SS Plus

As daar Evangelisering van die Jehovah Getuies gedoen word, kan u die volgende gebruik

DIE JEHOVAH-GETUIES

Opgestel deur Dr. Henk Stoker en Dr Hennie van Wyk

VRAE AAN JEHOVAH-GETUIES OOR HUL LEER.

Vooraf 1. Die Drie-Eenheid 2. Jehovah
3. Jesus as Skepsel 4. Die Heilige Gees 5. Kruis of Paal
6. Jesus se opstanding 7. Die wederkoms 8. Fisiese wederkoms
9. Voortbestaan direk na die dood 10. Die oordeelsdag 11. Die hel
12. Die 144 000 13. Middelaar vir die sonde 14. Bloedoortappings

Laat ons die Naam van Jesus Christus verkondig "want daar is geen ander Naam onder die hemel wat aan mense gegee is waardeur ons gered moet word nie." As jy in Hom glo, kan jy nou al seker wees dat jy die ewige lewe het (1 Joh. 5:13)

VOORAF:

Hierdie geskrif het die lig gesien om u te help om die waarheid te soek wanneer u in gesprek met die Jehovah-Getuies is.

Gebruik die volgende beginsels ten opsigte van die Bybel in u gesprek:

1. Die Bybel is die ewige, altydgeldende Woord van God.

2. Die Bybel bevat ALLES wat ons nodig het om te weet vir ons saligheid (Op. 22:13).

3. Die Bybel is die gesagvolle Woord van God

4. Die Skrif verklaar homself. Kry die Naslaan-Bybel (1957) [die Bybel met die teksverwysings in die middel]. Tekste wat in hierdie stuk aangehaal word, MOET binne konteks gelees word. Lees ook ALLE verse waarna daar verwys word.

5. Onthou dat die Bybel ’n EENHEID is, maar tog ’n verskeidenheid boeke en tipes boeke bevat.

6. Die vers het ’n bepaalde BOODSKAP in die hoofstuk, boek en die hele Bybel. Wat wou die Heilige Gees vir die eerste lesers s�? Wat wil Hy vir ons s�?

7. DUIDELIKHEID. Sekere gedeeltes is duideliker as ander. Lees eers die meer verstaanbare gedeeltes en vra dan na die boodskap van die minder duidelike gedeeltes.

Na Bo

1. DIE DRIE-EENHEID

Jehovah-Getuies s� Ons glo nie in die Drie-enige God nie, maar dat slegs die Vader waarlik God is. {Redenering uit die Skrif, p. 115}
Beredenering Die boek Jesaja s� uitdruklik dat daar net een ware God is (Jes. 43:10, 11; 44:6; 45:5, 21-23).

Alle ander sogenaamde gode is dus afgode of skepsels wat valslik as gode beskou word (vergelyk Rig. 16:23 en 2 Kor. 4:4).

Vraag Waarom sou dieselfde boek Jesaja, wat uitdruklik s� dat daar net een God is, Jesus dan sterke God en ewige Vader noem (Jes. 9:5)? (Jes. 10:21 praat van God as sterke God).
Antwoord Jesaja leer dus dat die Vader en die Seun beide waarlik God genoem word. Hy leer dat daar net een ware God is. Dit beteken dat hierdie twee Goddelike Persone saam een God moet wees. Die is nie onverstaanbaar nie: twee menslike persone is dan ook een in die huwelik.

Die Bybel leer uitdruklik dat daar net een God is (Eks. 20:3; Deut 6:4; 1 Tim. 1:17; Jak 2:19). Volgens Matteus 28:19 bestaan hierdie een God uit drie Persone: "Doop hulle in die Naam..." [enkelvoud]. Hierdie drie Persone is dus een God: die Vader (vergelyk Ef. 1:3; Joh. 1:1, 18); die Seun (vergelyk Joh. 1:1, 18; Joh. 20:28; 1 Joh. 5:20; 2 Pet. 1:1); en die Heilige Gees (vergelyk Hand. 5:3, 4; 2 Kor. 3:17, 18).

