.w.s. ook terugbring van die voorouergees absoluut onmoontlik is, en dat dit, selfs al sou dit kón gebeur, tog niks sou uitwerk nie omdat dit nie nodig is nie aangesien ons die Bybel, die Woord van God, besit. En dié sê vir ons presies wat ons moet maak!" Verduidelik dit aan die hand van vers 31: "As hulle na Moses en die profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie al sou iemand uit die dood opstaan" (in die Nuwe Testament beteken "Moses en die profete" die boeke van die Ou Testament - en ons weet wat die Ou Testament leer oor die voorouergeloof!).

'n Ander gedeelte wat belangrik kan wees as ons voorouergelowiges evangeliseer kry ons in Handelinge 17:16-34. Verduidelik dié gedeelte soos volg: "Paulus is in Atene waar die 'wyse' mense ontelbare afgode het (16). In die begin noem hulle vir Paulus 'praatjiesmaker' (18) maar hulle nooi hom tog om vir hulle te preek (19). Paulus gryp hierdie geleentheid met albei hande aan. Maar hy verberg niks nie!

Hy noem vir hulle 'mense wat geen kennis het nie' (23).

Hy sê dat die HERE nie deur mensehande gedien word asof Hy iets nodig sou hê nie, soos die voorouergeeste wat gedien moet word deur die hande van hulle wat agtergebly het, want Hy gee vir almal lewe en asem en alles wat 'n mens nodig het (24-25).

Hy is nie ver weg nie! Ons kan Hom vind, ook al tas ons soos blindes rond (27).

Hy soek slegs een ding van die mens, n.l. bekering (30).

Die grondslag van ons bekering is Jesus Christus wat uit die dood opgestaan het, nie soos 'n voorouergees wat nie sigbaar is nie en soos 'n spook in die drome van die lewendes verskyn, maar Hulle kon Hom tas aan Sy verheerlikte liggaam (Johannes 20:17; 20; 27). Dit is 'n bewys dat Hy lééf. En ook ons sal leef deur die geloof (Johannes 5:24-29; Handelinge 16:31).

As hulle nou nóg nie bereid is om te luister nie kan gedink word dat julle die stryd verloor het..Maar moenie te gou tou opgooi nie. Ons is gewoonlik té gou geneigd om die pad te betree waaroor Jesus Sy dissipels geleer het (Matteus 10:14) omdat ons vergeet dat ons nie praat, soos die dissipels, met Jode wat die HERE geken het voordat hulle vir Jesus ontmoet het nie. Nee, óns evangeliseer heidene wat onder die 'lankmoedigheid' van die HERE staan sedert die sondeval en sedert die toringbou van Babel (Handelinge 14:17; 17:30). Daarom moet julle húlle ook met geduld behandel.

Dit het geblyk dat julle nog steeds nie dele van die Skrif wat die voorouergeloof verwerp, gebruik het nie. Dit is baie beter om dié eers te gebruik nadat julle nie geslaag het in die doel van julle gesprekke nie.

Deurentyd terwyl julle probeer om die mense te wen moet julle hulle die Evangelie voorhou. En dit is 'n 'goeie', blye Boodskap!

As voorbeelde kan julle, uiteindelik, die volgende gedeeltes gebruik:

Julle kan hulle verseker dat hulle op die HERE kan vertrou pleks van op die voorouergeeste (Spreuke 3:5-6; 29:25; Jesaja 8:19-9:1; Handelinge 16:31; II Timoteus 1:12).

Julle kan sê dat hulle die HERE moet vereer pleks van die voorouergeeste (Jeremia 13:16; Maleagi 3:16; Lukas 2:14; Handelinge 12:23; Openbaring 5: 12).

