Toets u Bybelkennis 7
	Kies die regte antwoord:
 
- Hoe kon Dawid tussen die Filistyne woon sonder om doodgemaak te word? -   Hy het homself vermom
-   Hulle het hom gevrees
-   Hy het ʼn ooreenkoms met hulle gesluit
-   Hy het gemaak of hy kranksinnig is
 
- Hoekom is Herodes deur die Engel van die Here getref? -   Owerspel
-   Trots
-   Moord
-   Diefstal
 
- Hoeveel mandjies vol broodstukkies het oorgebly nadat Jesus die 4000 gevoed het? -   4
-   7
-   9
-   12
 
- Hoeveel was die nakomelinge van Jakob wat na Egipte getrek het? -   35
-   54
-   66
-   84
 
- In watter boek lees ons Petrus se toespraak op Pinkster? -   Lukas
-   Handelinge
-   Romeine
-   1 Petrus
 
- In watter stad is Paulus en Barnabas as gode behandel? -   Listra
-   Derbe
-   Ikonium
-   Antiogië
 
- Jesus is naby hierdie stad gekruisig. -   Betlehem
-   Nasaret
-   Jerusalem
-   Kapernaum