Wanneer enige beoordeling gedoen word van 'n organisasie of beweging, word dit teen 'n beplaalde agtergrond gedoen. Hierdie beoordeling moet nie gesien word as 'n veroordeling van die persone wat aan hierdie beweging behoort nie, maar 'n beoordeling van dit wat die organisasie self sê.
Hierdie beoordeling word gedoen vanuit die reformatoriese agtergrond. Vir hierdie beoordeling is dit belangrik dat die verlossingsleer soos wat dit vanuit die Calvinisties-Reformatoriese tradisie berus op die 5 "sola's": Sola Fide (slegs die geloof), sola gratia (slegs die genade), solus Christus (slegs Christus), sola Scriptura (slegs die Woord van God) en soli Deo Gloria (slegs die eer van God).
Hieruit glo die skrywer dat Verlossing slegs uit genade is omdat slegs Christus die verlossing bring, dat ons slegs moet glo wat in die Woord van God staan en alles moet doen slegs tot eer van God. Dit impliseer baie duidelik dat die mens geen bydrae kan maak tot sy eie verlossing nie, en in der waarheid nie uit homself kan kies of hy verlos (wil) word nie. Verlossing is slegs die inisiatief en werk van God.
Daar is egter mense wat die Woord van God anders verstaan. Die skrywer verkies om te praat van die Remonstrante, wie se oorsprong reeds meer as 400 jaar gelede was. Die kern van hulle verlossingsleer is dat die mens self die keuse het om te kies of hy wil glo al dan nie. Kerke wat hierdie rigting volg is sterk charismaties en pentakostalisties.
'n Derde groep is die kultegroepe, wat preek dat verlossing slegs moontlik is binne hulle organisasie en net beskore is vir lede van hul organisasie.
Volgens die New International Dictionary of the Christian Church het die Gideons ontstaan na 'n ontmoeting tussem John Nicholson en Samuel Hill in die Central Hotel, Boscobel in Wisconsin, VSA in die jaar 1898. Hulle sou tydens aandgodsdiens tot die besef kom dat hulle dieselfde geloof deel. Die organisasie word die volgende jaar in samewerking met WJ Knights gestig, 'n organisasie bestaande uit reisende mans, en hulle kies die naam Gideons na aanleiding van Rigters 6 en 7, waar die klein groepe Israeliete die oormag van die Mideaniete oorwin het. In 1974 was die ledetal al meer as 30000 werksaam in 90 lande. Hulle hoofdoel is om siele vir Christus te wen, en dit word gedoen deur die gratis verspreiding van die Woord. Plasings het begin in 1908 en het veral gefokus op hotelle, skole, hospitale, gevangenisse, soldate en ander plekke. Werk word gedoen deur vrywillige bydraes, veral van plaaslike kerke.
Op die webblad van Gideons Internasionaal (19/2/2020) staan die volgende: DISCIPLES OF ALL NATIONS
The Gideons International is the result of a meeting between two men who wished to band commercial travelers together for evangelism. What began in 1908 as an Association of Christian businessmen placing Bibles in hotel rooms has evolved into an expanding mission to provide Scriptures to all people in nearly every facet of life. Today, we have taken more than 2 billion Scriptures in more than 95 languages to 200 countries, territories, and possessions across the globe.We exist as an advocate for the lost, to bring them the saving knowledge of the Word through not only placing and distributing Scriptures, but also through personal witnessing and by associating together for service. As a united force for the Gospel, we remain rooted in tradition, but we operate under the firm belief that anyone can be a valuable asset to this invaluable cause. We provide many opportunities to partner with us through either prayer or financial support. Join us, and let's spread the Good News.
Onder die Learn more staan die volgende: More than Missionaries
“Go therefore and make disciples of all nations”… Matthew 28:19
The Gideons International is an Association of Christian business and
professional men and their wives dedicated to telling people about Jesus through
associating together for service, sharing personal testimony, and by providing
Bibles and New Testaments. While we are often recognized for our work with
hotels, we also place and distribute Scriptures in strategic locations so they
are available to those who want them, as well as to those who may not know they
need them.
Die volgende verskyn nie meer op die webblad nie:
The majority of Gideons live and serve in their local communities, making us very effective and efficient because . . .
Nou word die volgende verklaar
One Spirit, One Mind, One Vision Striving Side by Side for the Faith of the Gospel We are God-called members, brothers and sisters in Christ, husbands along with our wives—striving side by side to effectively and joyfully reach the world with the Good News. One Vision means working in one spirit and one mind with these three groups:
Op die webblad is daar 'n afdeling: "Meer oor die Gideons"
Daar word die volgende verklaar: Die Gideons Internasionaal in Suid Afrika bereik dikwels mense wat geen verbintenis met kerke het nie en wat andersins nie bereik sou word vir die Here Jesus Christus nie. Ons is ‘n interkerklike vereniging van Christen sake en professionele manne wat lede is van Protestante/Evangeliese kerke. Baie van ons vroue dien ook in die bediening van die Gideons. Ons lede is daaraan toegewy om mense wat verlore is te wen vir Christus deur persoonlike getuienis en die verspreiding van God se Woord. Ons is ‘n verlengde sendingarm van die plaaslike Protestante/Evangeliese kerke.
