SS Plus

Wat sê u, dominee?

Hieronder is 'n geskrif wat onder andere in Welkom verskprei is. Voorheen het ek ook in Kemptonpark en ander dele van die Oos-Rand (Ekhuruleni) soortgelyke geskrifte gekry.

Dit brief is 'n aantal vrae aan 'n predikant, wat ek graag probeer antwoord. Gerrie Strydom het 'n transkripsie gemaak. Ter wille van billikheid (aangesien daar heelwat taalfoute voorkom, en ons nie van oneerlikheid beskuldig wil word nie) word die oorspronklike ook verskaf.

Enige navrae kan aan my gerig word. Dr Hennie van Wyk

Oorspronklik

Transkripsie

Antwoord

God se naam is Jahweh en Jesus se naam Jahweshua (Jahweh– verlos). (Jahshua is die afkorting)

God se Hebreeuse Naam JAHWEH. Ex..3.13. Hierop het Moses tot God gespreek “Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my aan julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is Sy naam– wat moet ek hulle antwoord?

Ex..3:14 “ En God sê vir Moses: Ek is wat Ek is. Ook se Hy So moet jy die kinders van Israel antwoord. Ek Is het my na julle gestuur.

Ex..3:15 Toe sê God verder vir Moses: dit moet jy aan die kinders nan Israel meedeel: Die HERE die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my Gedenknaam van geslag tot geslag.”

Jer..23:26-27 “ Hoe lank nog? Is dit in die hart van die bedrieery van hulle hart– is hulle daar op bedag om my volk My naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders my Naam vergeet het deur Baal (Here beteken Baal)

Ps..91:14 “Omdat hy My liefhet, sê Jahweh, daarom sal Ek hom red, Ek sal hom beskerm omdat hy My Naam ken.”

Jes..42:8 Ek– Jahweh, dit is My Naam, en My eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof aan die gesnede afbeeldings nie.”

Jes..52:6 “Daarom sal My volk My Naam leer ken, daarom (sal hulle weet) op die dag Ek (is) Hy wat spreek, Hier (is) Ek”

Luk..21:17 ‘En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van My Naam”

Jahweshua

Hier word totale onkunde van Hebreeus geopenbaar. Grammatikaal is dit Jehoshua (lank) of Joshua (kort). Die Hebreeus word hier gemanipuleer om Jahweh in hulle naam in te bring – wat teen die grammatika is. Maar name het die kort weergawe van Ja(h) of El. In die klankkombinasie hier is dit duidelik “Jo” en nie “Ja” nie

Jahshua

Daar is geen Hebreeuse grond hiervoor nie. Ons werk NIE met ‘n Aramese teks van die Nuwe Testament nie. Dit is daarom ‘n ongegronde afleiding om ‘n eie standpunt te stel.

God se Hebreeuse Naam

Ons praat nie meer Hebreeus nie!

EK IS

Hier staan nie in die Hebreeus JAHWEH nie, maar EHJAH. Waarom dit nie gebruik nie?

(Here beteken Baal)

Verkeerd om. Wat hy hier sê is heiligskending. Baal beteken here.

Ps. 91:14

In die oorspronklike Hebreeus word nie Naam Jahweh nie hier gebruik nie – dit is deur vertalers ingevoeg

Die Wette en die Verbonde en die Verordeninge net aan Israel gegee is.

Die Wette van God is net aan Israel gegee. Toe Moses op die berg Sinai die wette wat deur God self geskryf is, op die twee klip tablette ontvang het.

Ex..19:3 “So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig.” Jakob en Israel is een en dieselfde persoon, net n dubbele bevestiging van God.

Vers5,6 “As jy dan nou terdee na my stem luister en My verbond hou, sal julle My eiendom uit al die volke wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.”

Lev..27:34 Dit is die gebooie wat Jahweh Moses by die berg Sinai vir die kinders van Israel beveel het. Vir niemand anders nie, anders sou God sommer Sy wette vir die Egiptenare gegee het en die Israeliete daar gelos het, Maar dit is nie net die 10 gebooie wat vir Israel gegee is nie, maar ook al die ander Verordeninge– 613 van hulle!

Net aan Israel

Hier word uitgegaan van die aanname dat die blanke Afrikaner deel is van die verlore stamme van Israel. Slegs hulle eie geskrifte bevestig hierdie aanname – en hulle weerpreek Jesus se opdrag om die Evangelie aan AL die NASIES te verkondig.

Tablette

Nêrens word daar van die woord “tablet” in Afrikaans gepraat nie, wel “tafel”.

Satan ‘n fisiese nageslag het.

