Toets u Bybelkennis 75
Kies die regte antwoord:
Wie het hom nie aan Johannes en die broers gesteur nie?
- Demas
- Aristargos
- Himeneus
- Diotrefes
Wie was Isak se half-broer?
- Esau
- Ismael
- Eliëser
- Laban
Wat was vir die slaaf die teken wie God aanwys as vrou vir Isak?
- Geboortevlek
- Sy moes ʼn sluier dra
- Sy moes rooi hare hê
- Sy moes die kamele water gee
Na Jesus se hemelvaart, wie was op die dubbeltal in die plek van Judas?
- Josef en Mattias
- Filippus en Nikanor
- Stefanus en Paulus
- Timon en Prokorus
Watter profeet het gesê: “Ek is te jonk...”
- Jesaja
- Elia
- Jeremia
- Elisa
In watter boek lees ons van Elifas, Bildad en Sofar?
- Prediker
- Psalms
- Hooglied
- Job
Jesus het 6 dae in Betanië voor sy dood gewoon. Waar het Hy voor daardie tyd gewoon?
- Hebron
- Jerusalem
- Efraim
- Nasaret