Hede (Na Christus)

Jeremia 31:33 / Hebreërs 8:10: Dít is nou die verbond wat Ek met Israel na daardie dae sal sluit, sê die Here: Ek sal hulle my wette in die verstand gee, op hulle harte sal Ek dit skrywe; Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.

Verlede (Voor Christus)

Genesis 17:7 - “Ek bring ‘n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is ‘n blywende verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag."

Toekoms (Hiernamaals)

Openbaring 21: 6, 7 - “Dit het klaar gebeur. .... Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.

Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag

Hierdie sin kom in al drie die tye voor. As 'n mens besef dat daar verskille is, is daar hier die OOREENKOMS. Die gemeenskaplike dui op die INHOUD was die EEN onveranderlike God in Sy openbaring vir die mens tuisbring.

Wat is die verskil? Die Here gee verskillende tekens in die eerste twee (Verlede en Hede):

Ou Testament: Genesis 17: 10, 11 Dit is my verbond wat moet geld vir jou en jou nageslag: elke lid van die manlike geslag onder julle moet besny word. Julle moet besny word aan die voorhuid. Dit is die verbondsteken tussen My en julle
Nuwe Testament: Handelinge 2:38, 39
Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”

Twee tekens, maar die inhoud bly dieselfde: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag

Hoofblad

Volgende: Verbond in die Ou en Nuwe Testament

Verbond of verbonde