Die vraag: IS DIE GIDEONS INTERNASIONAAL ‘N DENOMINASIE OF ‘N KERK? word soos volg beantwoord: Die Gideon is nie ‘n denominasie of ‘n kerk nie! Die Gideons Internasionaal is ‘n organisasie wat die werk van die Protestante/Evangeliese kerke komplimenteer. Ons lede kom van verskeie denominasies, woon regoor die wêreld en deel die begeerte om verlorenes na Christus te sien kom.
Ek het twee gesprekke gehad in 1995 en 1996 met Prof Carlos Gagiano, eertydse president van Gideons Suid-Afrika en Mnr Roelof van Wyk, lid van die Uitvoerende Komitee, na 'n artikel wat in die Kerkblad verskyn het. Na die gesprek het ek ook 'n tweede artikel geplaas.
Indien enige persoon lid wil word van Gideons, moet dit 'n vermoënde sakeman wees. Sakevrouens kan nie lid word nie. Verder moet so 'n persoon 'n getuigskrif van sy plaaslike predikant / pastoor hê alvorens hy 'n lid kan word.
Die Gideons self sê hier dat hulle primêre doel is om verlore siele vir Christus te wen.
Die vraag hier is: wat van die plaaslike kerk?
Indien die plaaslike kerk nie uitreik en deur sending en evangelisasie die Blye Boodskap verkondig nie, doen die plaaslike kerk nie haar werk nie. Hierdie missionêre taak van die kerk mag nie deur 'n organisasie gedoen word nie. Indien die plaaslike kerk wel missionêr gerig is, waar pas die Gideons in?
Hulle stel self dat hulle die werk van die plaaslike kerk komplimenteer. "Komplimenteer" beteken: Begroet, gelukwens, prys, pluimpie gee. (HAT, 1988:595). Sou hulle bedoel komplementeer, is die betekenis: Deur aanvulling volledig maak, die ontbrekende invoeg. (HAT, 1988:595). Sou laasgenoemde hulle bedoeling wees, verklaar hulle dat die kerk nie sy sending en evangeliseringsopdrag uitvoer nie.
Die Gideons maak aanspraak dat hulle interkerklik is. As 'n mens egter die vraag vra hoe siele vir Christus gewen word, is die antwoord baie duidelik: hulle kies die verlossingsleer van die Remonstrante. Die hele metode word uitgespel in die bloekie van Lovett, C.S. 1978: How to be a soul winner.(Special edition of Soul-winning made easy.)
Agter in elke Testamentjie word die volgende woorde geplaas (Beide die Afrikaans en die Engels word geplaas).
Become a Christian Many people are looking for God. If you're one of those people, we'd like to share with you that the Bible has what you are seeking. It contains answers to life's vital questions, and—most important—can help you understand how to have a right relationship with God. Here are some selected verses: |
|
God het u liefGod het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Joh. 3:16 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Rom. 5:8 |
God Loves YouFor God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life. —John 3:16 But God commendeth his love towards us, in that, while we were yet sinners, Christ died for us. —Romans 5:8 |
Almal is sondaars Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God
nie, Rom. 3:23 |
All Are SinnersFor all have sinned, and come short of the glory of God. —Romans 3:23 As it is written, There is none righteous, no, not one. —Romans 3:10 |
God se oplossing vir sonde Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God
gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. Rom. 6:23 |
God's Remedy for Sin For the wages of sin is death; but the gift of God is eternal
life through Jesus Christ our Lord. —Romans 6:23 |
Jy / Almal kan gered word. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur
oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam
met My. Openb. 3:20 |
All May Be Saved Now Behold, I stand at the door, and knock: if any man hear my voice,
and open the door, I will come in to him. —Revelation 3:20(a) |
My besluit om Christus as my verlosser aan te neemEk bely voor God dat ek 'n sondaar is, ek glo dat die Here Jesus Christus vir my sondes aan die kruis gesterf het en vor my verlossing opgestaan het, en nou bely ek Hom en neem Hom aan as my persoonlike Verlosser. |
Receive Christ as Your Saviour NowConfessing to God that I am a sinner, and believing that the Lord Jesus Christ died for my sins on the cross and was raised for my justification, I now receive and confess Him as my personal Saviour. |
..........................................................................
......................................................................... |
..........................................................................
