1 Korintiërs 15
	Kies die regte antwoord:
 
- Paulus stel dat die mens hierdeur gered word: -   Vashou aan die Evangelie
-   Goeie gedrag
-   Gereelde Bybelstudie
-   Gehoorsaamheid
 
- Die belangrikste boodskap wat Paulus aan die Korintiërs gebring het: -   Christus het vir ons sondes gesterf
-   Daar is net een ware God
-   Julle moet gehoorsaam wees aan die evangelie
-   Julle moet elke dag Bybel lees.
 
- Wie het gesê Christus sal op die derde dag opstaan? -   Die Skrifte
-   Moses
-   Dawid
-   Elia
 
- Volgens Paulus aan die Korintiërs: aan wie het Jesus eerste verskyn? -   Cefas
-   Maria
-   Johannes
-   Lasarus
 
- Aan hoeveel broers het Jesus gelyk verskyn? -   500
-   750
-   1000
-   3000
 
- Aan wie het Jesus ook verskyn? -   Jakobus
-   Nataniël
-   Judas
-   Johannes
 
- Aan wie het Jesus laaste verskyn? -   Paulus
-   Nataniël
-   Judas
-   Johannes
 
- Aan wie het Jesus nie verskyn nie? -   Judas
-   Cefas
-   Paulus
-   Apostels
 
- Wie is die geringste van die apostels? -   Paulus
-   Petrus
-   Jakobus
-   Johannes
 
- Hoe beskryf Paulus mense wat nie glo dat Jesus opgestaan het nie? -   Bejammeringswaardig
-   Pateties
-   Heidene
-   Duiwels
 
- Wie is die eersteling van dié wat gesterf het? -   Christus
-   Henog
-   Elia
-   Lasarus
 
- Almal sterf in verbondenheid aan hom: -   Adam
-   Abraham
-   Moses
-   Dawid
 
- Almal word lewend gemaak in verbondenheid aan hom: -   Christus
-   Abraham
-   Moses
-   Dawid
 
- Christus dra sy koningskap oor aan: -   God die Vader
-   Koning Dawid
-   Sy kinders
-   Melgisedek
 
- Die laaste vyand is: -   Dood
-   Satan
-   Antichris
-   Valse profeet
 
- Hier het Paulus soos teen wilde diere geveg: -   Efese
-   Rome
-   Jerusalem
-   Korinte
 
- Voltooi: laat ons eet en drink, want more ______ ons! -   sterf
-   leef
-   spog
-   grap
 
- Voltooi: Slegte geselskap bederf _________ -   goeie sedes
-   goeie praatjies
-   gebede
-   goeie gedrag
 
- Watter saad gebruik Paulus as voorbeeld? -   Koring
-   Mielie
-   Mosterd
-   Druiwe
 
- Watter glans word nie genoem as Paulus praat oor die gestalte van die liggaam nie? -   Koper
-   Son
-   Maan
-   Sterre
 
- Hierdie instrument sal klank, en dan verander alles in 'n oomblik: -   Trompet
-   Beuel
-   Basuin
-   Ramshoring
 
- Wie se angel soek Paulus? -   Dood
-   Skerpioen
-   By
-   Perdeby