2003HERINSTELLING VAN DIE
DOODSTRAF
In Junie 1995 het die Konstitusionele Hof bevind dat die doodstraf in
stryd is met die grondwet en dit is afgeskaf.
1.
Die mening van die meerderheid Suid-Afrikaners
·
'n "Informele referendum" is in Suid-Afrika gehou met motorplakkers om
steun te wys vir die herinstelling van die doodstraf.
·
In April 1995 het 'n meningsopname aan die lig gebring dat 80% van die
blankes en 49% van die swartes wat deelgeneem het, die behoud van die
doodstraf steun.
·
Die Konstitusionele Hof was ook daarvan bewus, maar het gemeen die
openbare mening kan nie die plig van die hof om die grondwet te
interpreteer, vervang nie.
2.
Argumente ter steun vir die
afskaffing van die doodstraf
2.1
Die doodstraf druis in teen die volgende vier grondwetlike bepalings:
I.
'n verbod op wrede en onmenslike straf;
II.
die beginsel van menswaardigheid en menswaardige optrede ;
III.
die beginsel van gelyke behandeling voor die reg;
IV.
die reg op lewe
2.2
In die nuwe orde is parlementêre besluite onderhewig aan die Grondwet.
Gevolglik sal selfs 'n parlementêre meerderheidsbesluit om die doodstraf
terug te bring deur die hof in terme van 2.1 se bepalings ongrondwetlik
bevind kan word.
2.3
Veronderstel egter 'n parlementêre meerderheid sou besluit om die Grondwet te wysig, om die herinstelling van die doodstraf moontlik
te maak:
·
Eerstens sal die prosedurele vereistes vir die wysiging van die Grondwet
nagekom moet word.
·
Voorts sal die wysiging uitsonderings op al vier gronde moet skep.
·
Die parlement sal ook die strafproseswet moet wysig om 'n nuwe
doodsvonnisbedeling in te stel. *
·
Die Konstitusionele Hof kan nog steeds vereis dat vir 'n vonnis wat so
drasties en onherroeplik is, hoër standaarde van "billike verhoor" moet
geld. Hierdie standaarde kan die doodsvonnis heeltemal onprakties maak.
·
'n Kortpad is om die Handves van Regte te wysig: sê eenvoudig dat geen
bepaling in die Grondwet die oplegging en uitvoer van die doodsvonnis
ongrondwetlik maak nie. Die Handves van Regte is egter gegrond op
internasionaal aanvaarde beginsels en sal op grond daarvan, moeilik
verander word – enige handves word uiteraard nie eintlik gewysig nie.
2.4
Dit is egter wesenlik belangrik dat die grondwetlike orde in Suid-Afrika
gehandhaaf word, onder meer die vier genoemde grondbeginsels in die
Grondwet. Regter Chaskalson het dieselfde punt in sy Konstitusionele Hof
uitspraak gemaak: "The very reason
for establishing the new legal order and for vesting the power of judicial
review of all legislation in the courts, was to protect the rights of
minorities and others who cannot protect their rights adequately through
the democratic process."
* Onthou dat individuele wette ook aangepas sal moet word om die straf vir
'n spesifieke oortreding te wysig na bv. doodstraf.
Die beskerming van menseregte in 'n land se grondwet, beteken uiteraard
dat alle landsburgers beskerm
word – nie net die "goeies" nie.
3.1
Met die beskerming van menseregte het regter Chaskalson gesê dat ook
sosiale uitvaagsels en mense wat na die randgebied van die gemeenskap
uitgedryf is, beskerm moet word: "It
was only when there was a willingness to protect the worst and weakest of
our society that we could all be secure that our rights would be
protected." Die Konstitusionele Hof het dus ingevolge hierdie
uitspraak 'n plig om die menseregte van die misdadigers ("the worst") en
van hulle slagoffers ("the weakest") te beskerm.
3.2
Die vraag is, in hoe 'n mate word die
slagoffers beskerm?
B
ENKELE PERSPEKTIEWE OP DIE HERINSTELLING VAN DIE DOODSTRAF
1.
Die doodstraf as oplossing vir misdaad
1.1
Die onmiddellike herinstelling van die doodstraf word dikwels gesien as
die oplossing vir ons land se misdaadvraagstuk. Vanuit 'n regsoogpunt
beskou, blyk dit egter hoegenaamd nie 'n uitgemaakte saak te wees dat die
herinstelling van die doodstraf onder die huidige omstandighede, enigsins
'n verskil sal maak aan die toenemende vlaag van misdaad nie.
1.2.
Die doodstraf is in vroeëre jare so min voltrek dat vonnisopleggers oor
die jare weinig of geen sinvolle gevolgtrekking ten opsigte van die
retributiewe effek daarvan kon maak nie. Sedert die bewindsaanvaarding van
die Nasionale Party in 1948 was daar maar slegs sowat 2000 doodsvonnisse
opgelê, waarvan ongeveer 75% voltrek was. Sedert 1989 was daar in elk
geval, vanweë 'n moratorium, hoegenaamd geen sodanige vonnis voltrek nie.
2.
Straf: 'n Oplossing vir misdaad in Suid-Afrika?
2.1
Die gemeenskap van wetsgehoorsame Suid-Afrikaners is onder groot druk
omdat hulle uitgelewer is aan 'n misdaadgolf wat alles en almal oorspoel –
ondoeltreffende polisiëring, gebrekkige regspraktyke en ondoeltreffende
vonnisse is deel daarvan.
