Hierdie boekie is in verskeie posbusse in verskillende dorpe geplaas. |
Die vraag ontstaan altyd as daar beweer word dat iemand die waarheid het, of dit die waarheid is. Op hierdie blad gaan aangetoon word dat in hierdie boekie een van vele verlossingslere verkondig word. Sekerlik moet daar ruimte gegee word dat mense die Bybel verkillend verstaan en gebruik. Hierdie is geen persoonlike aanval op die skrywer nie, maar ‘n
beoordeling van sy argumente. Dit is nie bedoel om hom verkeerd te bewys
nie, maar ‘n hele aantal onjuisthede reg te stel sodat die leser ‘n
ingeligte besluit kan neem en nie net een kant van die saak hoor nie. Hier word egter in hierdie boekie blatante leuens oor die gereformeerde leer verkondig, soos byvoorbeeld dat die kinderdoop outomatiese uitverkiesing impliseer. Hierdie antwoord is ook beskikbaar in boekvorm wat u kan aflaai en uitdruk. Regsklik op die voorblad, stoor op u rekenaar. U druk dit weerskante op die bladsy en dan word dit gekram en gevou. U kan dit ook aflaai in A4-grootte. Klik hier. U kan my kontak by hennie@ssplus.co.za.
|
Wie verlos? | Onwaarhede | Wedergeboorte |
Die eerste vraag wat gevra moet word, is: wie verlos? Wie se besluit is dit
dat die mens verlos moet word: God s’n of die mens sʼn?
Verskeie plekke plaas die skrywer God in die diens van die mens: die mens neem
sekere besluite en God moet dit uitvoer:
God is nie in diens van die mens nie, die mens is in diens van God. Die mens kan nie God voorskryf om iets te doen nie, en allermins om die mens te verlos.
Die grootste probleem is dat die geskrif deurspek is met onwaarhede – mag ek
dit kras stel: blatante leuens. Ek twyfel of dit doelbewus is, maar aangesien
die skrywer die lesers wil oortuig van die Waarheid, moes hy al die feite reg
gehad het.
Ek lys ‘n aantal onwaarhede:
Stelling: Feenstra |
Beredenering: Van Wyk |
My liggaam is nog dieselfde, maar my nuwe gees is nuut en sonder sonde en in eenheid met Jesus |
Hierdie argument verdeel die mens in drie dele, wat eintlik net een keer in die Bybel ter sprake is. Die bewering dat die gees van die mens nie sonde doen nie, kan nie waar wees nie! Dit sou beteken dat net die liggaam sondig. 1 Korintiërs 6:15 – 20 stel duidelik dat die liggaam ook aan Christus behoort. Verder: net die oortreding van die sewende gebod is ‘n sonde in die liggaam, wat alle ander sondes sonde van die siel / gees maak! Verder: Christus het met Sy liggaam gesterf om ook ons liggame te red sodat ons ook met verheerlikte liggame sal opstaan (Filippense 3:21). |
Ek glo dat U weer oopgestaan het deur God se krag. |
Wat ook waar is, is dat Jesus in die tyd wat Hy mens was, steeds God was. Hy het dus ook deur Sy eie krag opgestaan. |
Die Bybel leer ons dat ‘n mens na wedergeboorte gedoop moet word... |
Hier word geen Skrifverwysing gegee nie, bloot omdat dit nie so in die Skrif staan nie. Kyk na die bespreking van wedergeboorte op bladsy 13 en verder. Hy stel hier sekere volgordes wat deur die mens gevolg moet word. Laat God Sy werk beheer deur volgordes? |
Die volgorde in die Bybel is elke keer dat mense eers met God reg maak, geloof en vertroue in Hom stel en dan word hulle gedoop... |
Hier is ‘n hele paar foute in hierdie argument:
|
Volgens die Bybel kan net mense wat in Jesus glo, gedoop word. |
Hierdie argument rus op een vertaling van een vers in die Bybel, Markus 16:16, en wel in die 1933-vertaling. Nie die 1983-vertaling of die NLV (‘n eie vertaling deur teoloë) vertaal dit in daardie volgorde nie. Ook die oorspronklike Grieks maar dit nie ‘n heilsorde nie. |
Kom ek gee vir jou ‘n bietjie meer
inligting oor die twee dope wat bedien word in kerke, naamlik die
