Die doop

Daar is heelwat debat rondom die Doop. Hierdie is 'n poging om die gereformeerde standpunt oor die doop te stel. Ek is bewus dat daar binne die gereformeerde teologie ook verskille is. Daarom is hierdie artikel 'n standpunt wat - myns insiens - skrifgefundeer is.

Vooraf: die Bybel is die Woord van God en bevat alles wat ons nodigheid vir ons saligheid (NGB artikel 7). Hoewel buite-Bybelse gegewens nutttig en leersaam is, mag dit in 'n argument nooit belangriker geag word as die Skrif nie. Verder is die Skrif een openabaring van een God, gedeel in twee onderskeie dele: die Ou Testament en die Nuwe Testament. Omdat dit dieselfde God is wat in albei testamente Homself openbaar, sal Hy Homself nie weerspreek nie. Daar is wel verskille in die onderskeie testamente, soms paradoksaal (dit lyk asof dit weersprekend is), maar die Here toon duidelik aan indien daar 'n verandering is.

As u op die skakels hierbo klik, gaan die volgende gestel word:

Verlossing

Hier word die verskillende godsdiensgroepe se beskouing gegee van hoe die mens verlos word. Dit is belangrik omdat alle godsdiensgroepe wat hullesef christene noem, die doop koppel aan die verlossing van die individu.

Ek onderskei drie tipe verlossingslere: Kultes, Charismaties-Pentakostalisties en Calvinisties-Reformatories

Verbond

Bogenoemde drie groeperinge het elk 'n verskillende verbondsbeskouing. Kultegroepe lê min klem op die verbond; die Charismaties-Pentakostalistiese groep skei dikwels die verbond tussen Ou- en Nuwe Testament; en die Calvinisties-Reformatoriese groep bely gewoonlik die eenheid van die verbond onderskeie in twee testamente

Hoeveel dope?

Hier gaan onderskei word tussen die die Kinderdoop en die Volwasse doop. Argumente vóór en teen hierdie twee dope gaan geweeg word. Is daar slegs een volwasse doop of is daar meer?

Jesus se doop

Jesus was ongeveer 30 jaar oud toe Hy gedoop is. Dit weeg gewoonlik baie swaar in die argument vir die volwasse doop: moet die gelowige nie die voorbeeld van Jesus volg nie. Daar gaan gekyk word met watter doop Jesus gedoop is en watter plek dit in die verlossing van die gelowige inneem.

Wyse van doop

Daar is twee wyses van doop: besprinkeling of onderdompeling, Elkeen het sy eie agtergrond: besprinkeling is gegrond in die Ou Testamentiese reinigingsrituele en die voorstanders van onderdompeling maak 'n groot saal uit oor die Groekse woord vir doop asook die idee van "begrafnis". Maar is dit die pretjie wat Paulus gesien het as hy die doop 'n begrafnis noem?

Samevatting

Hier gaan gepoog word om 'n geheelbeeld oor die doop te gee.