In Gen..3:15 sê God aan Satan dat Hy sal vyandskap stel tussen hom en die vrou, tussen haar saad en sy (satan) se saad.

Die Hebreeus vir saad is “TZERA” en die Grieks is “genos sperma”.

Genos– genelyn of gene, sperm saad of nageslag – fisies.

satan het ‘n vleeslike nageslag gehad, want hy was in die vlees toe hy vir Eva verlei het,

Gen..6 praat van die seuns van God of N.V. Die hemelwesens “wat met die dogters van die mense getrou het, die sg. Reuse of nephilum

Wie was hulle? Niemand anders as satan se volgelinge of hulle nageslag wat saam met hom uit die hemel uitgeskop is.

Wat sê U?

genos sperma

In die LXX (Griekse vertaling van die Ou Testament) word slegs sperma gebruik. Die byvoeging van genos hier is bloot om ‘n eie argument te ondersteun, en het geen eksegetiese of taalkundige gronde nie.

Wat my hier pla, is dat die Grieks nou hier gebruik word ter wille van die argument, maar Jesus se Griekse Naam word nie gebruik nie

vleeslike nageslag

Ek neem aan Genesis 6 word gebruik om hierdie stelling te staaf. Ek antwoord hieronder

nephilum

Spelling? Niphilim. Hoekom die woord van die KJV hier aanhaal? Wat wil dit bewys?

Daar is ‘n reuse (sic!) verskil tussen “volgelinge” en “vleeslike nageslag”. Hier word ‘n reuse gedagtesprong gemaak. Wat wel waar is is dat die gelowiges met ongelowiges getrou het – en dit groot – reuse – sonde tot gevolg gehad het.

Wat sê u?

Hier is GEEN bewys dat Satan 'n vleeslike nageslag gehad het nie. Volgelinge wel. Indien hy 'n vleeslike nageslag gehad het, wie was sy vrou?

Die Abramitiese Verbond net van toepassing is op Abraham, Isak en Jakob en hull fisiese nageslag.

Die Abramitiese verbond Gen..17is net met hom en sy nageslag deur Isak en Jakob deur God gemaak.

Daarom word in 100 plekke in die Bybel gepraat van die God van Abraham, Isak en Jakob.

Ook sê God in Gen..22:2 ‘Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet en gaan na die land Moria en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys”

Ook bevestig God in Gen..22:12 dat Isak, Abraham se enigste seun was, die Verbondskind, die ander het Hy geseën, maar hulle nie geag nie.

Nou weet ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste van My nie terug gehou het nie

Wat is die doel van hierdie punt? Inderdaad word die verbond gesluit met Abraham en bevestig aan Dawid – maar is die vleeslike teken nog steeds verbondteken? Moet die mans dan steeds besny word?

Wat hierdie punt wel doen is om verlossing te koppel aan die etniese nasate van Abraham.


Die ou en nuwe Testament is ‘n eenheid en kan nie geskei word nie.

‘n Mens hoor so dikwels mense sê dis ou testament, asof dit nou tot niet is.

Yahshua (Jesus) het dan in die ou testament geleef. Hy se self Mat..5:17-18 “Moenie dink Ek het gekom om die wet en die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of titteltjie van die wet ooit verby gaan totdat alles gebeur het nie

Luk..16:16-17: “Die wet en die profete was tot Johannes, van toe af word die evangelie van die Koninkryk van God verkondig en elkeen dring met geweld daarin. Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verby gaan as dat een tittel van die wet sou val.”

Gen..17:7,9,10,11”En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag na jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag na jou. Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet My verbond hou, jy en jou nageslag na jou, van geslag tot geslag Dit is My verbond wat julle moet hou, tussen julle, en jou nageslag na jou:

Ps..138:2 (King James Vertaling)“I will worship toward Thy holy temple and praise Thy Name for Thy loving kindness and for Thy truth, for Thou hast magnified Thy word above Thy Name”.

Ps..89:35-38”Ek sal my verbond nie ontheilig nie en wat oor my lippe gegaan het, sal ek nie verander nie. Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie. Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My. Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan en die getuie in die hemel is getrou. Sela”.

Yahshua (Jesus)

Die tweede Persoon van die Drie-Eenheid het inderdaad in die Ou Testament geleef en gewerk

Hy het egter nie in die Ou Testament die Naam "Yahshua" of "Jesus" nie.

KJV

Waarom word die KJV hier aangehaal? Is dit omdat hierdie vertaling sy standpunt beter ondersteun?

Watter waarde het die vertaling bo die oorspronklike teks?

Ek sal my verbond nie ontheilig nie

Waarom word Jeremia 31:31 – 35 nie hier aangehaal nie? Dit word net so in Hebreërs 8 aangehaal? Daar is sprake van ‘n nuwe verbond!


