Toets u Bybelkennis 25
Kies die regte antwoord:
In watter dorp is die vrou van ʼn Leviet verkrag en doodgemartel?
- Gibea
- Gilead
- Gilgal
- Gerar
In watter stad was Petrus as ons die laaste keer in Handelinge van hom lees?
- Antiogië
- Rome
- Jerusalem
- Babilon
Josua het die stamme van Israel in Sigem laat bymekaar kom om:
- Verbond met hulle te sluit
- Erediens te hou
- Begin met ‘n sensus
- Manne uitkies vir die leër
Nadat hierdie dissipel Jesus gekry het, het hy sy broer Petrus gaan opsoek:
- Andreas
- Jakobus
- Johannes
- Matteus
Ragel het gesterf met die geboorte van
- Josef
- Simeon
- Aser
- Benjamin
Van wie het die Jode gepraat toe hulle gesê het 'Sal hy selfmoord pleeg?'
- Judas
- Saulus
- Simson
- Jesus
Waar het die Fariseërs gedink Jesus kry sy mag vandaan?
- Beëlsebul
- Heilige Gees
- God
- Homself