baba-doop en die doop van die gelowiges (wat aan mense bedien word net na
hulle Jesus aangeneem het as Saligmaker). |
Daar is inderdaad twee verskillende
scenario’s. Uit sy verdere beredenering lei ek af dat die voorstanders van
die kinderdoop die volwassedoop verwerp. Wat die gereformeerde teologie
betref is enige persoon wat dink of redeneer dat gereformeerdes die
volwassedoop verwerp, totaal verkeerd. Die gereformeerdes bely ook ‘n doop
na belydenis van sonde en dat jy slegs deur die versoening van Jesus
Christus gered word. Dit word egter net bedien as iemand nie as baba
gedoop is nie. |
Geskiedenis van die baba-doop |
Hier word soveel sogenaamde feite deurgegee wat nie in die geskiedenisboeke voorkom nie. Tyd ontbreek om elkeen van die bewerings te kontroleer en te antwoord. |
... nou was dit nie net die Rooms-katolieke Kerk wat hierdie gelowiges doodgemaak het nie, maar ongelukkig ook selfs van die Reformatore (Gereformeerdes) en hulle goedgesinde regerings. |
Ek wil graag weet of die Skrywer enige gedokumenteerde geskiedskrywing het om hierdie bewering te staaf. As die skrywer Calvyn se kritiek op die Anabaptiste (van sy tyd) en wat hulle gedoen het sou lees, sou hy hom ook nie met hulle wou assosieer nie. |
Vervolging van mense wat hulleself groot laat doop het |
Hier word grusame verhale vertel. In watter geskiedenisboek kan ek die feite kontroleer? |
Vervolging in die VSA |
Ongelukkig het daar ook van die wederdopers se kant af vervolging plaasgevind in die Amerikas. |
Op die Dordtse Gereformeerde Sinodevergadering ... was daar ‘n ongelukkige voorval. Die Remonstrante ... word uit die sinodesaal gejaag deur die Calviniste. |
Hierdie was ‘n ongelukkige voorval. Wat ook waar is, is dat die Remonstrante op allerlei wyse probeer het om die vergadering te ontwrig. Hulle het nie hulle saak gestel en uit die Skrif toegelig nie. Hulle is nie oor hulle standpunte uitgejaag nie, maar oor hulle gedrag. (Die was nie ‘n sinodesaal nie, maar ‘n kerkgebou.) |
(Die Calviniste het geglo jy word “outomaties uitverkies” vir die ewige lewe sonder ‘n wilbesluit van jou kant af. ...) |
Hierdie “outomaties uitverkies” is een van die grofste mees blatante leuens wat die skrywer probeer verkoop. Nêrens in enige Calvinistiese geskrif word so iets verkondig nie. Daar word bloot bely dat die kind in die verbond ingelyf word, maar geen saligheid word aan die doop gekoppel nie. Die (wils)besluit van die mens se kant is ʼn noodsaaklike reaksie. Sien die bespreking van die Verbond op bladsy 16 en verder. |
Die Calviniste het toe hierna sonder teenstand voortgegaan en die Dordtse Leerreëls (...) deurgevoer ... |
Tog het die Dordtse Leerreëls elke stukkie leerstelling van die Remonstrante uit die Skrif geantwoord en aangetoon dat hulle die Skrif weerspreek. Die is opvallend dat almal wat die gereformeerde leer aanval, nie die Skrifgebruik verkeerd kan bewys nie. |
Die het veroorsaak dat miljoene mense oor die eeue nie Jesus aangeneem het as Saligmaker nie omdat hulle in die kerk geleer was dat jy klaar gered gebore sou word... |
‘n Blatante leuen. Die gereformeerde Leer
stel duidelik dat God jou binne die verbond plaas en jy die teken daarvan
ontvang, en dat die mens se reaksie is dat hy glo. Geloof is om God te
ken, te vertrou en gehoorsaam te wees. |
‘n Mens kan dus sê dat hierdie leier in die Protestantisme die Christendom meer skade gedoen het as enige iets anders in die hele geskiedenis van die mensdom. |
‘n Ongegronde kras veroordeling. Mag ‘n mens werklik mense wat in God (ge)glo (het) – al is dit op ‘n ander wyse as wat jy die Bybel verstaan – só veroordeel? Is dit Christus se liefde? |