Die kinderdoop nie reg is nie.

Ek het gewonder Waarom Jahshua se ouers nie gedoen het soos wat baie van die kerke (katoliek en susterskerke) hulle gemeentelede laat doen het nie nl “Die doop het in die plek van die besnydenis gekom” – Jahshua is op die agtste dag besny en op dertig jaar gedoop (deur onderdompeling). In die kerk verkondig hulle dat kindertjies “in sonde ontvang en gebore is” – maar Jahshua sê: die koninkryk behoort aan die kindertjies

Deut..1:39 “En julle kindertjies van wie julle gesê het: Hulle sal ‘n buit word, en julle kinders wat vandag van geen goed of kwaad weet nie – hulle sal daar inkom en aan hulle sal Ek dit gee, en hulle sal dit in besit neem.

Jes.7:16 “Want voordat die seuntjie weet om te verwerp wat kwaad is en te kies wat goed is, sal die land vir wie se twee konings jy bang is, verlate wees”.

Hand..2:38 “Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jahwehshua tot vergewing van sondes, en julle sal die gawes van die Heilige Gees ontvang”.

Mark.. 16:16[19]”Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word”.

Mark..1:4 “Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering te verkondig”.

Luk..7:29 “En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle Yahweh geregverdig deur hulle te laat doop, met die doop van Johannes”.

‘n Kind kan homself tog nog nie bekeer nie, maar bekering is ‘n voorvereister vir die doop[20]?

Jesus ondersompel

Daar is GEEN bewyse dat Jesus deur onderdompeling gedoop is nie.

Aangesien hierdie redenasies so sterk gebou word om die Ou Testament wil ek die volgende vra: is daar een enkele plek dat enige van die reinigingsrituele in die wet voorskryf dat ‘n persoon onderdompel word? Ek antwoord: Nee. 1 Petrus 1:2 sê dat ons gereinig word deur die besprinkeling van die bloed van Christus.

Hier word geen verduideliking gegee waarom Jesus eers op 30 gedoop is nie.

In die lig van Numeri 8 is die meer waarskynlik dat Jesus besprinkel is.

Jahwehshua

Nie in die Griekse Nuwe Testament nie.

Markus 16:16

Hoekom word die nuwe vertaling nie hier aangehaal soos by Genesis 6 nie? Omdat dit nie die argument pas nie?

Kind kan homself nie bekeer nie

Beide Johannes die Doper en Petrus doop na die mense belydenis van hulle sonde gedoen het. Is doop egter net om sonde te bely? As God die nuwe begin met Jesus begin, is dit volwassenes te doop. Kyk 'n mens egter na die eenheid van ou en nuer Testament, dink aan die volgende:

  • Hier word GEEN aandag gegee aan waarom seuntjies wel besny is nie;
  • Hier word geen aandag gegee aan die plek van die besnydenis in die geloof nie;
  • Abraham is as volwassene besny, waarom nie Isak en Jakob ook nie. Verskil hulle geloof van ons s’n?
  • Waarom is Jesus as volwassene gedoop? Hy kon Hom mos nie bekeer nie! In Matteus 3 is dat baie duidelik dat Johannes hulle gedoop het met die belydenis van hulle sondes. Jesus was en is sonder sonde!
  • Waarom kan die doop nie ‘n verbondshandeling wees nie? Indien wel, was het in die plek van die besnydenis gekom? Sal God nou skielik die kinders uitsluit uit die verbond?

Die feeste nog gehou moet word.

Die Hemelse Vader het vir ons vakansie dae en feesdae gegee. Lees die hele Lev..23 en dit staan nie minder as 5 maal dat dit ‘n ewige instelling is nie.

As Yahweh sê dit is ewig. Hoe is dit- 50 jaar, 500 jaar nee, my vriend, ewig is ‘n tyd sonder einde.

Is die nagmaal nie ook 'n fees nie? ‘n Verdere probleem met hierdie argument is dat die INHOUD van die feeste wat in Levitikus 23 genoem word, is OFFERS. Die vraag? Moet ons nog offer? Indien wel, wat van Hebreërs 8 – 10?


Die wette is vir altyd en moet gehou word.

Predikante het al vir my gesê dat ons nie meer onder die wet staan nie, maar onder die genade. Toe ek vir hom sê dat ek dan seker maar by sy vrou kan gaan slaap, het hy gou wal gegooi.

As dit die geval is, dan kan ek maar roof en steel en doodslaan, want waar geen wet is nie, is daar ook geen oortreding nie.

Spr..28:9”Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ‘n gruwel”.