Na Bo


2. JEHOVAH

Jehovah-Getuies s� God die Vader moet as "Jehovah" aangespreek en verkondig word om 'n intieme verhouding met Hom te kan h�, en om Hom op die sendingveld te onderskei van al die valse gode {Redenering uit die Skrif, p 217}.
Vraag Waarom gebruik die Nuwe Testament n�rens die naam "Jehovah", of te wel JHWH nie?
Beredenering Selfs nie eens in die vroegste fragmente van die Nuwe Testament wat gevind is kom dit voor nie. Dit is nie deur die vroegste kerke weggelaat nie (waarom sou hulle dit buitendien wou doen?)!. Julle eie weergawe van die Griekse Nuwe Testament (The Kingdom Interlinear) het n�rens JHWH waar julle "Jehovah" vertaal het nie, maar Kurios (Here) en Theos (God). Selfs nie eers waar Paulus die ware God moet onderskei van al die afgode in Athene gebruik hy nie naam JHWH nie (Hand 17:15 ev.) Jesus leer ook nie sy dissipels om God aan te spreek as JHWH nie, maar baie intiem as "Onse Vader".
Vraag Is dit so dat Joh. 1:18 (Nuwe Testament) s� dat geen mens God die Vader gesien het nie, maar dat die Seun (wat hier duidelik ook God genoem word) die openbaarder van God is?
Antwoord Beslis Ja!
Vraag Is dit so dat JHWH in die tyd van die Ou Testament in menslike vorm aarde toe gekom het en deur mense gesien, mee gepraat en selfs aangeraak is?
Antwoord Beslis Ja! Vergelyk Gen. 16:13; 18:1 - 22; 32:24-30; 35:1 - 3; Eks. 24:9 - 11; 33:18 - 23; Rig. 6:13; Jes. 6:1 - 7
Vraag Wie is dan die JHWH waarvan die Ou Testament hier praat as die Nuwe Testament duidelik s� dat God die Vader nog nooit gesien is nie?
Antwoord Dit moet dan in die lig van Joh. 1:18 God die Seun wees! Vader en Seun staan hier dus beide bekend as JHWH (Vgl. Gen. 19:24).

Na Bo


3. JESUS AS SKEPSEL

Jehovah-Getuies s� Jesus is die eerste skepsel van God, en hy is eintlik die aartsengel Migael {Redenering uit die Skrif, p. 229, 239}
Vraag Beteken dit dat Jesus Homself geskep het, as Joh. 1:3 s� dat alle dinge deur Hom ontstaan het? Is dit moontlik? Of maak God nog ’n fout deur te herhaal dat nie een ding wat ontstaan het, sonder Hom ontstaan het nie? Is dit moontlik dat God ’n fout maak? Beklemtoon God dan nie hier dat Jesus Skepper van alles is nie? (Vergelyk ook Kol. 1:16, 17 waar julle Bybelvertaling telkens die woord "ander" na "alle" ingevoeg het om die duidelike betekenis te verander.)
Antwoord Jesus is dus die Skepper van alles en geen skepsel nie. Hy wat ewig God is, is wel amper 2000 jaar gelede ter wille van ons as Mens gebore. Omdat Hy die belangrikste Mens is wat ooit gebore is kan Hy die "Eersgeborene van die hele skepping" genoem word. Dawid was die jongste seun van sy pa, maar hy word in Ps 89:28 "eersgeborene" (of te wel die eerste {belangrikste} onder die geborenes) genoem. So is Jesus beslis die belangrikste Persoon wat ooit deel van hierdie skepping geword het, want Hy is die Skepper van hierdie skepping (vgl. ook Kol 1:18 en Heb. 12:23).
Vraag Waar staan dit in die Bybel dat Jesus en Migael dieselfde persoon is?
Antwoord Jesus is geen skepsel soos Migael nie. Migael is maar een van die belangrikste vorste" (Dan 10:13), maar Jesus is "Here en God" (Joh. 20:28). Al die engele (dus ook Migael) moet Jesus aanbid (Heb. 1:6).
Vraag Waar in die Bybel staan dit dat Jesus na sy hemelvaart Migael geword het?
Antwoord Hand 7:56, 60 - Stefanus sien Hom wanneer die hemel open, en bid tot Hom as "Jesus".

