Toets u Bybelkennis 137
Kies die regte antwoord:
Die Israeliete het hierdie koning van Basan oorwin.
- Sihon
- Balak
- Og
- Nimsi
Wie het gesê: “Waar u gaan, sal ek gaan...”
- Orpa
- Naomi
- Rut
- Sippora
Watter profeet is deur kraaie gevoed?
- Elia
- Abia
- Elisa
- Miga
Geloof is kosbaarder as hierdie metaal
- Yster
- Silwer
- Goud
- Lood
Hy is gebore op die dag wat sy vader gesterf het
- Eli
- Hofni
- Pineas
- Ikabod.
Waarop het die koningseuns gevlug toe Amnon vermoor is?
- Kamele
- Perde
- Donkies
- Muile
Watter valse leraar het verkondig dat die wederkoms reeds plaasgevind het?
- Isebel
- Hermogenes
- Filetus
- Demas