Argument 2

Daar is 'n ou verbond wat eindig in die Nuwe Testament

Argument 1

Die Ou verbond eindig as Christus aan die Kruis sterf

Argument 3

Daar is tog verskillende verbonde, soos die werkverbond en die natuurverbond... Hoe verklaar 'n mens dit?

Hierdie argument rus op 'n verklaring van Hebreërs 8:13: Deur van ‘n nuwe verbond te praat, het God die eerste oud verklaar, en wat oud word en uitgedien raak, sal gou verdwyn.

'n Mens mag nooit 'n teks buite konteks gebruik nie

Onthou: Daar was geen hoofstukindeling toe Hebreërs geskryf is nie – dus moet gekyk word na die inhoud van hoofstuk 9: wat het “oud” geword?

Hoofstuk 9 beskryf die einde van die tempelgebruike rondom die bloed- en offer rituele: aardse afbeeldings van die offer wat Christus moes bring en gebring het. Uiteindelik kom hierdie argument tot 'n klimaks in Hebreërs 10:14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.

Die logiese is dat die ou verbond hier in konteks verwys na die bloedrituele van die Ou Testamentiese offergebruike, maar dat die eenmalige offer van Christus die bloedgebruike tot niet maak.

Verbond eindig nie hier nie. Dit nader die einde, maar eindig nie. Hier kan dus nie afgelei word dat die verbond eindig nie .

Hoofblad

Volgende: Jesus se doop

Hierdie argument word veral ondersteun met die Argument dat in Handelinge 15 die Besnydenis nie meer heilsnoodsaaklik is nie.

Kyk 'n mens egter na die instelling van die Besnydenis in Genesis 17, is dit duidelik dat daar twee sake ter sprake is: die inhoud van die verbond in die teken van die verbond.

Genesis 17:7 lees: En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. (53-vertaling).

Kyk 'n mens na die Hebreeuse woord vir ewig is dit olaam. Hierdie word word in die Ou Testament net gebruik in terme van die wede en die werk van God. (hou u muis oor die woord om die betekenisse te sien).

As die teken later aan gegee word, word die teken nie aan die ewigheid gebind nie.

Die afleiding kan gemaak word dat die Inhoud van die verbond ewig is, maar nie die teken nie.

Klik hier om weer te kyk na die verbond in die drie tye

Daar is die Hebreeuse berith en die Griekse diatheke wat vertaal is met die woord verbond.

Daar moet onmiddelik gestel word dat hoewel daar bepraat word van werkverbond (Adam) en natuurverbond (Noag) dat die woord berith nie in terme van Noag of Adam beguik word nie.

Verbond is telkens die begrip waar God die mens aanneem en aan hom die verlossing en genade skenk. Dit het dus die begrip dat die mens deel word van God se kerkvolk.

Ou en / of Nuwe Verbond