As jy dus weer ‘n baba-doop bywoon ... |
‘n Emosionele ongegronde veroordeling van mense wat anders as jyself glo. |
Die vervolging en onderdrukking teen die gelowige doop het ook hier in Suid-Afrika voortgegaan. ... |
Hier word ongegronde veralgemenings gemaak. Dit sou in geïsoleerde gevalle waar kon wees, maar werklike bewyse vir hierdie stellings bestaan daar sekerlik nie. |
.. ou Suid-Afrika, die grootste kerkgroep, die staat en die broederbond saamgespan het... |
Weereens word hier ‘n stelling gemaak wat moeilik is om te bewys. Wat word bereik met die verdagmakery? |
Oor die laaste100 jaar moes baie leraars en lidmate die kansel en die kerk verlaat wees vervolging teen hulle ... omdat hulle hulle as gelowiges laat doop het. Hierdie mense het liewer hulle pensioene en sekuriteite opgeoffer as om met ‘n tradisie saam te leef wat nie in die Bybel voorgeskryf word nie. |
Dit blyk asof die skrywer teen die kerk as
instituut is (sy oproep op pp. 35 – 37). Die “kerk” waarteen hy propageer,
is mense wat dieselfde glo. As iemand dus anders glo – en hier gaan dit
primêr oor die wyse waarop die mens gered word – dan skei hy homself af
van hierdie wyse van glo. Dit is sy keuse, en die kerk kan nie hiervoor
blameer word nie. |
Ongelukkig het jy dan ook deel aan die erge oordeel van die groep mense wat gaan betaal vir die miljoene gelowige doop mense wat die afgelope 1700 jaar vermoor, onderdruk en vervolg is weens die gelowige doop. |
Emosionele afpersing. Daar is in hierdie stelling geen sprake dat God sonde kan vergewe nie. Mag die skrywer so oordeel as God dit nie doen nie? Hoe kan die gee van geld jou in die hel laat beland (net omdat die kerke van die skrywer verskil)? |
... en pleit vir vergifnis wat ek en my voorgeslagte in die kerk en politiek... |
Hierdie is ‘n baie gevaarlike stelling: kan ‘n mens bid vir die vergifnis van ander mense se sonde? Indien God die gebed verhoor, is hulle nou bevry van die erge oordeel (sien die vorige punt)? |
‘n Hele provinsie se lidmate wou erns maak met wat die Bybel oor die doop sê, maar hulle opregte bedoelings is van die tafel gevee |
Eerstens is dit moeilik om te aanvaar dat
ieder en elk in die provinsie die versoek gerig het. |
So, ..., word daardie baba dan deel van God se uitverkore volk en die gemeente van God deur die doop, en word hy / sy dus per implikasie outomaties gered sonder enige toedoen van sy / haar kant. |
Weereens ‘n blatante leuen. Daar word duidelik gesê dat so ‘n persoon (baba) in die verbondsvolk opgeneem word, MAAR NIE DAT HY / SY GERED WORD NIE. Elkeen moet tot ‘n persoonlike belydenis en ‘n aanvaarding van die verbond kom. |
Die Nuwe verbond is dus ‘n persoonlike verbond tussen God en elke gelowige, en sluit nie voor die voet almal in nie |
Hierdie stelling is korrek. Dit sluit
egter ook die verbond in die Ou Testament in. |
Met die koms van Jesus het Jesus self vir ons met Sy dood die Nuwe Verbond in die plek van die Ou Verbond kom gee. |
Hier word geen Skrifverwysing gegee nie. Verder word hier ‘n skeiding gemaak tussen die Ou en die Nuwe Verbonde. Op grond waarvan? Kyk hieronder na die bespreking van verbond op bladsy 16 en verder. |
Hebreërs 8:13: “...” |
Hier word weereens die NLV aangehaal wat nie heeltemal dieselfde as die ander twee vertalings is nie. Tog moet daarop gelet word dat hier nie in die Grieks of in enige van die drie vertalings gestel word dat die Ou Verbond verby is en nie meer van toepassing is nie. Die afleiding wat die skrywer dus hier maak, is nie wat in die Bybel staan nie. |
