Toets u Bybelkennis 94
Kies die regte antwoord:
Watter psalm is ’n akrostiese gedig in Hebreeus? (8 verse wat met dieselfde letter begin)
- 23
- 119
- 129
- 150
Watter Rigter het sy pa se altaar aan Baal afgekap?
- Barak
- Samgar
- Gideon
- Simson
Watter seun van Dawid het homself koning gemaak toe Dawid baie oud was?
- Ibar
- Natan
- Nefeg
- Adonia
Wat het Salomo gevra toe God gesê het dat hy enige iets kon vra?
- Rykdom
- 'n Lang lewe
- Wysheid
- Al drie
Tot in watter hemel is Paulus weggevoer?
- 2
- 3
- 5
- 7
Waar is Dawid as koning gesalf?
- Jerusalem
- Betlehem
- Hebron
- Sigem
Watter natuurramp het plaasgevind in die tyd van koning Ussia?
- Vloed
- Epidemie
- Droogte
- Aardbewing