Charismaties-Pentakostalisme

Klik op die naam

Kultes

Klik op die naam

Reformatories-Calvinisties

Klik op die naam
Kultes - voorbeelde: Verlossing

Jehovah se Getuies

Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae (Mormone)

Ou Apostels

Nuwe Apostels

Scientologie

Rooms Katolieke Kerk

Sewende dag adventiste

Israelvisie

'n Kenmerk van hierdie groepe is dat die groep die verlossing bepaal. Verlossing is slegs moontlik binne die bepalings en voorwaardes van die groep.

Hulle erken geen ander godsdiensgroep dat dit 'n ware kerk kan wees nie.

Hulle het gewoonlik 'n volwasse doop (Rooms Katolike Kerk uitgesluit) wat teken is dat die dopeling die verlossings soos wat die groep dit preek, onderskryf.

Hulle gebruik nie slegs nie Bybel nie en het nie 'n afgeslote kanon nie. Die leer van die groep kan verander soos wat die omstandighede verander. Gewoonlik het die stigter van die groep 'n nuwe openbaring ontvang waarin verklaar word dat die ander kerke verkeerd is dat hy / sy nou die ware kerk herstig.

Klik hier vir meer inligting oor die eienskappe van kultes.

Inligting Verlossing
Hier word 'n lys gegee van sommige van die godsdienste wat in hierdie groep val. Hierdie lys is nie volledig nie.

Dit is onmoontlik om in 'n paar woorde die verlossingsleer van 'n godsdiensgroep saam te vat. Daar gaan slegs enkele punte genoem word wat van toepassing is op die Doop.

Hier sal ook genoem word of hulle slegs die Bybel gebruik of ook ander openbaringsbronne.

Charismaties-Pentalostalisme - voorbeelde Verlossing

Apostoliese Geloofsending

Pinkster Protestantse Kerk

Volle Evangelie Kerk

Rhema

Hierdie groep gebruik slegs die Bybel as openbaringsbron vir hulle verlossingsleer. Hulle kan voorkeur gee aan 'n spesifieke vertaling wat hul verlossingsleer duideliker ondersteun.

Daar is 'n sterk neiging om die verlossingsleer uit die Nuwe Testament te belig, veral vanuit die Pentakos (uitstorting van die Heilige Gees) en die gevolglike Charismata (gawes van die Gees).

Die groot meerderheid verwerp die kinderdoop, en het 'n inseëning in die geloofgroep.

Hulle lê sterk klem op die vrye wil van die mens en die mens se keuse om die genade van God te aanvaar.

Die doop is dan teken dat hulle die verlossing in Christus aanvaar. Die doop word bedien deur onderdompeling om daarmee die dood / begrafnis van die ou mens en die nuwe lewe / opstanding van die nuwe mens te simboliseer.

Hierdie groepe het nie altyd 'n duidelik geformeleerde belydenis nie.

Reformatories-Calvinisties - voorbeelde Verlossing

NG Kerk

NH Kerk

AP Kerk

GKSA

Hierdie kerke gebruik die Bybel as eenheid (onderskei Ou- en Nuwe Testamente) en aanvaar die 66 kanonieke boeke van die Bybel as die enigste gesagvolle openbaringsbron.

Hulle het 'n duidelik omskrewe belydenis: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls.

Die verlossingsleer is gefrond op die verbondsgedagte waar God die verbond met die mens en die mens geen aandeel het in sy eie verlossing nie. By die eenheid van die Bybel en die verbond word baba's gedoop as teken dat hulle in die verbond opgeneem word.

Kliek hier vir die volledige Skrifgefundeerde teks.

Hoofblad

Volgende: Verbond in drie demensies

VERLOSSING - HOE?