En dit terwyl die Ou Verbond nie eers meer geldig is nie en op sy beste in die Ou Testamentiese tyd, nie eers een enkele mens in al die duisende jare kon red of die ewige lewe kon gee nie. |
Eerstens beweer die skrywer (weereens) dat
die Ou Verbond nie meer geldig is nie. Kyk hieronder na die bespreking van
verbond op bladsy 16 en verder. In Hebreërs 9 gaan die Hebreërs-skrywer
voort om te sê watter aspekte van die Ou Verbond nie meer geldig is nie:
inkort kom dit daarop neer dat die gebruike om bloed te vergiet nie meer
nodig is nie omdat Christus se offer aan die kruis (Sy bloed) die volkome
versoening gebring het. |
Besef jy dat om op grond van die Ou Verbond babas te doop en boonop daarop te vertrou vir jou redding, is om die Nuwe Verbond wat Jesus met Sy bloed bewerk het, met minagting bejeën. |
Weer ‘n blatante leuen. Dit is nie wat die gereformeerde leer sê nie. Die gereformeerdes bely juis dat die enigste wyse waarop die mens verlos word, deur die bloed van Christus is. |
(“verbond” in die teks dui hier op die “Nuwe Verbond” en dus dit wat Jesus deur Sy bloed vir ons redding bewerk het.) |
Hier is weer die kunsmatige skeiding van die verbond. Kyk hieronder na die bespreking van verbond op bladsy 16 en verder. |
Om in die hande van die Lewende God te val beteken net een ding: verwoestende gevolge. |
Binne die konteks sê die skrywer dar almal wat ander dink as hy, deur God veroordeel sal word en in die hel sal beland. |
Dit het tussen die magdom van onbybelse gebruike in die Roomse Kerk in daardie jare wat die baba-doop as “fundamentele waarheid” deur die Gereformeerdes by die Katolieke gekopieer is. |
Daar is ‘n fundamentele verskil tussen wat die Rooms-Katolieke Kerk met die doop predik en wat die gereformeerdes daarmee bely. Weereens openbaar die skrywer sy totale onkunde oor die gereformeerde verlossingsleer. |
Die probleem met die baba-doop wat die meeste skade veroorsaak, is die volgende: dit gee die mens die valse hoop dat jy of jou baba gered is omdat julle as babas gedoop is. |
Daar is ‘n reuse verskil tussen wat bely word en dit wat mense verstaan. Die verkeerde verstaan beteken nie dat die belydenis verkeerd is nie. Bygesê as die skrywer hier die probleem reg definieer. |
Die Bybel sê immers dat die doop die teken van redding en vergifnis is |
Hier noem die skrywer die doop ‘n teken. Die gereformeerdes noem dit ook ‘n teken: van redding en vergifnis. |
Maar die waarheid is dat die teken van die doop wat jy ontvang het as baba, wat die Verbondsdoop genoem word, jou nie red nie en nie jou sonde vergewe nie. |
Nêrens bely die gereformeerde leer iets anders as wat die skrywer hier stel nie. Nêrens bely die gereformeerdes dat die doop heilsnoodsaaklik is nie. Redding en vergifnis is slegs moontlik deur die soendood van Jesus Christus. |
Moenie bang wees nie, wees dapper. In die vorige eeue het die mense eerder die brandstapel verkies as om afgeskrik te word van die Bybelse doop. |
Het hulle gesterf omdat hulle as volwassenes gedoop is of omdat hulle teen die Rooms-Katolieke Kerk was? Weereens ‘n growwe blaps. Daar het waarskynlik meer mense op brandstapels gesterf wat as babas gedoop is, as mense wat as volwassenes gedoop is. |
Die begrip “doop” dui op die onderdompeling van ‘n vaste stof in ‘n vloeistof. Die beteken nie “besprinkel met ‘n paar druppels” op ‘n vaste stof nie. |
Hier word ‘n definisie gegee vanuit die klasieke betekenis van die woord “doop” in die Grieks. Hieronder (bladsy 14 en verder) sal aangetoon word dat “doop” soos ander woorde in die Nuwe Testament ‘n meer uitgebreide betekenis in die Bybel kry as wat die klassieke Griek sou verstaan. |
Onthou, jy gaan eendag voor ‘n gelowig gedoopte Jesus staan. |
