Toets u Bybelkennis 28
Kies die regte antwoord:
Watter van die volgende was nie een van die kleure van die perde in Openbaring nie?
- Swart
- Blou
- Rooi
- Wit
Wie het baie honger geword toe hy op 'n huis se dak gebid het?
- Petrus
- Paulus
- Jesus
- Stefanus
Wie het gedink dat Jesus ʼn tuinier was toe sy Hom na sy opstanding gesien het?
- Sy moeder
- Maria Magdalena
- Johanna
- Elisabet
Wie het God gevra om die son te laat stilstaan?
- Josua
- Moses
- Kaleb
- Simson
Wie het na homself verwys as die ‘vriend van die bruidegom’?
- Jesus
- Petrus
- Johannes die doper
- Saggeus
Wie het silwer van sy ma gesteel, dit teruggegee en 'n Leviet as priester gehuur?
- Jefta
- Eglon
- Hasael
- Miga
Wie is 'geseënd onder die vroue'?
- Maria
- Elisabet
- Anna
- Hanna