SS Plus

Welkom!

Hierdie is my tuisblad. Die fokus is my liefde vir twee onafskeidbare dele van die Teologie: Die Dogma en die Apologetiek

Dogma

Dogma is die leerstellings van die kerk. Daarom moet ons begin by die Bybel - Dat ons dit wat God van Homself openbaar in die Skrif leer ken.

Onder "Geloof" hierbo sal u dan u Bybelkennis kan toets. Elkeen bevat 7 vrae wat geskommel word elke keer as u dit opmaak. Werk na 100%!

Verder is daar oor die drie belydenisskrifte prettige wyses om deur dit te werk. Probeer dit gerus - hou net u Psalmboekies naby

Daar is ook die immergewilde Ruit. Blokkiesraaisels wat u Bybelkennis toets - soms beproef! Daar is wat u kan uitdruk en invul asook interaktiewe blokkiesraaisels - wat sommer op 'n slimfoon ingevul kan word, en dit handel oor 'n spesifieke Bybelboek.

Apologetiek

Apologetiek gaan oor die verdediging van standpunte oor geloofsake

Kultegroepe is organisasis wat hulle voordoen as ware kerke. Hulle gebruik egter meer as die Bybel om hulle geloof te formuleer.
Hulle glo verder dat hulle die enigste ware kerk is
Ons toets hulle standpunte aan die Skrif.

Daar is ook ander standpunte en organisasies wat aansprake meer ook verskillende sake. Ons kyk na:

Kerk en Erediens

Hieronder vind u verskeie artikels en skakels wat gebruik kan word rondom kerk en erediens. Daar is ook preke in klank.

Hierdie is die webblad van Dr Hennie van Wyk. Standpunte op hierdie blad is sy eie of die van outeurs wie se werk geplaas word, in watter geval die standpunte die van die genoemde outeur is.