Hier maak die skrywer waarskynlik die grootste blaps van sy hele boekie! Jesus word gelyk gestel aan ‘n gewone gelowige. Hy is God! Glo Hy of word daar in Hom geglo? |
Wat gaan jou verskoning aan Hom wees as Hy jou vra waarom jy nie Sy voorbeeld gevolg het nie? |
Skryf Jesus voor dat ons sy voorbeeld moet
volg in die wyse waarop mens gedoop moet word? Is Jesus gedoop met ‘n
bekeringsdoop? |
Ons hoor selfs van mense wat in tronke in baddens en storte gedoop is. |
Is daar in tronke diep genoeg storte om onderdompel te word? |
Maar voor jy jou as gelowige laat doop is dit goed om jou baba-doop te kanselleer. Doen dit met die volgende gebed: |
Hierdie stelling maak van die kinderdoop ‘n sonde teen God. Die skrywer mag dit glo, maar is dit waar? Om dit ‘n nadeel te maak, is weereens veroordelend. |
Jesus het nie een wonderwerk gedoen voor Hy nie in water gedoop was en met die Heilige Gees daarna gedoop is nie. |
Die skrywer maak (weereens) die werk van Jesus ondergeskik aan sy eie denke. Al die dade en wonderwerke van Jesus is nie opgeteken nie (Joh. 20:30, 31). Hy maak Jesus sê Middelaarswerk ondergeskik aan die voorwaarde van volwassedoop en doop met die Heilige Gees. Dit is, om dit sagkens te stel, heiligskendend! |
Jy as wedergebore en gedoopte Christen is nou toegerus met Goddelike bonatuurlike krag. |
Ek sou graag wou hoor watter bonatuurlike kragte die gedoopte besit. Wat bedoel hy? |
Die skrywer maak wedergeboorte iets wat die mens vra. In die twee tekste
uit Johannes 3 wat hy aanhaal, is dit egter duidelik dat die wedergeboorte die
inisiatief van God is en nie die wilsbesluit van ‘n mens nie. 2 Korintiërs
4:13 stel onomwonde dat die Heilige Gees die geloof wek. Trouens stel hierdie
vers dat die geloof die gevolg is van die werk van die Heilige Gees. Sy hele
beredenering, veral op bladsye 31 – 34, gaan van die standpunt uit dat die
mens die besluit neem om te glo, dan vra om die wedergeboorte te ontvang met
die doop en die doop met die Heilige Gees.
Wedergeboorte is uit en uit die werk van die Heilige Gees, soos Jesus in
Johannes 3 (verse 3 en 5) stel. Dit vind plaas wanneer God dit wil en nie
wanneer die mens dit wil nie. Nêrens is daar ‘n voorbeeld in die Bybel dat
enige persoon gevra het vir die wedergeboorte nie.
Wedergeboorte is wanneer die Heilige Gees die ewige lewe in die mens wek.
In die geloofsgroei van die mens ervaar en ontdek hy die realiteit en die
gevolge van die wedergeboorte. Een van die gevolge is dat die mens glo, God
leer ken en vertrou. ‘n Verdere gevolg is die bekering, dat die mens die sonde
besef, dit haat, daarvan wegvlug, die vergifnis buite homself in Christus soek
en dan volgens Sy wil wil lewe.
Die saak oor die (volwasse) doop van Jesus kom telkens te sprake in die redenasie oor die wyse van doop.
Johannes het Jesus gedoop toe Hy ongeveer 30 jaar oud was (Lukas 3:23). Die volgende vrae moet beantwoord word:
Ons lees Matteus 3.
Die inhoud van Johannes se prediking is: Bekeer julle. Die rede: want die
koninkryk van die hemel het naby gekom (vers 1).
Die dopelinge het hulle sondes bely (vers 6).
Johannes sê argument is dat hy eerder deur Jesus gedoop moet word (vers 14).
Die rede is eenvoudig: hy is die sondaar, Jesus is God. Hy het sonde om te
bely, Jesus nie. Hy is ‘n burger van die koninkryk van God wat Jesus bring,
Jesus is die Koning.
Jesus oortuig Johannes met een sin om Hom te doop! Laat dit nou toe, want
só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul (1933-vertaling). /
Nogtans moet jy dit nou doen, want op hierdie manier moet ons aan die wil van
God voldoen (1983-vertaling).. / Wag nou! Ons moet God se wil juis op
hierdie manier gehoorsaam (NLV).