......................................................................... |
Versekering as 'n GelowigeAs jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat
God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons,
en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. Rom
10:9-10 |
Assurance as a BelieverThat if thou shalt confess with thy mouth the Lord Jesus, and shalt
believe in thine heart that God hath raised him from the dead, thou shalt be
saved.—Romans 10:9 Verily, verily, I say unto you, he that heareth my word,
and believeth on him that sent me, hath everlasting life, and shall not come
into condemnation; but is passed from death unto life. —John 5:24 |
Inderdaad word al hierdie verwysings uit die Skrif geneem. In sommige van die Gideons Testamente word selfs die bladsynommers gegee, sodat die konteks nagevors kan word.
Wat egter nie uit die Skrif kom nie, is die opskrifte bo-aan elkeen van die verwysings. Lees 'n mens die opskrifte as deel van God se Verlossingsplan, soos dit inderdaad hier aangebied word, kan die leser gelei word om te dink dat dit die (enigste) wyse van verlossing is.
Daar moet onthou word dat die uitgangspunt van hierdie verlossingsplan is dat die leser 'n verlore siel is. Binne daardie konteks kan as deel van die uitreiking wel van hierdie tekste gebruik gemaak word.
Die probleem is egter wanneer die plan aan 'n gelowige voorgelê word, en daar van hom/haar verwag word om 'n dag en datum van sy oorgawe aan Christus in te vul.
Die Calvinisties-reformatoriese verstaan van God se Woord is dat die God in Sy Almag die mens uitverkies voor die grondlegging van die wêreld (Efesiërs 1). Hy stuur Sy Heilige Gees in die geloof in die mens te wek (Johannes 3 en 1 Korintiërs 4). Hy stuur predikers om die evangelie te verkondig en die uitverkorene reageer (Romeine 10). So is daar geloofsgroei en die mens ontdek (raak bewus) onder verskillende omstandighede dit wat God reeds gedoen het. Indien die uitverkiesing voor die grondlegging van die wêreld plaasgevind het, kan die dade en die keuse van die mens VIR God geen invloed hê op Sy besluit om die geloof aan sekere mense te skenk en ander nie.
Wat die saligheidsplan wat die Gideons egter in hulle Testamentjies preek is dat die mens self die besluit moet neem (ageer of aksie neem). Daar is 'n verkil tussen die Afrikaanse en die Engelse opskrif: Aanvanklik het die Afrikaanse teks ook gesê ALMAL kan gered word, soos die Engelse teks sê. Die Afrikaanse Teks in na 'n gesprek met Dr AGS Venter verander na JY. (In 'n skrywe van Mnr Roelof van Wyk op 29 Mei 1996 meld hy: "As Internasionale Trustee is ons besig om hierdie wysiging wêreldwyd te bewerkstellig". Op 15 Februarie 2012 was hierdie wysiging nog nie aangebring nie, en moet aanvaar word dat Gideons Internasionaal nie bereid is om die wysiging aan te bring nie.) Wat dus hier gepreek word is dat enige persoon en almal wat net hierdie stappe neem, gered sal word. Die werk van God die Heilige Gees word dus onderhorig aan die wil en die besluit van die mens gemaak.
Mag ek vooraf stel dat ek in beginsel niks het teen die verspreiging van Skrifgedeeltes nie. Die meeste Gideons Testamente wat ek onder hande gehad het, het bestaan uit die Nuwe Testament, Psalms en soms Spreuke. Die rede is dat dit 'n goeie begin is in die uitdra van die evangelie en goedkoper is om slegs die Nuwe Testament te druk en te versprei.
In gesprekke met die Gideons en die Bybelgenootskap is bevestig dat die Gideons tantieme betaal vir die teks wat hulle gebruik. Ek verstaan dat die bedrag dieselfde is as wat 'n harde kopie hulle sou kos. In gesprekke met die Gideons het ek die afleiding gemaak dat hulle nie baie gelukkig is met die bedrag nie. My vraag by herhaling was: hoekom nie die Testamente by die Bybelgenootskap koop en versprei nie? Dit sou baie geld spaar waarmee meer Bybels verkoop sou kon word! My repliek op ontwykende antwoorde is dat hulle dan nie hulle embleem voorop kon druk, hulle eie geskiedenis voorin en hulle eie verlossingsleer agter in nie. Dit ontken hulle egter - en bly my 'n antwoord skuldig.
Na my twee artikels in DIE KERKBLAD het ek baie reaksie gekry, almal met min of meer dieselfde trant: hulle doen goeie werk, waarom hulle teëgaan?
My antwoord is eenvoudig:
Hierdie is die webblad van Dr Hennie van Wyk. Standpunte op hierdie blad is sy eie of die van outeurs wie se werk geplaas word, in watter geval die standpunte die van die outeur self is