Hand. 9:5 - Jesus stel Homself uit die hemel bekend as "Jesus".

Op 22:16, 20 - Weer stel Jesus Hom as "Jesus" bekend. Ook met sy wederkoms kom Hy as "Jesus"

Vraag Julle erken in van julle geskrifte dat Jesus "magtige god" is, maar nie "almagtige God" nie.

Glo julle dus in 'n veelgodedom, of glo julle soos in die Bybel dat daar net een God is (magtig of almagtig)?

Word Jesus nie "almagtig" genoem in Openbaring 1:8 nie?

Volgens Openbaring 1:17-18 is Jesus "die Eerste en die Laaste"

Volgens Openbaring 22:12-13 is "die Eerste en die Laaste" die Alfa en die Omega.

Volgens Openbaring1:8 is "die Alfa en die Omega" "die Almagtige".

Antwoord Daar is net een God. Hy is magtig. Hy is almagtig. Hy is die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde, die Alfa en die Omega. Soos sy Vader en die Heilige Gees is Jesus hierdie almagtige God.

Na Bo


4. DIE HEILIGE GEES

Jehovah-Getuies s� Die Heilige Gees is nie 'n persoon nie, maar net 'n werkende krag soos gravitasiekrag of elektrisiteit. {Redenering uit die Skrif, p. 97}
Vraag Hoe bedroef 'n mens 'n onpersoonlike krag soos gravitasiekrag? (Ef. 4:30; Jes. 63:10)
Vraag Hoe lieg 'n mens vir 'n krag? (Hand. 5:3-4)
Vraag Hoe kan die enigste onvergeeflike sonde teen 'n onpersoonlike krag wees? (Mark 3:28, 29; Heb. 6:4-6).

Hoe pleeg 'n mens buitendien sonde teen 'n krag?

Vraag Hoe kan 'n krag "heilig" wees?
Vraag Hoekom s� die Bybel die Heilige Gees het krag, as julle s� Hy is 'n krag? (Rom. 15:13, 19)
Vraag Hoe kan 'n onpersoonlike krag praat, leer, onderrig (Rom. 8:26, 27), hoor, 'n wil van sy eie h�, sy eie bedoelings h�, besluite laat neem (Hand 15:28); ensovoorts? (Joh. 14-16; 1 Kor. 12:11)
Antwoord Die Heilige Gees is 'n goddelike persoon - deel van die Drie-enige God (Hand 5:3, 4; 2 Kor. 3:17, 18; Mat. 28:19).

Na Bo


5. KRUIS OF PAAL

Jehovah-Getuies s� Jesus het nie aan 'n kruis gesterf nie, maar aan 'n regop paal. {Redenering uit die Skrif, p. 256}
Vraag Is dit regtig belangrik hoe die vloekhout gelyk het waaraan Hy gesterf het?
Vraag Sou die Romeine Jesus aan 'n regop paal gekruisig het, met sy hande bo sy kop vasgekap as hul misdadigers aan 'n kruis met 'n dwarsbalk gekruisig het?
Vraag Sou die eerste Christene dan tekens van die kruis in die grafkelders en op die tronkmure aangebring het as Christus aan 'n regop paal opgehang is?
Vraag Sou Johannes 20:25 gepraat het van die spykers in sy hande, as sy twee hande oor mekaar met een spykers vasgekap is soos julle dit skets? (vgl. julle Kinderbybel en "Paradys op aarde" boeke.)
Antwoord Die kruis is geen heidense simbool nie. Die heidene (Romeine) het dit as strafmaatre�l gebruik. Dit is die vloekhout waaraan ons Here Jesus Christus gekruisig is.

