Toets u Bybelkennis 107
Kies die regte antwoord:
As Jesus sê “Aan sulkes behoort die Koninkryk van God” praat Hy van...
- Sy dissipels
- Die Fariseërs
- Die Samaritane
- Klein kindertjies
Wie se liggaam was voor Jesus s’n in Josef se graf geplaas?
- Sy moeder
- Sy vader
- Sy broer
- Niemand
Watter wet het die Fariseërs Jesus beskuldig dat Hy dit nie hou nie?
- Offers
- Eer aan ouers
- Sabbat
- Tempel
Watter seun in die gelykenis het sy pa se opdrag uitgevoer?
- Die een wat gesê het hy sal
- Die een wat gesê het hy sal nie
- Nie een nie
- Albei
Wie het Johannes die doper ‘Addergeslag’ genoem?
- Fariseërs
- Tempelwagters
- Heidene
- Jesus se dissipels
Voltooi: Ek verlang barmhartigheid, nie _______________ nie
- Gebed
- Dank
- Offers
- Hoop
Watter lot het Korag, Datan, en Abiram getref?
- Hulle het verdrink
- Hulle is deur slange gepik.
- Hulle is deur leeus verskeur
- Hulle is deur die aarde ingesluk