Dit is baie belangrik om te bepaal wat Johannes hieronder verstaan het,
omdat dit hom oorreed het om Jesus te doop.
Die antwoord vind ons in die Ou Testament: Numeri 8. Ons vind in verse 5 –
26 die voorskrifte vir die reiniging van die Leviete vóór hulle begin het met
hulle priesterlike werk (bevestiging as Leviete).
Onthou dat die Leviete tempeldiens verrig het, en veral die offers namens
die mens aan God geoffer het. Dit het vooruit gewys na Jesus se offer in die
mens se plek. Hebreërs 4 -7 brei in detail hierop uit: Jesus kon Hoëpriester
wees al was Hy nie ‘n Leviet nie.
Terug na Numeri 8: hier word gestel dat die Leviet minstens 25 jaar oud moes
wees – Jesus was ongeveer 30.
Vers 7 stel dat daar “water van ontsondiging” (1933-vertaling) /
reinigingswater (1983-vertaling en NLV) op die Leviet gesprinkel moes word.
Hier is geen sprake van skuldbelydenis nie. Die water is teken dat die Leviet
afgesonder word vir heilige werk in die tabernakel (en later die tempel).
(Hier word ook ander rituele voorgeskryf. Die Nuwe testament meld glad nie of
dit gedoen is of nie gedoen is nie. Die feit dat Jesus direk hierna woestyn
toe is, dui daarop dat dit waarskynlik gedoen is).
Numeri toon aan dat die water gesprinkel moes word. Johannes sou nie Jesus
onderdompel het nie. Hulle het wel in die water ingegaan. Die mens kan egter
enkeldiep in ʼn groot breë rivier staan, en vertel dat daar baie water is.
Uiteindelik gee 1 Petrus 1:2 die antwoord oor hoe Jesus gedoop is en die
mens gedoop moet word: ons moet aan Christus gehoorsaam wees en met sy bloed
besprinkel word
Om nou die Griekse betekenis van baptizo as voorskrif te gebruik vir
die wyse waarop Jesus gedoop is, is ‘n swak argument. Jesus en Johannes het
hier Aramees met mekaar gepraat, wat die algemene spreektaal was. Wanneer die
Nuwe testament opgeteken word, word dit gedoen in die wêreldtaal, Grieks,
sodat die evangelie aan alle volke, tale en nasies verkondig kon word.
Dit is wel waar dat baptizo “onderdompel” en “indompel” beteken. ‘n Mens moet egter in gedagte hou dat die skrywers in die taal waarin hulle geskryf het, woorde moes kry om die beeld wat hulle gehad het wat hulle moes sê, in woorde uit te druk. So het nie een van die twee woorde wat vir “bekeer” in die Nuwe Testament gebruik word, die inhoud van ‘n totale lewensverandering gehad nie. Binne die konteks van die evangelie het dit daardie inhoud gekry. So het baptizo ook ‘n betekenis gekry wat binne die konteks verstaan moet word.
Verwerpers van die kinderdoop moet die verbond skei! Met die skeiding van
Ou en Nuwe Verbond kan hulle dan die teken van die Ou Verbond, die besnydenis,
wegredeneer.
‘n Verbond is ‘n kontrak tussen God en die mens. God het al die bepalings
van hierdie kontrak geformuleer sonder dat die mens enige byvoegings of
weglatings kan voorstel. God is volmaak en stel die volmaakte kontrak op.
Alle kontrakte het twee kante. Die verbond bevoordeel die mens en God: God
is die God van die mens, en die mens het ‘n God wat hom liefhet en versorg.
God het in werklikheid geen voordeel in hierdie kontrak nie en was onder geen
verpligting om dit op te stel nie. God wou en het, omdat Hy die mens liefhet.
Die verbond is onderteken: Ons lees in Genesis 17 van die teken en die inhoud
van die verbond:
In vers 7 sê God dat Hy die verbond met Abraham sluit, en Hy gee die
inhoud: Ek sal vir jou ‘n God wees en ook die God van jou nageslag.
Hier is die twee partye: aan die een kant God en aan die ander kant Abraham en
sy nageslag.
