Toets u Bybelkennis 41
Kies die regte antwoord:
Hoeveel diere het Moses in die ark geneem?
- Twee van elk
- Sewe van elk
- Dit het afgehang van die soort dier
- Geen
Hoeveel ongetroude dogters het Lot gehad toe Sodom vernietig is?
- 1
- 2
- 3
- 4
In Johannes se gesig in Openbaring, hoeveel trone was daar om God se troon?
- 7
- 12
- 24
- 36
In watter koning se diens was Nehemia?
- Artasasta
- Nebukadnesar
- Darius
- Kores
In watter tydperk het die profeet Sagaria opgetree?
- Die tyd van Salomo
- Die tyd van Hiskia
- Voor die Assiriese ballingskap
- Na die Babiloniese ballingskap
Levi is die ander naam van hierdie dissipel.
- Matteus
- Jakobus
- Bartolomeus
- Thomas
Toe die kerk gegroei het, hoekom het die Grieke teen die Jode gemurmureer?
- Hulle het die wet van Moses nagelaat
- Hulle weduwees is verwaarloos
- Hulle moes besny word
- Hulle het Appolos aangehang