Samevatting

Uit die Nuwe Testament kan nie bewys word dat kinders gekoop is nie, en kan ook nie bewys word dat hulle nie gedoop is nie.

Wat duidelik is, is dat die Here een verbond het wat ten doel het dat die mens verlos word. Die inhoud van die verbond is duidelik: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag. Die teken verskil - voor die volkome offer van Christus die bloedteken van die besnydenis. Abraham is volwasse, 99 jaar oud, as hy besny word, Isak 8 dae. Die voorskrif is duidelik: Besny op die agste dag - dit s die teken dat jy in die verbond is.

Wanner Jesus die Nuwe Testamentiese kerk begin, begin hy weer met volwassenes. Maar wat van die kinders?

Die Besnydenis is nie meer nodig nie - Christus se bloef is die volkome versoening vir al ons sondes. Maar moet die kind nou sonder verbondteken leef? Daarom glo ons dat die besnydenis wat nie met hande verrig word nie, die doop is, soos Kolossense 2 dit beredeneer.

Die doop van Johannes was 'n reinigingsdoop, waar deel van die reiniging die belydenis van sonde is. Hierdie is egter nie die doop wat Jesus ingestel het na Sy opstanding uit die dood nie. Die doop wat Hy ingestel het, gaan oor die inkom in die verbond. Daar is eksegeties geen bewyse dat dit enigsins verband hou met die doop van Johannes nie. Trouens: Handelinge 19 verhaal dat Apollos weer gedoop is in die Naam van Jesus al was hy gedoop met Johannes se doop. Hieruit kan afgelei word dat Johannes se doop nie die doop van God se genadige verlossingsverbond is nie.

Menasse is nie weer besny na sy bekering nie. Die herhalende doop het dus geen Skrifgrond nie. Daar het die gelowige die genade in die herhaalende nagmaal, war die sonaar verseker word dat hy inderdaad uit genade gered is.