1 Joh..2:3,4 “En hieraan weet ons dat ons Hom ken, as ons Sy gebooie bewaar, Hy wat sê: Ek ken hom- en Sy gebooie nie bewaar nie- is ‘n leunaar en in hom is die waarheid nie”.

Mat..5:18 “Want voorwaar Ek sê vir julle voordat die hemel en die aarde verby gaan, sal nie een jota of titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie”.

Liewe vriend, moenie toelaat dat u mislei word nie. Ons weet almal dat dit makliker is om nie die wet te onderhou nie, as om die wet te onderhou.

Of is ek verkeerd- help my asseblief!

Predikante

Hierdie is 'n wye begrip. Moontlik word hier verwas na die predikers wat nie die reformatoriese erfenis onderskryf nie

Help my asseblief!

Wat is die doel van wetsonderhouding? Om verlos te word? Dit kan tog nie wees nie, lees gerus Romeine 3. In die gereformeerde tradisie word die wet gebruik as die reël van die dankbaarheid omdat die mens glo dat hy deur Christus gered is.

Daar is egter die wette wondom die offerdiens wat nie meer nodig is nie, omdat ons nie meer offer nie. Dit word uitvoerig in Hebreërs 8 – 10 beskryf. As ons hulle steeds wil nakom, loën ons die kruisdood van Christus.

Jahshua is net gestuur na die volk Israel.

Jahshua is net gestuur na die volk Israel, maar daar word vir ons gesê dat Hy gekom het om die wêreld se sondes op Hom te neem.

Mat..15:24 “Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel”.

Mat..1:21 “En sy sal ‘n seun baar, en jy moet hom Jahwehshua noem, want dit is Hy wat Sy volk van hulle oortredinge sal verlos”.

Han..13:23 “Uit hierdie nageslag van hierdie man (David), het God (Jahweh)vir Israel volgens die belofte Jahshua as Verlosser verwerk”.

Jahsua

Nêrens is daar enige verwysing in die Nuwe Testament na hierdie Jahshua nie.

Jahwehshua

Dit staan nie in my Bybel nie, veral nie die Grieks nie. God het nie die Nuwe Testament in Aramees laat skryf nie, maar Grieks.

God(Jahweh)

Hier word Theos gebruik, en die Kurios nie. God, nie Here nie.

Jashua

Hier staan 'Jesus' in Grieks, nie Hebreeus nie.


Jahwehsua net vir Israel gesterf het

Daar word gesê dat Jahshua vir die wereld gesterf het.- Maar…

Jes..53:8 sê: Uit die druk en uit die strafgereg, is Hy weggeneem: en onder Sy tydgenote wie het daaroor gedink dat Hy afsesny is uit die land van die lewendes? Terwille van die oortredings van My volk was die plaag op Hom”.

Jes..59:20”Maar vir Sion kom hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek Jahweh”.

Joh..5:30,31”Ek bid vir hulle, Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir hulle wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort”.

Han..5:30,31”Die God van ons vaders het Jahwehshua opgewerk wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n hout te hang. Hom het God as Leidsman en Verlosser en vergifnes van oortredinge te skenk”.

net vir Israel

Hier word beweer dat die mens dus ‘n Israeliet moet wees om verlos te word. Waar word geloof genoem? Esau was ‘n Israeliet – in volle bloed. Is hy verlos omdat hy ‘n Israeliet is?

Aan u behoort

Teksverwysing verkeerd. Hierdie in Johannes 17:9

Eksegeties is hier geen aanduiding dat “hulle wat aan U behoort” die volk Israel bedoel nie. Die gebed is vir die gelowiges.

Jahwehshua

Die naam se gebruik is inkonsekwent. Weereens is dit Grieks (Jesus). Ek kan nie uit die dokument agter kom wanner die lang en wanneer die kort naam gebruik word nie. In die Grieks is dit konsekwent 'Jesus'.


Jahshua is nie op Vrydag (Goeie Vrydag) Gekruisig nie.

Van kleintyds af word ons geleer dat Jahshua op Goeie Vrydag gekruisig is. As dit waar is, dan het Hy vir ons gelieg, en Hy kan nie lieg nie, want Hy is ‘God. Maar dan het iemand anders vir ons gelieg.

As Hy op Vrydag gekruisig is en net voor sononder in die graf weggele is, want die liggaam kon nie op die sabbat aan die vloekhout hang nie, en die Sondagoggend toe dit nog donker was, was die graf leeg.

