Toets u Bybelkennis 4
Kies die regte antwoord:
Op Pinkster, wat het ongeveer 3000 manne gedoen toe hulle diep getref is deur die evangelie?
- Die Onse Vader gebid
- Aangesluit by die kerk
- In tale gespreek
- Hulle bekeer en laat doop
Volgens Levitikus, wat moet gebeur met iemand wat sy ouers vloek?
- Word uitgedryf
- Moet doodgemaak word
- Moet deur die priesters gereinig word
- ’n Offer bring
Waar is Betfage?
- Tempelberg
- Golgota
- Olyfberg
- Berg Sinai
Waarmee het Jesus die 5000 gevoed?
- 5 brode en 2 visse
- 4 brode en 3 visse
- 5 brode en 5 visse
- 100 brode en 200 visse
Wat het ’n Fariseer verbaas toe Jesus by hom geëet het?
- Jesus het nie hande gewas nie
- Jesus het beesvleis geëet
- Jesus het ’n lam man genees
- Jesus het nie sy kos geëet nie
Wat het Jesus met sy koms gebring?
- Vrede
- Die swaard
- Belydenis
- Doop
Watter boek kom voor Jesaja?
- Jeremia
- Job
- Hooglied
- Haggai