2 Konings 4
	Kies die regte antwoord:
 
- Die weduwee wat by Elisa kom kla het, het soveel seuns gehad -   2
-   1
-   3
-   7
 
- Dit is al wat die weduwee in haar huis gehad het: -   Erdekannetjie olie
-   Handvol koring
-   Koppie meel
-   Emmer gars
 
- Die weduwee moet dit by haar bure gaan leen: -   Kruike
-   Velsakke
-   Klip kanne
-   Kniesottels
 
- Toe die skuldeiser die seuns as slawe wou neem, het die weduwee die volgende gedoen: -   Elisa gaan hulp vra
-   Haar seuns vir hom gegee
-   Met hom getrou
-   Hom doodgemaak
 
- Die vooraanstaande vrou wat wou hê Elisa moet by haar eet, het hier gewoon: -   Sunem
-   Samaria
-   Jerusalem
-   Nasaret
 
- Die vrou wat die bovertrek vir Elisa gebou het, het nie die volgende daarin gesit nie: -   Wasskottel
-   Bed
-   Tafel
-   Lamp
 
- Elisa se slaaf was: -   Gehasi
-   Jotam
-   Ismael
-   Sunem
 
- Die vrou wat vir Elisa blyplek gegee het, het dit nie gehad nie: -   Seun
-   Olie
-   Meel
-   Rykdom
 
- Die sunamietiese vrou se seun het hiervan gekla voor sy dood. -   Kop
-   Maag
-   Bene
-   Voete
 
- Toe haar seun dood is, het die vrou die volgende van haar man gevra om na Elisa te gaan: -   Slaaf en Donkie
-   Geld
-   Wa met perde
-   Nuwe skoene
 
- Die Sunammietiese vrou het Elisa hier gekry: -   Karmelberg
-   Samaria
-   Ekron
-   Jerigo
 
- Toe die Sunamietiese vrou by Elisa kom, het sy dit vasgeklou -   Voete
-   Mantel
-   Hande
-   Skouers
 
- Gehasi moes dit op die gesig van die dooie seun sit: -   Elisa se kierie
-   Elisa se mantel
-   Sy hande
-   Sy gesig
 
- Elisa het dit eerste gedoen toe hy by die dooie seun gekom het: -   Die Here gebid
-   Die vrou getroos
-   Op die seun gaan lê
-   Heen en weer in die huis geloop.
 
- Wat het Elisa nie gedoen met die opwekking van die dooie seun nie: -   Die Here gebid
-   Hom met olie gesalf
-   Op die seun gaan lê
-   Heen en weer in die huis geloop.
 
- Die seun van die Sunamietiese vrou het soveel keer genies voor hy sy oë oopgemaak het: -   7
-   3
-   5
-   10
 
- Hier het Elisa vir Gehasi beveel om bredie vir die profete te maak. -   Gilgal
-   Karmelberg
-   Sunem
-   Samaria
 
- Hierdie was nie ín die bredie ingegooi wat giftig was nie -   Sampioene
-   Kruie
-   Wilde ranke
-   Wilde komkommers
 
- Hier het 'n man vir Elisa 20 garsbrode gebring -   Baäl-Salisa
-   Karmelberg
-   Sunem
-   Samaria