Mat..28:1 (Nuwe Vertaling) “Na die sabbatdag, toe toe dit die Sondagmore begin lig word, het Maria Magdelena en die ander Maria na die graf gaan kyk.“ Toe was die graf leeg. Ek het in sub A al geleer om ‘n eenvoudige sommetjie te maak: Vrydagaand tot Saterdagaand is een dag (24 uur) Saterdag aand tot Sondagmore is ‘n halwe dag (12 uur). Nou hoe kom die slim mense by drie dae en drie nagte uit En waar kom opstandings Maandag vandaan?

Jahshua het self gesê:

Mat..12:40 “want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, so sal die Seun van die Mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.”

Luk..23:54 “En dit was die dag van die voorbereidings, en die sabbat wou aanbreek.” Dit my vriend, was die Pasga sabbat en was die 5de dag van die week (Donderdag) want wou Pilatus nie vir die volk op Pasga ‘n gevangene vrylaat nie?

Kronologiese volgorde van gebeure:

Ry Jerusalem in op ‘n esel – Sondag.

MaandagMat..21:18 – Al Sy wonderlike leringe op Maandag en die doop van Johannes, die gelykenisse, die Profetiese leringe.

DinsdagMat..26:17-19 Die pasga maaltyd (Nagmaal).

Mat..26:17-19 Dinsdag – voorbereiding van die pasga maaltyd.

Mat..26:20 alreeds Woensdag – eet van die pasga.

Jahshua in Getsemane, gevangeneming – voor die Joodse raad en Pilatus, en foltering (kruisiging). Alles op Woensdag.

DonderdagMat..17:57 begin met verander (op Woensdag daarom moet die liggaam van die vloekhout afgehaal word en in die graf gele word voordat die pasga sabbat aanbreek.

Vrydag.Luk. 23:55 Maria Magdalena en die ander Maria koop die speserye en maak dit gereed

Saterdag.Die weeklikse sabbat.

Sondag.Begin reeds Saterdagaand met sononder

Matt..28:1 (N.V) Toe dit nog donker was het hulle gesien dat die graf leeg was.

4. Woensdag.Mat.26:20 – die begin van Woensdag.

Matt 27:1-52 verhoor en kruisiging

5. Donderdag.Mat..27:57 Pasga

6. Vrydag.Maria Magdalena en die ander Maria koop speserye en maak dit gereed. Luk.23:55

7. Saterdag.Weeklikse sabbat.

8. Opstanding- Sondag oggend was die graf leeg.

Kom ons tel nou. Hy is in die graf neergele kort voor sononder op Woensdag, want om sononder het Donderdag (Pasga sabbat) aangebreek. Woensdag aand tot Donderdag aand eerste dag in die graf. Donderdag aand tot Vrydagaand die tweede dag. Vrydagaand tot Saterdagaand die derde dag.

Na die sabbatdag

Weereens word die skrywer se onkunde oor Israel (2000 jaar gelede) se leefwyse, in die besonder die idioom waarin hulle gepraat het. Is 'n gedeelte van die dag nie ook maar die dag nie? Is dit 'n verpligting dat Jesus 72 uur in die graf moes lê?

opstandings Maandag

Ek wonder ook. Sover ek weet, praat geen kerk van ‘n “opstandings Maandag” nie. Maandag is ‘n vakansiedag omdat die Sondag die vakansiedag is. As ‘n vakansiedag op ‘n Sondag val, gee die regering ook die Maandag af...

Drie dae en drie nagte

Bedoel Jesus dit letterlik 72 uur of simbolies?

die derde dag

Uiteindelik is my vraag: watter verskil maak 24 uur hiernatoe of daarnatoe aan my saligheid? Hierdie argument is bloot om persone met ‘n ander siening in diskrediet te bring.

Dat jy nie op ‘n Sabbatdag mag koop en verkoop of vleisbraai nie.

Lev..23:3 ‘Ses dae lank kan werk gedoen word. Maar op die sewende dag, is dit ‘n dag van volkome rus, ‘n heilige vierdag, geen werk mag julle doen nie, dit is die Sabbat in al julle woonplekke.

Jes..58:13 “As jy jou voet terughou van die Sabbat – om nie jou sake op My heilige dag te doen nie, en as jy die Sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van Jahweh hoog hou, en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie ydele taal te spreek nie.”

As jy die Sabbat onderhou, dan mag jy nie ‘n brood, ‘n koerant of ‘n pakkie sigarette koop nie.

Ex..35:3 “Julle mag op die Sabbat geen vuur aansteek nie in enige van julle woonplekke nie.” – vandag het ons oonde!

Lev..23:23 “n Dag van volkome rus moèt dit vir julle wees, en julle moet julle verootmoedig op die 9de maand in die aand, van aand tot aand moet julle julle sabbat hou.

