Toets u Bybelkennis 36
Kies die regte antwoord:
In Israel, hoeveel getuies is (ten minste) nodig om ʼn mens ter dood te veroordeel?
- 1
- 2
- 5
- 7
In watter gemeente het ‘n man met sy vader se vrou as man en vrou saamgeleef?
- Korinte
- Athene
- Tessalonika
- Kolosse
In watter taal is die grootste deel van die Ou Testament geskrywe?
- Hebreeus
- Grieks
- Aramees
- Siries
Land waar die nakomelinge van Esau gewoon het:
- Moab
- Egipte
- Edom
- Assirië
Noag het soveel paar rein diere in die ark geneem:
- 2
- 4
- 5
- 7
Sy was die oorsaak van Simson se val
- Delila
- Debora
- Tamar
- Timna
Toe die Filistyne die ark teruggestuur het, na watter stad het hulle gegaan?
- Bet Semes
- Silo
- Sigem
- Asdod