God gee ook ‘n teken: besnydenis. ‘n Teken waar bloed gevloei het. Ook ‘n
opdrag: op die agtste dag. Hoekom die agtste dag? God het in die skepping van
die mens dit so gewil dat bloedstolling die beste is op die agste dag van die
mens se lewe. Dit is die mediese rede. Die geestelike rede is dat God sy
handtekening plaas op die kind voordat die kind ‘n sê het in die saak.
God gee die opdrag aan Abraham om die verbond te gehoorsaam.
Die wet begin met die woorde: Ek is die Here julle God wat julle
uitgelei het.
Die opsomming van hierdie verbond / kontrak is die Wet van die Here (Eksodus
20 / Deuteronomium 5). Soos enige goeie kontrak is daar ‘n seën en ‘n
strafklousule: in die tweede gebod lees ons daarvan:
In verse 31 – 34 is daar sprake van die nuwe verbond. Die volk, die mens
het van sy kant af die verbond verbreek. God is in Sy liefde bereid om ‘n nuwe
verbond te sluit, een wat op die harte geskryf staan. Dit is egter baie
belangrik om te let op vers 33: Ek sal vir hulle ‘n God wees en hulle
nageslag na hulle.
Hoewel hier nie ‘n teken genoem word nie, is die inhoud van die verbond
dieselfde.
Hierbo in die bespreking van Feenstra se argumente op hierdie Skrifgedeelte is reeds ‘n paar antwoorde gegee. Die volgende is van belang:
Hier is vers 7 van belang. Ons lees hier weer die woorde: Ek sal sy God
wees en hy sal my seun wees.
Weereens word hier duidelik gepraat van diegene wat verlos word (wat die
oorwinning behaal), en hulle behaal dit op grond van die verbond, waarvan die
inhoud hier weergegee word.
Elkeen van die bogenoemde Skrifgedeeltes verteenwoordig ‘n ander periode in die heilsgeskiedenis:
Let op dat die inhoud van die verbond in al die tydvakke dieselfde bly:
Ek sal jou God wees en jy sal my kind wees! Die inhoud verander nooit.
As God dus in Genesis 17 praat van ‘n ewige verbond, beteken dit
letterlik dat daar net een verbond is. In al die gedeeltes sien ons dat die
teken van die verbond verander, maar nie die inhoud nie.
Dit is dus verkeerd om die verbond te skei en te beweer dat die ou
verbond nie meer geldig is nie en dat net die nuwe verbond geld.
Om hierdie vraag te antwoord, is relatief maklik. Weereens moet ons kyk na die verbond wat God gesluit het met die volk.
God gee twee instellings: besnydenis en Pasga. Albei hierdie tekens het bloed as teken gehad: bloed vloei as teken dat ‘n lewe gegee word om ‘n lewe te spaar. Hierdie bloed het vooruit geroep na die offer van Christus aan die kruis. So is al die Ou Testamentiese gelowiges gered.
Daar is nie twyfel dat die Nagmaal in die plek van die Pasga gekom het nie.
Die bloed-teken is vervang met wyn, die vleis met brood. Geen dierelewe moet
nou gegee word vir die lewe van ‘n mens nie.
Dit is duidelik uit Hebreërs 5-6 en 8-10 dat Christus se eenmalige offer
volkome en voldoende was. Ook die bloed van die besnydenis is nie meer nodig
nie.
Die vraag is agter: wat het Jesus in die plek van die besnydenis met sy
bloedteken gegee? Het Hy in die Nuwe Verbond geen teken (Sy handtekening op
die kontrak) gegee nie? Het God Hom nou gedistansieer van die kinders?
Waarom het Jesus die doop met sy waterteken ingestel? Wat preek die doop?
Die verlossing in Christus. Die doop was nie die sonde nie – Christus was met
sy bloed die sonde af. ‘n Teken, soos ‘n handtekening.
So kan kinders gedoop word soos die kinders van die Ou Testament ‘n teken
ontvang het. Voor hulle ‘n sê het in die saak – met die troosvolle prediking:
God maak hom aan die mens vas. Hy beloof on vir die mens ‘n God te wees en die
mens weet dat hy die verantwoordelikheid het om die genade in Christus te
aanvaar, aan te neem, te glo en gehoorsaam te wees.
Hierdie is die webblad van Dr Hennie van Wyk. Standpunte op hierdie blad is sy eie of die van outeurs vir se werk geplaas word, in watter geval die standpunte die van die outeur self is