Esg..20:12 ”Daarby het Ek ook My sabbatte aan hulle gegee om ‘n teken te wees tussen My en hulle dat hulle kan weet dat Ek Jahweh hulle apart hou”

Ex..16:23”dit is wat Jahweh gespreek het: Môre is dit Sabbatsonderhouding, ‘n sabbat heilig aan Jahweh, wat julle wil bak, bak dit, en wat julle wil gaarmaak, maak dit gaar en bêre vir julle alles wat oor is om dit te bewaar tot môre Toe.”

As jy die Sabbat onderhou

Ook nie siek word en ‘n dokter uitroep nie, nie water en elektrisiteit gebruik nie (jy betaal daarvoor), nie kerk toe ry nie, die prediker mag nie preek nie, daar mag nie tee gedrink word nie, die orrelis en koster mag nie werk nie. Wees konsekwent

Apart

Verkeerd aangehaal: nie “apart” nie, maar "geheilig”.

Dat die Sabbatdag op ‘n Saterdag val.

Lev..23:3 “Ses dae lank kan werk gedoen word maar op die sewende dag, dit is ‘n dag van volkome rus, ‘n heilige vierdag, geen werk mag julle doen nie – dit is ‘n Sabbat van Jahweh in al julle woonplekke.”

Eseg..20:20 “En heilig My Sabbatte, en hulle sal ‘n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek, Jahweh, julle God is.”

Dat as ons, die wette wil gehoorsaam, dan moet ons verseker die sabbat onderhou.

Maar nou is daar voorwaardes aan verbonde, ons kan nie sommer einige dag wat ons verkies of wat ons pas, as sabbat wil hou nie.

Ons kan nie Jahweh se wette wil manipuleer soos dit ons pas nie. Hy sê uitdruklik die sewende dag. Gaan kyk na ‘n almanak en sien dat Sondag die eerste dag van die week is. In die jaar 321 na die Messias het Keiser Konstantyn wat ‘n sonaanbidder was, gesien dat sy ryk in twee verdeel, tussen die sonaanbidders wat op ‘n Sondag aanbid het, en die Christene wat op ‘n Saterdag aanbid het.

Toe bekeer hy hom tot die Christen geloof (of dit werklik so is, is ‘n ope vraag). Nietemin het die aanbiddingsdag Van die Christen (sabbat) na die Sondag verskuif, sodat die hele bevolking op dieselfde dag kon aanbid.

In Mat..28:1 (nuwe vertaling) word ‘n ander dag, as die Sondag aangegee as die sabbatdag nl die Saterdag.

Mat..28:1”Na die sabbatdag, toe dit die sondag begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gaan kyk.” M.a.w. die sabbat was die Saterdag, die sewende dag. Deesdae pas dit nie die mense om op ‘n Saterdag die sabbat te hou nie, want dit meng in met hulle sports en ander aktiviteite.

Kan u nou sien iemand lieg vir ons?

Sabbat op 'n Saterdag

Die Sabbat is op die Saterdag. Maar: die dissipels het elke keer op die eerste dag bymekaar gekom. Ons volg hulle voorbeeld en lewe uit die krag van die opstanding van Jesus Christus, en die op die dag / dae wat Jesus dood in die graf gelê het nie

Is die verkeerde gebruik van Hebreeus nie ook ‘n leuen nie? Ook as daar vir die leser die Bybel verkeerd aangehaal word soos hierbo nie?

Alleenlik Israeliete in die nuwe Jerusalem sal ingaan.

Ons as gelowiges glo aan ‘n hiernamaals en die ewige lewe. ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde en ‘n nuwe jarusalem.

Open..21…”En ek het ‘n nuwe Jerusalem en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verby gegaan: en die see was daar nie meer nie. En ek, Johannes, het het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. En dit het ‘n groot en hoê muur met 12 poorte gehad, en by die poorte 12 engele, en die name daarop geskrywe, naamlik die van die twaalf stamme van Israel.”

Nou sê vir my, vriend, hoe gaan jy as jy nie ‘n afstammeling van Abraham, Isak en Jakob(Israel) is nie in die nuwe Jerusalem inkom?

Let wel, daar is nie een groot poort nie, maar 12

Baie mense is meer bekommerd of die swarte en ander nasies in die hemel gaan kom as wat hulle oor hulle self bekommerd is.

Open..27:27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuns doen nie, maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.”

Open..11- “Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uithaal en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee, en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap.”

