Toets u Bybelkennis 128
Kies die regte antwoord:
Watter evangelie het die Bergpredikasie die volledigste opgeteken?
- Matteus
- Markus
- Lukas
- Johannes
Waarom het die Here giftige slange onder die Israeliete ingestuur?
- Hulle het afgode gedien
- Hulle het nie Kanaän binnegegaan nie
- Hulle het die Sabbat ontheilig
- Hulle het oor die kos gekla.
In Openbaring, wat het gebeur toe die vierde engel sy bak uitgegooi het?
- ʼn Sprinkaanplaag
- Die see het bloed geword
- Mense is deur die son verskroei
- Pynlike swere op die mense
Wat beteken die woord 'Abba'?
- Boekrol
- Vader
- Lam
- Profeet
Hy het teen koning Baesa geprofeteer
- Miga
- Jehu
- Elia
- Amos
Hoekom is Dawid nie toegelaat om die tempel te bou nie?
- Oor sy owerspel
- Hy het die volk getel
- Te veel vroue
- Hy was ʼn soldaat
Tydens hierdie koning se regering is die wetboek in die tempel gevind
- Amon
- Josia
- Manasse
- Hiskia