Na Bo


6. JESUS SE OPSTANDING

Jehovah-Getuies s� Jesus het nie self uit die dood opgestaan nie, want tussen sy dood en opstanding, het Hy nie gelewe of bestaan nie. {Redenering uit die Skrif, p. 114}
Vraag As die so was, sou Jesus mos nie met sy sterwe ges� het: "Vader, in u hande gee Ek my Gees oor!" nie (Lukas 23:46)? Dan sou Hy mos niks gehad het om vir die Vader te gee nie!
Vraag Hoekom s� Jesus al voor sy dood dat Hy self sy liggaam uit die dood gaan laat opstaan?
Antwoord Dit is net moontlik as sy Gees bly voortbestaan het na die dood: Johannes 2:19-27: "Jesus antwoord en s� vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig ... Hy het oor die tempel van sy liggaam gespreek. En toe Hy opgestaan het uit die dode, het die dissipels onthou dat Hy dit vir hulle ges� het...

Die Drie-enigheid van God word beklemtoon in die opstanding van Jesus, want behalwe bogenoemde tekste wat s� dat Jesus Homself opgewek het, is daar ook verse wat beklemtoon dat die Vader (1 Kor. 15:15) en die Heilige Gees (1 Pet 3:18) Hom uit die dood opgewek het.

Jehovah-Getuies s� Jesus het nie liggaamlik uit die dood opgestaan nie. Sy liggaam is deur God vernietig, en hy het net as geesteswese opgestaan {Redenering uit die Skrif, p. 320}
Antwoord Hierteenoor s� Jesus:
  • Voor sy dood: Breek hierdie tempel {sy liggaam} af, en is drie dae sal Ek dit oprig (Joh. 2:19)
  • Na sy dood en opstanding (Lukas 24:36-49)
  • � Die dissipels dink hulle sien 'n gees {vers 37}
  • � Jesus ontken dat Hy 'n gees is, maar s� Hy het 'n fisiese liggaam {vers 39}
  • � Jesus bewys aan hulle dat Hy nie 'n geestespersoon is nie deur te s� hulle moet na Hom kyk, aan Hom voel, en Hy eet selfs voor hulle {verse 39-43}.
  • � die dissipels reageer met ongelooflike blydskap daarop dat dit werklik die fisies-liggaamlike Jesus is {vers 41}
  • Jesus stuur sy dissipels uit om getuies te wees ook van sy fisiese opstanding {verse 46-48}
Antwoord Thomas glo ook eers werklik as hy Jesus sien, ook sy wonde, en Jesus nooi hom uit om aan Hom te vat (Joh. 20:20 - 29).
Antwoord Die oop graf is vir die gelowiges die teken dat Jesus liggaamlik uit die dood opgestaan het (Luk 24:1 - 12 en Joh. 20:20 - 29). Die engele beklemtoon dit ook (Luk 24:5, 6): "Waarom soek julle die lewende by die dooies? Hy is nie hier nie, maar hy het opgestaan"
Opmerking Hierdie storie van die Jehovah-Getuies herinner baie sterk aan die verhaal wat onder die Jode versprei is (Mat 28:11 - 15) dat Jesus nie werklik opgestaan is nie, maar dat die dissipels sy liggaam gesteel het

Na Bo


7. DIE WEDERKOMS

Jehovah-Getuies s� Jesus se onsigbare wederkoms {sy "teenwoordig wees"} het reeds in 1914 plaasgevind {Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe, p. 141}
Vraag Leer die Bybel nie baie duidelik dat die wederkoms s� sal wees dat elke oog Hom sal sien nie?
Antwoord Ons lees in God se Woord Jesus "sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het" (Hand 1:11); en "kom met die wolke, en elke oog sal hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het" (Op 1:7); en "Hy sal self uit die hemel neerdaal met 'n geroep ... en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in die wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug..." (1 Tes. 4:16, 17).

Jesus kom dus weer - fisies sigbaar vir almal, ook die wat hom deursteek het.