2.2
As al die regsprosesse: polisiëring, vonnisoplegging en straf, nie
afsonderlik en in samehang doeltreffend is nie, sal Suid-Afrika se
misdaadprobleem nie opgelos kan word nie. Sonder 'n ingrypende hervorming
van ons regsorde is die herinstelling van die doodstraf irrelevant tot die
oplossing van die misdaadprobleem in Suid-Afrika.
2.3
Werklose en daklose rondswerwers word nie afgeskrik deur gevangenisstraf
of selfs die doodstraf nie – elke dag is immers 'n stryd om oorlewing en
kos en onderdak (in die tronk) is 'n welkome verligting.
2.4
Moet armoede die skuld kry vir misdaad in Suid-Afrika? "Sonder
uitsondering word daar daagliks in ons howe deur vonnisopleggers aangehoor
dat geweldsmisdadigers, huisbrekers, rowers, bedrieërs, ens. werkloos is
en dat hulle dade grootliks deur hongerte gemotiveer was. Die skerp
toename van veediefstal elke jaar voor Kersfees is 'n klinkende voorbeeld
van die feit dat daar vir die pot gesteel word." Só sê 'n landdros wat met
die praktyk te doen het.
2.5
'n Veranderende maatskaplike beleid in Suid-Afrika wys daarop, dat om 'n
persoon uit die samelewing te verwyder en deel van 'n "sisteem van
misdadigers" te maak (tronkstraf), nie suksesvol was nie. Gevangenes
ontsnap wel uit tronke, maar oor die algemeen nie uit die siklus van
oortreding en inperking, of oplossing van ‘n probleem deur geweld nie.
2.6
Uit ‘n studie van motorkapers blyk die volgende:
·
Motorkapings word suiwer as gevolg van die lonendheid daarvan uitgevoer.
Die gemiddelde inkomste vir 'n gekaapte motor is tussen R10 000 en R20
000. Mnr X wat alleen gewerk het en 55 jaar tronkstraf uitdien, het in sy
beste maand R800 000 verdien! (Terloops, hy het 'n BCom graad.)
·
'n Gewelddadige misdaad soos motorkaping ontwikkel uit 'n klimaat van
geweld. Die gebruik van geweld is nie vir kapers onaanvaarbaar nie. Is
daar nie te veel geweld op TV, flieks, in gesinne ens. nie?
·
Motorkapers meen die kans om gevang en gestraf te word in Suid-Afrika is
minimaal. (Doodstraf maak geen verskil aan hulle argument nie.) As hulle
gevang word is hulle gou uit op borgtog. Die oneffektiwiteit van die
strafregpleging word al hoe meer genoem as bydraende faktor tot
groeiende misdaad.
3.
Probleme met polisiëring, vonnisoplegging en straf.
Die volgende probleme verdien dringende aandag:
3.1
Ongeveer 1 uit elke 100 misdadigers word uiteindelik voor die hof gebring.
In 'n sekere landdroshof is daar vir die tydperk 1 Oktober 1999 tot 31
Desember 1999 'n totaal van 926 lasbriewe tot die arrestasie van persone
wat dagvaardigings verontagsaam het, gemagtig. Slegs 32 daarvan is
uitgevoer.
3.2
Sake wat teruggetrek word vanweë karige ondersoeke deur ondersoekbeamptes,
is legio.
3.3
Minderjarige misdadigers moet deur die reg beskerm word, maar 'n
sestienjarige wat aktief deelneem aan huisbraak, gewapende roof, moord of
verkragting, is sekerlik toerekeningsvatbaar. Elke geval behoort op eie
meriete beoordeel te word.
3.4
Sake sloer om afgehandel te word. Hofrolle is tot so 'n mate oorlaai dat
daar sake is wat 4 jaar of meer neem om gefinaliseer te word. Intussen het
belangrike getuies verdwyn, of hulle is reeds oorlede.
3.5
Die paroolstelsel.
3.6
Die toelating van leke assessors in howe.
3.7
Oneerlike regsverteenwoordigers.
3.8
Die (on)kundigheid van landdroste en aanklaers.
3.9
Gebrek aan werksure in die howe.
3.10 Onvermoë van
die Staat om voldoende bewyse teen 'n beskuldigde in te bring vir maksimum
vonnisoplegging.
3.11 Bekentenisse
aan 'n landdros/traumaberader kan tans nie sonder meer as getuienis teen
'n beskuldigde gebruik word nie.
4.
Misdaadvoorkoming en slagofferbemagtiging.
Die klem het die afgelope jare verskuif na misdaadvoorkoming en
slagofferbemagtiging. Onder andere is die Nasionale
Misdaadvoorkomingstrategie gepubliseer. Wette is gewysig om wapens te
beperk en geweld tydens inhegtenisnames te verhinder.
Tans sien ons egter geen effek van bogenoemde maatreëls om geweld en
misdaad te verminder nie. Ons word in teendeel daagliks gekonfronteer met
oneffektiwiteit en korrupsie in die praktyk.
Wat is die werklike oorsake van misdaad? Die regering spandeer miljoene
rande aan die opheffing van armoede – is dit hoegenaamd haalbaar? Wat is
die invloed van dwelms en alkohol, sedelike verval en disintegrerende
gesinstrukture op misdaad? Waar begin 'n mens misdaad voorkom – by
Christelike waardes? Hoe effektief is slagofferbemagtiging en in hoe 'n
mate sal dit misdaad in Suid-Afrika laat afneem? Dit is voorbeelde van die
talle onbeantwoorde vrae.
|
Hierdie is die webblad van Dr Hennie van Wyk. Standpunte op hierdie blad is sy eie of die van outeurs wie se werk geplaas word, in watter geval die standpunte die van die genoemde outeur is.