Julle kan hulle aanspoor om die HERE te vrees - wat nié beteken dat hulle met angs bevange moet wees vir die HERE nie, maar dat hulle Hom aanneem, Hom en Sy Seun en Sy Gees en Sy Woord gehoorsaam, by alles wat hulle doen of nie doen nie. Hierdie 'vrees' is heeltemal anders as die 'angs' waarmee hulle bevange raak m.b.t. die voorouergeeste. Want die angs word aangetref by almal wat nie op die HERE vertrou nie (vgl. Deuteronomium 6:24; Spreuke 1:27; Sefanja 1:15; Lukas 21:26; Hebreërs 2:15).

Sê vir hulle dat die HERE naby is, wat die teenoorgestelde is van hulle gode wat ver weg is en geen belang het by die mense nie (Eksodus 3:12; Josua 1:5; Hebreërs 13:5-6; ens.).

Verseker hulle daarvan dat die HERE hulle liefhet (Deuteronomium 32:6; Maleagi 1:2; Johannes 3:16), d.w.s. Hy gee altyd vir Sy kinders wat hulle nodig het (Psalm 55:22; Matteus 6:32; Filippense 4:6).

Die belangrikste van alles is dat die HERE Sy Seun gestuur het om te ly en vir ons ÉN HULLE sondes te sterf. Dit is iets wat onmoontlik is by die gode van die heidene!

Julle kan sê dat julle nog ánder eienskappe van die HERE kan noem wat teengesteld is aan die van die gode en die voorouergeeste, maar dat die bogenoemde voldoende is om hulle te oortuig.

As julle gesprek nog voortgaan is dit dalk beter om voor te stel dat julle hulle weer sal besoek.

Pas op om hierdie voorstel níé te doen as julle op 'n bepaalde punt teenoor mekaar staan sodat hulle nie dink dat julle 'vlug' nie.

As hulle die voorstel aanvaar, probeer dan om met hulle ooreen te kom oor 'n dag en datum in die nabye toekoms waarop julle vir die tweede besoek sal kom. Moenie uitstel nie! Waar die geleentheid hom bied, moet julle dié gebruik. En as julle 'n tweede gesprek sou uitstel, sal julle amper weer van vooraf moet begin as julle mekaar weer ontmoet.

As dit geblyk het dat daar 'n goeie geleentheid is vir 'n tweede gesprek moet julle die eerste een afsluit met gebed. Laat dit 'n hartlike dankgebed wees.

As julle reken dat daar nie 'n tweede gesprek sal plaasvind nie kan julle (natuurlik!) tog bid, maar in daardie geval sal julle die HERE moet vra om hulle harte "sag te maak" sodat die Evangelie wat julle aan hulle verkondig het, sal deurwerk in hulle harte en hulle sal lei op die pad van bekering tot Jesus Christus.

Tenslotte nog iets wat kan help: Maak onmiddellik vir julle self 'n opsomming van hierdie eerste gesprek sodat julle by 'n opvolggesprek kan wys dat julle nog onthou wie hulle is en hoe dit met hulle gaan ens., en veral dat julle die kern van die eerste gesprek nog weet asook die probleempunte wat julle daarin geïdentifiseer het.

 

AFSLUITING

Laat ons die HERE smeek dat Hy ons pogings om Christus voor die oë van die heidene te skilder só sal seën dat hulle voor Hom kniel en Hom aanbid, en dat hulle van ganser harte met ons sal saamstem, dat ons nie anders kán nie as om Hom as die Enigste Verlosser en Saligmaker te aanvaar nie.

Dit sal al ons inspanning regverdig, want dan blyk dat ons dit gedoen het omdat ons nie kán stilbly nie oor die voorreg wat ons het dat ons kinders van die Almagtige God is.

Dan sal ons inspanning om heidene te evangeliseer Sy Naam verheerlik.

En heidene sal die getal van Sy kinders volmaak.

Sodat Hy kan terugkom.

(Openbaring 22:12, 17, en 20).

 

Hierdie is die webblad van Dr Hennie van Wyk. Standpunte op hierdie blad is sy eie of die van outeurs wie se werk geplaas word, in watter geval die standpunte die van die genoemde outeur is.