Vraag Waar leer die Bybel dat Jesus "onsigbaar" moet terugkom?
Antwoord "Onsigbaar" [dit wil s� na sy Goddelike alomteenwoordigheid] het Jesus nooit weggegaan nie, maar was Jesus teenwoordig na sy hemelvaart [nie eers sedert 1914 nie]. Hy belowe aan sy kerk net voor sy hemelvaart: "En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die w�reld" Mat 28:20).
Opmerking Daarom is die toets van die Christen wees of Jesus Christus in ons is (2 Kor. 13:5). [Nie in gemeenskap met ons soos julle Bybel valslik vertaal nie.]
Vraag As Jesus in 1914 gekom het soos julle beweer: waarom het julle dit self nie geweet toe Hy gekom het nie?
Antwoord In die 1937-uitgawe van 'n amptelike publikasie van julle organisasie "The Harp of God" het julle nog geleer dat Jesus se wederkoms in 1874 was. Julle het dan ook nie voor 1914 die wederkoms van Christus voorspel soos julle beweer nie. Julle het voorspel dat 1914 die einde van alle aarde regerings en van die Christendom sou wees - wat duidelik nie gebeur het nie.
Vraag Weerspreek hierdie gerugte van die wederkoms [wat nog nie plaasgevind het nie] nie die Bybel nie?
Antwoord In Matteus 24:23-27 waarsku Jesus ons self: "As iemand dan vir julle s�" Kyk, hier is die Christus! of: Daar! - moet dit nie glo nie" (23). Wanneer Hy werklik kom sal Hy sigbaar wees van Oos na Wes (27). Is hierdie Christus van die Jehovah-Getuies nie een van die valse Christusse nie?

Na Bo


8. FISIESE WEDERKOMS

Jehovah-Getuies s� Jesus sal nooit weer aarde toe kom nie {Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe, p. 146}. Hy openbaar Hom vandag steeds deur die beheerliggaam van die Jehovah-Getuies {Redenering uit die Skrif, p. 328}
Antwoord Hierteenoor is dit duidelik (uit die verse genoem is punt 7) dat die Here fisies weer aarde toe kom [vgl. ook Op 21:3]. Jesus s� vir die misdadiger dat hy saam met Hom in die paradys sal wees (Luk 23:43). Julle leer dat die paradys op aarde sal wees. Julle eie leerstelling s� dat Jesus aarde toe sal kom!
Antwoord As dit waar is dat Jesus Hom steeds aan die beheerliggaam van die Jehovah-Getuies openbaar, weerspreek julle Openbaring 22:18 wat leer dat die openbaring afgesluit is. Die Bybel weerspreek homself n�rens nie. As Jesus sy waarheid aan julle openbaar, sal daar geen weerspreking in julle geskrifte wees nie. Dit is egter nie die geval nie, want julle het geleer dat Jesus nie Migael is nie, dat mense nie inge�ent mag word nie, Kersfees gevier mag word, ensovoorts - alles wat vandag anders geleer word.

Na Bo


9. VOORTBESTAAN DIREK NA DIE DOOD

Jehovah-Getuies s� Die mens bly nie voortbestaan na die dood nie {Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe, p. 77}.
Antwoord Die Bybel leer 'n bewuste voorbestaan na die dood:
  • Stefanus bid dat Jesus sy gees moet ontvang (Hand 9:56, 59).
  • Paulus verlang om heen te gaan en met Christus te wees (Fil. 1:23).
  • As ons ons aarde lewe verlaat, woon ons by God in (2 Kor. 5:6, 9)
  • Abraham, Isak en Jakob lewe in Jesus se tyd (Luk 20:37, 38).
  • Moses en Elia verskyn aan Jesus [na hul dood] (Mat 17)
  • Die siele van mense praat en het klere aan (Openb. 6:9-11)
  • Wie in Jesus glo, lewe, al het hy gesterf (Joh. 11:25, 26)
  • Die dood is sonder angel en oorwin deur Christus (1 Kor. 15:55-57)
  • Die dood kan die gelowige nie skei van God nie (Rom. 8:38, 39)

Na Bo


10. DIE OORDEELSDAG

Jehovah-Getuies s� Die oordeelsdag is 1000 jaar lank {Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe, p. 176}
Vraag Is daar enige Bybelse gronde daarvoor?
Antwoord Matteus 25 leer dat Jesus onmiddellik met sy koms sal oordeel
Vraag Waar in die Skrif word geleer dat die Here na 1000 jaar die Satan moet loslaat om agter te kom wie Hom regtig dien
Antwoord God weet wie sy kinders is wat Hom dien (Joh. 13:18).

