Toets u Bybelkennis 96
Kies die regte antwoord:
Watter dissipel het Jesus drie maal verloën?
- Jakobus
- Johannes
- Petrus
- Nikodemus
Waarvoor was die vader van Aleksander en Rufus bekend?
- Genees van melaatsheid
- Gawes gee aan armes
- Fariseërs openlik teëgaan
- Dra Jesus se kruis
Wie het Jesus die grootste van alle mense genoem?
- Johannes die Doper
- Petrus
- Johannes
- Homself
Wie se ma het vir haar seuns sitplek aan Jesus se regter en linkerkant gevra?
- Petrus en Andreas
- Filippus en Bartolomeus
- Natanael en Nikodemus
- Jakobus en Johannes
Wie het gesê dat die byl by die wortel van die boom lê?
- Jesus
- Markus
- Johannes die Doper
- Petrus
Wat het Jesus gedoen tydens die storm op die see van Galilea?
- Gebid
- Geslaap
- Geëet
- Gepreek
Verspieder uit die stam van Efraim
- Kaleb
- Josua
- Safat
- Gaddi