Twaal stamme van Israel

As ‘n mens die 12 stamme letterlik wil opneem, en vergelyk die name in Openbaring 7 met dié in die Ou Testament is daar twee name wat verskil. Die vraag wat ontstaan is: waarom die verskil? Waarom word Dan en Efraim uitgelos? Hoekom word Josef en Levi ingevoeg. Wie is nou werklik die twaalf stamme?

Wie kan nou, sonder die minste twyfel, ‘n bloedverwantskap met Abraham, Isak en Jakob waarborg?

Dat die Jode nie die uitverkore volk is soos wat hulle voorgee nie.

Een van die grootste indien nie die grootste misleiding is dat die Jode die uitverkore volk van God is. Praat ons hier van Jode, bedoel ons Judeërs, Judaiete, Edomiete of Wat

Gen..36:1Die jood is die afstammeling van Esau deur Edom.

Die Bybel se tog uitdruklik wie die antichris is, die wat misken die Messias het gekom. Die Jood my vriend, doen presies dit, inteendeel dit is hulle wat hom vermoor het.

My vriend hierdie boekie het net ten doel om jou te laat dink, vrae te vra en kyk of dit wat jy aan gewoond was van moedersknie, dit is wat in die woord staan. Jahshua waarsku ons baie maal teen valse profete en valse leraars.

Mat..24:11 ”En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.”

Mat..24:24 “want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen, om as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.”

Joh..8:33 ‘Hulle (Fariseërs) antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie,… m.a.w. Die Jode is die afstammeling van Abraham deur Isak en Esau na Edom, m.a.w. die Edomiete.

Het God dan nie gesê: Rom..9:13 soos geskrywe is: “Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.

Obj..1:18 “Dan sal die huis van Jakob ‘n vuur wees en die huis van Josef ‘n vlam, maar die huis van Esau ‘n stoppel, en die sal hulle aan die brand steel en hulle verteer sodat daar geen oorblyfsel vir die huis van Esau sal wees nie, want Jahweh het dit gespreek.”

Esau deur Edom

]

Lees Genesis 36. Esau word Edom genoem! Hierdie aantyging teen die Jode is totaal ongegrond. As die skrywer maar net bietjie gelees het rondom die verskeie partye onder die Jode ten tyde van Jesus se aardse lewe, sou hy geweet het dat daar haat tussen die Jode (Fariseërs in besonder) en die Edomiete was.

valse leraars

Hierdie boekie preek verlossing op grond van die genetiese afstam van Abraham, Isak en Jakob, en nie die dood van Jesus Christus nie. Jesus word dus tot leuenaar gemaak – Johannes 14:6. Is dit nie vals nie?

m.a.w. die Edomiete

Hierdie argument is ‘n baie swak afleiding. Dit is nie wat die Fariseërs bedoel het nie. Nooit sou ‘n Fariseër roem dat hy ‘n Edomiet is nie.

Wanneer en hoe dikwels word Nagmaal gehou?

Toe ek ‘n kind was, was daar op ‘n Saterdag middag ‘n voorbereiding diens om agtuur op die Sondag, ‘n vroeê biduur en om tien uur die nagmaals diens wat aangehou het tot 12 uur, waartydens ‘n nagmaalsformulier nabetragtings diens om 3 uur die middag.

Wat ek as kind nie kon verstaan nie (en nou nog nie) is dat die Nagmaal in die oggend gehou is. Ek sal ook graag wil weet waar lees hulle dat Nagmaal 4 maal ‘n jaar moet gehou moet word en op daardie manier.

Wat het van die ongesuurde brode en die was van voete Geword, soos voorgeskryf in die Bybel

4 maal 'n jaar

Sommige kerke hou meer dikwels die nagmaal. Die Nuwe testamentese kerk het elke Sondag nagmaal gehou

voorgeskryf in die Bybel

Is dit ‘n voorwaarde vir nagmaalsviering? Dit is nie ‘n voorskrif / voorwaarde nie, maar iets wat Jesus gedoen het.

As Paulus in 1 Korintiërs 11 die instelling van die Nagmaal beskryf, is daar geen vermelding van die voetewas of watter tipe brood gebruik is nie.

Wat is dan die korrekte manier van nagmaal vier? In die nag? Watter verskil gaan die tyd wat ek nagmaal vier aan my saligheid maak. Is dit ‘n voorwaarde tot saligheid?

Jahshua nie op 25 Desember gebore is nie

Nêrens in die Bybel lees ons dat die geboorte dag belangrik is nie, maar wel die strefdag. As die Hemelse Vader wou gehad het dat ons Sy Seun se geboortedag moet herdenk of ken, dan sou Hy dit vir ons duidelik gesê het. Wat Hy vir ons duidelik sê, is wanneer Sy Seun gesterf het. Maar wat ons weet en kan aflei, is dat die Messias nie op 25 Desember gebore is nie. Geen skaapwagter sal op 25 Desember in die Noordelike halfrond, in die veld deurbring nie, aangesien dit winter is en sal nie koue saam met sy skape oorleef nie.