Na Bo


11. DIE HEL

Jehovah-Getuies s� Die hel is bloot 'n rusplek vir die dode en nie 'n plek van straf nie {Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe, p. 89}
Antwoord Indien dit waar is, sal God niemand straf wat Hom spot, afwys, verag, ensovoorts nie. Tog: die te�standers van God word met 'n gloeiende vuur verteer (Heb. 10:26-31).
Antwoord Julle glo wel in die ewige lewe. Hierteenoor stel Jesus die ewige straf (Mat 25:46). Die volgende Skrifgedeeltes onderstreep die hel as 'n verskriklike strafplek vir die ongelowiges: Dani�l 12:2; Matteus 5:22; 8:12; Markus 9:42-49; Johannes 3:36; Hebre�rs 10:31, 32; Openbaring 19, 20; 20:12-15; 21:8.

In hierdie gedeeltes leer God ons duidelik dat teenoor die ewige lewe (in die heerlikheid van God) die ewige dood gestel word, wat ewig sal aanhou, vreeslik sal wees, dag en nag sal brand oor al die goddeloses (hulle wat nie in Hom glo en Hom gehoorsaam is nie). Die is 'n ewige straf - vir ewig afgryslik

Na Bo


12. DIE 144 000

Jehovah-Getuies s� 144 000 sal die hemel be�rwe en die res die aarde {Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe, p. 124, 126}
Vraag Waar s� die Bybel dat dit letterlik 144 000 sal wees? In Openbaring 7 word die 144 000 geskets as die gelowiges op die aarde terwyl die groot menigte in die hemel - voor God se troon - is (vgl. ook Op 4:2; 19:1)!
Antwoord Met Christus se wederkoms word die hemel en aarde een en God self sal by ons woon (Op 21:3).

Na Bo


13. MIDDELAAR VIR SOMMIGE

Jehovah-Getuies s� Jesus is net die "elite" (144 000) se Middelaar {Die wagtoring, 1/2/79, p. 31}
Vraag Waar word dit in die Bybel ges�?
Antwoord Is Hy nie Middelaar vir elkeen wat in Hom glo nie (Joh. 3:16; 6:47)?
Vraag Stel julle organisasie julleself nie in die plek van Christus as hulle s� dat die groot menigte nie in die verbond (waarvan Christus die Middelaar is) is nie? Hoe kan ander mense julle middelaar wees, en nie Jesus Christus, soos die Bybel s� nie (1 Tim. 2:5)?

Na Bo


14. BLOEDOORTAPPINGS

Jehovah-Getuies s� God verbied bloedoortappings in die Bybel {Redenering uit die Skrif, p. 71}
Antwoord Die Bybel verbied wel die eet van bloed omdat die idee onder die ou volke geleef het dat daar spesiale kragte daarin gele� is. In Handelinge 15 word gelowiges uit die heidendom gevra om die Joodse gelowiges te respekteer as hulle nie bloed eet nie (asook offervleis en vleis van 'n dier wat doodgewurg is). Tog kan die gelowiges dit maar doen (1 Kor. 10:25-30) solank dit iemand wat swak is in die geloof, nie laat struikel nie.
Antwoord Iets wat 'n mens eet, kan hom nie onrein maak nie (Mat 15:11, 17, 18; Markus 7:15, 18-20). Bloedoortapping as mediese ingrype is nie eet nie - en daarom nie 'n oortreding van die gebod om bloed te eet nie. As 'n mens 'n bloedoortapping weier - en iemand sterf - word die sesde gebod oortree - wat ernstiger is as 'n wet om bloed te eet.

Na Bo

Hierdie is die webblad van Dr Hennie van Wyk. Standpunte op hierdie blad is sy eie of die van outeurs wie se werk geplaas word, in watter geval die standpunte die van die genoemde outeur is.