In Palestina word geen skape in Desember in die veld opgepas nie.

Lees ook asb. Jeremia 10:2-5, as dit nie ‘n beskrywing van die kersboom is nie, dan weet ek nie.

25 Desember

Een punt van waarheid! MAAR: watter verskil maak dit aan my saligheid?

Noordelike halfrond

Argument redelik swak. Die noordelike halfrond is groot en daar is gebiede wat nooit eens ryp sien nie, soos Arabië.

Kersboom

Eintlik nie. Daar is ni 'n ambagsman nodig om 'n kerkboom te versier nie. Gier word gepraag van hout afgodsbeelde wat versier word.

Dat jy nie onreinkosse (vark,garnale ens) mag eet nie.

Lev..11 gee vir ons al die kosse wat geëet mag word en nie geëet mag word nie. Maar nee, ons word vertel dat die Hemelse Vader nou van opinie verander het en besluit het dat wat eers onrein was, nou rein is.

Daar is baie goeie rede waarom ons nie mag varkvleis eet nie, want daar kan verskillende siektes deur die eet van varkvleis opgedoen word, vra gerus u dokter.

Hoeveel mense is nie allergies vir skulpvis nie? Al daardie onrein diere of visse eet afal kos en mis van ander diere. Hulle is almal aasdiere, dit is hulle werk, dit is waarvoor hulle geskape is, nie om geëet te word nie!

Die eerste ding wat mense jou vertel is dat al die diere wat in die laken was wat Paulus gesien het, nou rein is. Ek lees nerens dat daar kreef of garnale in die laken was nie. Julle kan gerus weer die hele Hand.10 vanaf vers 1 tot 28 gaan lees.

Hand..10:28 “En Hy se vir hulle, julle weet dat dit ongeoorloof is vir ‘n Judeese man om met iemand van ‘n ander volk omgang te he of om hom te besoek, maar Jahweh het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie.”

Sien, hierdie hele verhaal het niks met kos te doen nie.

Jes..66:17 “Die wat hulle self heilig en hulle self reinig vir die tuine, terwyl hulle die een nadoen wat in die middel staan en varkvleis eet en verfoeisels van muise- almal saam sal tot niet gaan, spreek Jahweh.”

allergies vir skulpvis

Daar is mense wat allergies is vir koring en melk. Maak dit die kos onrein?

in die laken

Lees weer die hoofstuk. Daar word geen dier spesifiek genoem nie. As die skrywer dink daar was nie ‘n vark en garnaal in nie, en ek dink dit was daarin, hoe weet ons wie is reg? Word die kos wat ‘n mens nou ook ‘n voorwaarde vir jou verlossing? Dan het Christus mos nie die VOLKOME versoening vir al ons sonde gedoen nie!

Jahweh

Totaal verkeerd: hier is Theos, nie Kurios nie – dus nie die Grieks van die Hebreeuse Jahweh nie, wel van Elohim

Onthou, my vriend, ons het ‘n handboek waarvolgens ons moet lewe. Openbaring 20:12 sê ons word volgens ons werke geoordeel.Pasop dat daar nie aan jou gevra word; Jy het mos die Handboek, hoekom het jy nie self ondersoek ingestel nie, of jou werke daarvolgens is nie?

Nooit! Dit is God se geopenbaarde wil. Die oomblik wat dit ‘n handboek gemaak word, dan word dit gelyk gestel aan enige ander handboek, soos ‘n resepteboek oor varkvleis met garnale!

N.S. Alle aanhalings is geneem uit die 1953 vertaling, 1983 vertaling, en die King James Bybel.

Skryf gerus aan: Die Israeliet

Posbus 670

Welkom

9460

As u meer wil weet, Kommentaar, of skrywer wil ontmoet.

‘n Paar vrae van my kant af:

  • Waarom is hier geen sprake van Adonai of Elohim nie?
  • Hier word baie vrae gevra, maar hoe word ‘n Israeliet verlos?
  • Watter rol speel Jesus Christus in die verlossing van hierdie Godsdiens? Het Hy die volkome versoening vir AL die sonde van die mens gebring, of is daar ‘n klomp voorwaardes waaraan die mens eers moet voldoen?

Hennie van Wyk

Hierdie is die webblad van Dr Hennie van Wyk. Standpunte op hierdie blad is sy eie of die van outeurs wie se werk geplaas word, in watter geval die standpunte die van die genoemde outeur is.